Krugersdorp: Alle verkrag-aanklagte gelos

Altesame 14 verdagtes is reeds met die beweerde bendeverkragting verbind. (Foto: SAPD)

ʼn Gebrek aan bewyse het beteken dat alle aanklagte teen die 13 mans en minderjarige beskuldigde wat van die opspraakwekkende Krugersdorp-verkragtings beskuldig is, laat vaar is.

Maroela Media het vroeër berig die verkragting het op 28 Julie by West Village plaasgevind toe ʼn groep van 12 vroue (onder wie sangeresse, modelle, aanbieders en ʼn grimeerkunstenaar) en tien mans besig was met die verfilming van ʼn musiekvideo. Hulle is oorval deur ʼn groep gewapende mans wat in komberse geklee was.

Sommige vroue is verkrag en die groep is beroof.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê klagte van verkragting, seksuele aanranding en roof met verswarende omstandighede teen die verdagtes is weens onvoldoende bewyse laat vaar.

Die verdagtes is tydens ‘n multi-dissiplinêre optrede in hegtenis geneem. (Foto: Polisie)

“Die vervolging ten opsigte van aanklagte van die oortreding van die Immigrasiewet sal egter in die Krugersdorp-landdroshof voortgaan,” sê Mjonondwane.

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag weer in die hof verskyn.

“Ná beraadslaging met die klaers in die saak en bewysstukke wat tans tot die NVG se beskikking is, het dit duidelik geword dat daar onvoldoende bewyse is om voort te gaan met die vervolging. Vervolgingsgeleide ondersoeke sal voortgaan om geregtigheid te laat geskied vir al die vroue wat deur hierdie gruwelike misdaad geraak is.”

Volgens Kaylynn Palm, aksiesentrum-koördineerder by Action Society, is dit ʼn absolute skande dat dit drie maande geneem het om die DNS van die verdagtes te verwerk.

“As die DNS-agterstand uit die weg geruim is, die Nasionale Register vir Seksoortreders op datum was en die DNS-monsters van veroordeelde oortreders voor Januarie vanjaar geneem is, kon hierdie saak byna afgehandel gewees het,” sê Palm.

“Ons ganse polisiediens val uitmekaar en niemand is veilig nie.”

Palm sê ʼn dringende oudit van polisiebeamptes se vaardighede en vermoëns moet gedoen word en ʼn doeltreffende bestuurstruktuur is nodig om te verseker dat geregtigheid vir slagoffers geskied.

In ʼn verdere wending in die saak is ʼn voormalige polisiebeampte aangekeer nadat sommige slagoffers se gesteelde besittings glo in haar besit gevind is, sê Palm. Volgens haar is geen nuwe inligting oor die inhegtenisneming bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Lillian ·

Hierdie is nie wat dit op die oog af blyk te wees nie … Julle moet dieper delf …

Manie ·

Seker bang dat die lotjie begin praat oor wie werklik agter die onwettige myn sit.

Haibo ·

Skreiende skande, ons polisie en reg stelsel beteken niks meer nie en almal ploeter maar net voort asof alles reg is.

Marina ·

Ten minste is die transformasie doelwitte bereik! My pa praat nie verniet van “wegstellende aksie” nie, want al die kundiges is nou weg. RIP SAPS!

Niklaas ·

Kans vir geregtigheid in die land is eintlik maar skraal.

Trotse Boervrou ·

En SHUT-UP, shut up nog steeds! Anargie is aan die orde van die dag. Wanneer jy jouself verdedig word jy in die tronk gestop maar hierdie kriminele loop los rond agv van ‘n onbevoegde departement. Ons is NIEMAND meer veilig nie. Die ergste is dat ons hul salarisse betaal. Ons is HULLE werkgewers maar ONS moet SHUT-UP en vermoor, verkrag, mishandel, ens word terwyl hulle met wagte reg rondom hul wonings sit en die hele polisiemag hul rondry wie se salarisse ons OOK betaal. Die uurglas loop leeg, dit loop vinnig leeg!

Hercules ·

“Bheki Cele Minister of Police of South Africa” met sy onderwys diploma en al, is seker een van die mees ongeskikste/ongeskoolde SAP lede in die cANCerous Misdaad-Sindikaat Org.

hoe kan enige regdekkende polisie beampte opkyk na so ‘n vrot stelsel!!

Keelvol ·

Met jou bietjie belasting betaal Jy g’n salarisse van die polisie nie. Dis onmoontlik om alle staats amptenare se salarisse te betaal met jou bietjie belasting. So ter loops, staats amptenare betaal ook belasting.

Trotse Boervrou ·

Ek neem aan jy werk vir die Staat en is besig om hul te verdedig? Kom ek verduidelik sodat jy dit ook verstaan. Die HELE land betaal belasting, jy ook, soos jy weet. Die HELE land se belasting betaal hul salarisse. Dit behoort algemene kennis te wees. Dus werk hul vir die HELE land. Terwyl hul veilig gehou word met jou en my en die HELE land se belastinggeld, is hul departement vrot en word mense in die land vermoor, verkrag, mishandel en loop misdadigers vry rond. Is dit eenvoudig genoeg verduidelik?

Nierkie ·

Mense se lewens is verwoes maar nou is daar onvoldoende bewyse vir verkragting. Daar moes seker liters bewyse gewees het wat getoets kon word. Moet die verkragter op die job gevang word voor daar voldoende bewyse is? Pateties

Keelvol ·

Dis my vraag ook. Hoe was die mans verbind met die misdaad? En as die bewyse onvoldoende is, hoekom het die senior aanklaer die saak op die rol geplaas? Na 2 maande word die saak van die rol geskraap? Hier is groot fout en ek plaas dit by die hof.

Marina ·

Absoluut! Groen lig is gegee. Selfs al word hulle gedeporteer, behoort dit hoogstens n dag of twee te neem voordat hulle weer terug in SA is.

Wielspore ·

‘n Groot gedeelte van die Polisie gebruik staats voertuie om hulle kinders en mede werkers en hulle familie op en af te ry. Daar is nie tyd om sake te ondersoek en bewyse bymekaar te maak vir hofsake. Ek ry elke oggend omtrent 3km om ons kleinseun by die skool af te laai en daar is elke oggend twee polisie voertuie wat kinders by dieselfde skool af te laai. Hierdie twee voertuie is deel van ‘n vloot van 4, ek kan net wonder waarvoor word die ander twee gebruik word.

Danie ·

Neem fotos plaas op facebook dan sien jy reaksie.Polisie voertuie word meer vir privaat doeleindes aangewend as werklike polisieering.Die voertuie was toegerus met AVL 100% werk nie meer nie maar daar word steeds daarvoor betaal.Dalk moet maroela media n spesiale spasie skep vir sulke gevalle en aan sapd rapporteer.

Danie ·

En weggekom daarmee wie weet dalk het die vroue en meisie die sake teruggetrek?Was dit regtig n musiek opname wat vefilm was?

Keelvol ·

Dis nie die SAPD se skuld nie. Die fout Lê by die hof. Genuis.

Blom ·

@Johan, dit was nie die hof wat die bewysstukke moes bymekaar maak nie, maar die SAPS. Gaan kyk bietjie na vorige artikels, so twee,drie dae na die storie. Toe het Hoedman die SAPS gevra om terug te gaan na die toneel want daar was blykbaar nog baie bewysstukke wat nie versamel was nie. Al die DNA op daai goed was verwoes a.g.v. die weer ens.

Keelvol ·

Wie sê dat dit swak ondersoek werk is? Sê jy so? Sonder voldoende bewyse en hof wou Hulle vervolg? Dink n bietjie mooi, die probleem Lê by die hof.

Willem ·

Waar is Bheki Cele nóú? Al die dramatiese toeslaan op die Zama-zamas , die vuurspoeg en ontplooiīng van die manne met die barette ten spyt? Verskoon my dat ek lag – wat ‘n sirkus.

duiweboer ·

Hy het op die TV gese dat die saak is “ge ring fenced”. Wonder wat Se ou hoed nou. Tyd dat hy loop

Alta Alleman ·

Is die arme vroue wat verkrag was nie getuie genoeg vir vervolgings nie? Dis skokkend !

Peter ·

Wat verwag mens anders van die onbevoegde spul, ‘n verdere klad op die sg justisie diens

Danie ·

Wat n skandaal waar is mnr hoed wat se hy van die vrot spul.Dit begin na n piesang republiek ruik.Verkragters kom weg met hulle gruwel dade.Dit is hoekom die land is waar hy is met misdaad.

Vonkprop ·

Wag ‘n bietjie, wil hulle vir my sê dat AL 13 laat gaan is? So daar was nie genoeg bewyse om ten minste een skuldige te gevang het nie? Ek kan verstaan as een of twee laat gaan is maar komaan, dit is ontmoontlik dat al 13 onskuldig is. Het die polisie dan net ingegaan en die eerste 13 gelaai wat hulle kon vang? Of is die zamas betaal om te lyk dat die polisie vinnig opgetree het om die slagoffers beter te laat voel?

Keelvol ·

Die saak sou nie op die rol geplaas gewees het nie, sonder dat die besluldigdes positief met die misdaad verbind is nie. Hier is iets nie reg nie.

Johan ·

Dit maak my woedend voel van magteloosheid. Wat se geregtigheid kan ooit geskied in hierdie toestand van absolute onbekwaamheid van SAPS en die Vervolgingsdienste.

Nettie ·

“Geen voloende bewyse…”

Rerig??

Moet ons nou lag, huil, applous gee, skouers optrek, sug of ‘n glas teen die muur gooi?

Astrain ·

Genugtig….dis ‘n skreiende skande! Vroue behoort die strate op horings te neem oor hierdie vekragting van hulle regte ook nog!!!

KB ·

DNS is Domain Name System (rekenaarterm);
DNA is Deoxyribonucleic Acid (Biochemie).
Beide is internasionale afkortings vir selfstandige naamwoorde.

Hou op om alles te vertaal. Julle verwar en stuur ʼn verkeerde boodskap uit. Iewers moet julle logies begin raak. Bly by vaste terme.

ʼn SMS bly ʼn SMS, ʼn WhatsApp-/Twitter-/Telegram-boodskap is ook vaste terme, netso ook Facebook, BBC, SABC (dit is nie meer SAUK nie), ens., ens.

As julle só wil begin vertaal, dan moet julle ook begin praat van die ANK (ANC), EVV (EFF), SNA (CNA), ens., ens.

Oopkop wees nou!

Nico ·

So ‘n ernstige saak word ondersoek deur onopgeleide en onbevoegde speuders. waar is die wet wat handel oor die beskerming van vroue en kinders, wat gaan die EFF aan hierdie saak doen.

Cornel ·

This must be a joke ?????????????????????
Seriously!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.