Sewejarige skok dood

(Argieffoto: pixabay)

’n Sewejarige is verlede week in die Kanana- informele nedersetting digby Johannesburg deur ʼn beweerde onwettige elektriese verbinding doodgeskok.

Die kind het aan die ontblote kabels gevat wat verby hul woning in die nedersetting loop. Die kabels is aangelê om onwettig krag te bekom.

Mpho Moerane, die Stad Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir omgewing en infrastruktuur, sê probleme met onwettige elektriese verbindings in die Kanana- informele nedersetting duik gereeld op. Dit lei daartoe dat meer spanning op die kragnetwerk gelaai word wat dan tot gereelde kragonderbrekings lei.

“Onwettige verbindings jaag die stad nie net miljoene rande uit die sak nie, dit hou ook ’n gevaar in vir die inwoners, en veral kinders,” sê Moerane.

Hy sê ’n toename in vandalisme en diefstal van City Power se infrastruktuur neem ook toe.

“City Power sal die verwydering van onwettige verbindings reg oor die stad verskerp. Hy sal ook voortgaan om bewusmaking oor die gevare van vandalisme en onwettige kragverbindings te skep.”

Moerane doen ’n beroep op raadslede en ander gemeenskapsleiers om die stad by te staan om die oprig van onwettige verbindings en die vernietiging van infrastruktuur te bekamp. Hy versoek ook wetstoepassingsagentskappe om te verseker dat oortreders aan die pen ry.

“Ons doen ook ’n beroep op die gemeenskappe om enige dade van vandalisme in hul gebiede by die polisie aan te meld.”

Die stad is ook in gesprek met ander departemente om te verseker dat informele nedersettings noodsaaklike dienste, insluitend elektrisiteit, sal ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis jammer dat ‘n kind moet dood gaan oor die onwettige aansluitings, maar hierdie klomp leer ook nie! Brand, breek en plunder maak ons keelvol vir die klomp!

Solank hulle betaal soos ons!!! Nou dik daarvoor dat hulle alles “demand” en verniet kry en ons betaal.

“Die stad is ook in gesprek met ander departemente om te verseker dat informele nedersettings noodsaaklike dienste, insluitend elektrisiteit, sal ontvang.”

Plaaskind ·

Ek stem saam, hulle weet van al die onwettighede, hulle kan mos die spinnekoprakke gaan afruk. Tsssk.

Persheks Adri ·

Ja Plaaskind ek’s regtig siels moeg vir die klomp wat met alles weg kom! Veral na Senekal en nóg moorde, brand, haatspraak en aanhitsing van geweld ens. Ons wetsgehoorsame burgers ly hier onder nie die klomp nie

Eiervrug ·

Sy ouers gaan hierdie met hulle saamdra vir altyd. Regte ding sou wees om onwettige verbinding aan te meld, maar hulle goed was seker ook by daai verbinding ingeplug.

Tanniepetoors ·

Ek wonder nou net stil by myself. Gaan die gemeenskap nou boendoegeregtigheid toepas op die onwettige installeerders of is dit ook nou weer die skuld van dié wat nie krag verniet wil verskaf nie?

Misky ·

Daai laaste sin spreek boekdele…… “noodsaaklike dienste, insluitend elektrisiteit sal ontvang” Niemand “ontvang” net iets nie, jy betaal daarvoor

Natasha ·

Almal wat genot gekry het uit die onwettige verbinding moet aangekla word van moord. Elektrisiteit is nie ‘n onskuldige kind se lewe werd nie. As kind moes ek menigte aande in kerslig deur bring en water op ‘n gas stoof warm maak om te bad, so ek weet dis nie al dag maklik nie, maar al die inwoners moes die onwettige konneksie raporteer het.

Pieter J ·

Die persoon wat vir die lê van die kabel verantwoordelik was moet van moord aangekla word. Geen ander klagte sal gepas wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.