Die vinnige reaksie en waaksaamheid van die polisie se blitspatrollie in Kaapstad het Dinsdag sewe verdagtes se planne om glo ʼn afleweringsvoertuig vol sigarette te beroof, gefnuik.
Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê beamptes het inligting oor die rooftog wat glo in die stad uitgevoer sou word, ontvang en dadelik gereageer.
“ʼn Soektog is van stapel gestuur wat die polisie na die N7, digby Table View, gelei het. Drie voertuie is daar aangetref,” sê Traut.
“Die voertuie is deursoek en twee ongelisensieerde 9 mm-vuurwapens is gevind.”
Sewe verdagtes, tussen die ouderdomme van 21 en 51, is in hegtenis geneem.
Hulle sal binnekort in die hof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Wel gedaan SAP