Cele oor Krugersdorp-verkragtings: ‘Geen steen onaangeraak’

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: SA Polisie/Twitter)

Bheki Cele, minister van polisie, het Sondagaand ses van die agt vroue ontmoet wat verkrag is tydens die verfilming van ʼn musiekvideo in West Village in Krugersdorp.

Die vroue en hul families het by die Alexandra-polisiestasie met Cele vergader en ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gedoen om hul aanvallers in hegtenis te neem.

Die verkragtingslagoffers sluit onder meer sangeresse, modelle, aanbieders en ʼn grimeerkunstenaar in. Die span, bestaande uit 12 vroue en tien mans, was Donderdag besig met die verfilming van ʼn musiekvideo toe hulle oorval is deur ʼn groep gewapende mans wat in komberse geklee was. Van die vroue is toe verkrag en die groep is beroof.

Dit het tydens die ontmoeting aan die lig gekom dat van die verkragtingslagoffers so jonk as 19 jaar oud is. Cele het hulle en hul gesinne die versekering gegee dat die polisie geen steen onaangeraak sal laat in die soektog na die aanvallers nie.

Cele het gesê terwyl die ondersoek na die voorval aan die gang is, gaan polisieoperasies voort om onwettige bedrywighede hok te slaan en ongedokumenteerde persone sowel as gesoekte misdadigers in die West Village-omgewing vas te trek.

Minstens 84 verdagtes is reeds tydens dié multidissiplinêre optredes vasgetrek. Twee verdagtes is Vrydag doodgeskiet en ʼn derde gewond. Al die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn. Hulle staan tereg op aanklag van oortreding van die Immigrasiewet en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Cele het die inhegtenisnemings verwelkom. “Die polisie is in die lug en op die grond en druk misdadigers uit, ongeag in watter gat hulle ook al skuil. Ons weet hierdie gemeenskap was uitgesproke oor misdadigers wat hul lewens hel maak en ons is besig om die gety te draai.

“Ek is ook tevrede met die inligtingsessie deur die speurspanne oor die vordering om die proses van DNS-ontleding te versnel om van diegene wat in hegtenis geneem is met die verkragting van die jong vroue te verbind.”

Cele het gesê hy is bemoedig deur die onvermoeide pogings van SAPD-speurders om ʼn deurbraak in hierdie saak te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Truman Burbank ·

Ek wag dat soveel moeite gedoen word met plaasmoorde

Nie Verbaas ·

Verduidelik net eers vir Cele wat is n plaas en wat mense daar doen.

Groen-oog ·

Ons gaan wag tot Piet kom vir daai dag. Wies Piet??? Ek weet nie.

Nie Verbaas ·

Geen Steen onaangeraak en geen hoedewinkel verbygeloop nie.

Wondermaarnet ·

En wat van plaasmoorde Cele? Jy gee nie ‘n duit om oor die boere wat kos verskaf nie.

Francois ·

Ag ja. Hy, die president en veiligheidsmagte is weereens geskok en uit die veld geslaan. Die eerste woord wat hulle hoor van zamma-zammas met hulle eie gewapende veiligheidsmag, onwettige immigrante en mynbedrywighede. Hy het nog nooit gehoor dat sy eie polisiemag te bang is om teen hierdie gespuis op te tree – na die moord op die jong man en vrou nadat hulle sonder brandstof gaan staan het, het privaat sekuriteirsdienste gesê dit is n klein oorlog wat hulle voer teen die mense. Dis veiliger en makliker om shine te vang om vir Ian Camrron wat die spyker op sy kop geslaan het, te verskree. In Afrikaans – julle is onbevoeg – kriminele “rule”. Maar nou weet ek ook jy lees nie Afrikaans en MM nie maar ten minste het ek my vrot eier gelê.

annie ·

Is dit die volle verhaal van die drama wat daar afgespeel het? Iewers word iets verswyg…

Nettie ·

Minstens een ding word verswyg. Magte is besig om die zenophobia aan te vuur, die hoogte in. Baie skielik is dit baie gereeld in die nuus, en word dit DUIDELIK gestel wanneer dit “foreigners” was. Dis propaganda. Ja, die uitlanders mag die skuldiges wees, maar mense moet dieper kyk. HOEKOM word dit nou aangevuur? Hoekom is dit nou so baie in die nuus? Ons word opgestel vir iets…. wees gereed.

Sobymykoolkop ·

Dis maklik. Sit NOG ń plakaat vir julle people op en verduidelik dis STEEDS apartheid se skuld

Nie Verbaas ·

Cele, as mens proaktief is word reaktief geminimaliseer maar ek glo nie jy en KFC kaders sal die konsep ooit verstaan nie. Bygesê, dit is nou as jy jou lede kan kry om hulle werk te doen met meestal beperkte opleiding en nie rond te lê nie. Respek vir die minderheid wat hulle werk tot die beste van hul vermoë doen.

twaalfboor ·

“Pro-aktief & re-aktief”. Wat het van AKTIEF geword?

Hennie ·

Hy gaan dit “Cele- brate”! Goeie polisiering is voorkomend van aard… Help nie jy vang die swartgallige wetters na die tyd nie, dit sal die daad nooit ongedaan maak nie! Wanneer swape probeer regeer…

Swerwer ·

Pragtig dit is mos die motto van die land. Waar kom Cele nou vandaan, hy skitter in sy afwesigheid tydens moorde op blankes maar as sy nasie beweer, dan is hy daar. Die wiel draai stadig maar seker.

Knap ·

Die enigste steen wat jy aanraak is die diamante in jou neus, hoed rampokkertjie!

Harley Davidson ·

Hy is nie in beheer hy was nog nooit en die ideaal vir hom sal weet om af te tree.

Elméne ·

“Polisie in die lug en op die grond” besig om kriminele uit te snuffel??? Haha, en dink nie so nie “hoedjie” – grootste grap van die jaar!!!! Polisie word op video vasgevang waar hulle mense in die polisie stasie wil aanrand wat hulp vra / word opgeneem om video waar hulle sit en SLAAP AAN DIENS / waar hulle met bierbottels tussen hulle bene in polisie voertuie ongelukke veroorsaak, po.. dronk!! HOE is hulle besig om die land en sy mense te beskerm vra ek jou???

dada ·

Ek haat dit as polisie dit sê “geen steen onaangeraak/leave no stone unturned” dis so niksseggend, beteken niks.

Janee! ·

Almal weet dit is die Zama zama netwerk wat sterker en meer gevrees is as die hele polisiemag . …en hele vrees defnetief nie Cele nie ….

Esme ·

Reg Minister Cele, jy het die onderneming gegee – ons hou jou en jou Mag nou dop om te sien wat jy aan misdaad gaan doen.

Vonkprop ·

Cele, hoekom gaan jy nie self in en vang hulle nie of is jy bang jou hoed word vuil?

Pietertjie ·

Hoed is seker net so aangedaan oor al die plaasaanvalle.

Groen-oog ·

Word die skagte nie van Vandag af toe gegooi met TLB’s in West Village nie? Is daar al begin?

Niklaas ·

Geen steen……Valse belofte soos gewoonlik deur Hoedman. Snert word alweer kwytgeraak en ons raak dit gewoond . Oormore slaap die SAPD se hardwerkende beamptes van Alexandra en Krugersdorp weer tot net voor middagete elke dag.

Nettie ·

Hulle het “geweet die gemeenskap is uitgesproke”, maar hulle wag tot so iets gebeur voor hulle die kriminele “uit hul gate druk”. Hmmm….. erkenning dat hulle eintlik NIKS gedoen het aan die gemeenskap se uitgesproke klagtes voorheen nie? So as 1 vrou verkrag word, word dit geignoreer. Selfs ‘n 2de en ‘n 3de en en en. Eers wanneer 8 gelyk herhaaldelik verkrag word sal julle dit aanspreek? Watte klug!! Julle is in ‘n hoek gedruk toe dit nou aan die groot klok gehang is, dis AL. Dit maak mens SIEK!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.