Sheba die tier van kant gemaak

Sheba die tier. (Foto: Verskaf)

Sheba, die tierwyfie wat die naweek van ’n kleinhoewe aan die suide van Johannesburg ontsnap het, is Woensdag in die vroeë oggendure opgespoor en van kant gemaak.

Inligting is omstreeks 01:55 ontvang dat Sheba haar op ʼn plaas in die Walker Fruit Farms-omgewing bevind. Volgens Gresham Mandy, lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het Sheba haar tussen huise op die plaas bevind en ʼn troeteldier doodgemaak waarna hulp ontbied is.

“Lede het hul na die toneel gehaas en Sheba se spoor begin volg. Sheba se eienaar was teenwoordig en sy is naby een van die huise op die plaas opgespoor. Weens die terrein en gebied was dit nie moontlik om haar in bedwang te hou of te beveilig nie.

“Daar is om 03:45 besluit om haar van kant te maak terwyl dit nog veilig was om dit te doen. Ongelukkig was dit op daardie tydstip nie ’n opsie om haar te verdoof nie.”

Volgens Mandy het Sheba deur die nag na ʼn digter bevolkte gebied beweeg. “Dit was nie ’n maklike besluit om te neem nie en die veiligheid van die gemeenskap van Walker Fruit Farms was ’n prioriteit.”

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Vereeniging en Vanderbijlpark het intussen gesê hy het ook bevestiging ontvang dat Sheba van kant gemaak is. Verteenwoordigers van die DBV was egter nie op die toneel toe Sheba van kant gemaak is nie. “Hierdie voorval bevestig hoekom wilde diere nie as troeteldiere aangehou moet word nie. Die DBV is gekant teen die aanhou en teel van wilde en eksotiese diere as troeteldiere.”

Sheba het Vrydagaand daarin geslaag om te ontsnap nadat die heining om haar aanhoudingsgebied in die Midvaal- plaaslike munisipaliteit geknip is. Sy het ’n damhert doodgemaak, ’n hond verskeur en ’n man aangeval.

Die man het die aanval oorleef en is in ’n hospitaal opgeneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Termiet ·

Ek wil net weet waarom was die tier in aanhouding op ñ kleinhoewe??? Waarom was dit toegelaat?

JohanEtz ·

Geen wetgewing wat dit verbied nie, slegs ñ permit nodig om sodanige diere te vervoer….

Cherokee ·

Hoe seker is jy van wat jy hier sê, Johan? Ek betwyfel dit.

Wit Leeu ·

Ag toe, kom oor dit ! Sulke dinge word toegelaat onder die regte omstandighede ! Dis diewe wat die draad gesny het. Die tier het niks verkeerd gedoen nie !

Adri ·

Ek is jammer ek glo nie dit was nie moontlik om haar te verdoof nie, maar wel moontlik om haar van kant te maak. Suid-Afrika het 2 Big Cat sanctuaries, waarom kon hulle haar nie red en eerder daarheen vat nie? Ek is dalk nie ‘n kundige op die gebied nie maar ek dink om onskuldige diere dood te maak is makliker en goedkoper as om hulle te hervestig. Rus in vrede Sheba.

Lubbe ·

Adri lees die berig weer mooi asb. Hier was mense se lewens in gevaar en dit se duidelik dat die rigting waarin sy beweeg het dit moeilik gemaak het om haar te verdoof.

Antjiepat ·

ja mense wat die dier uit sy natuurlike habitat gevat het in die eerste plek…

Belinda ·

Nee Antjiepat – Dit was mense wat op ‘n ander plaas gebly het se lewens wat in gevaar gestel is en wat niks met die tier te doen het nie – Daar is kinders wat in die oggende skool toe loop….

Elmarie ·

Ek stem saam. Indien daar tyd en plek was om haar van kant te maak, kon hulle haar verdoof het. Die mense sou steeds veilig gewees het indien hulle haar verdoof en verwyder het.

Belinda ·

Slegs veeartse mag diere verdoof – Dis nie alle veeartse wat die toerusting het om die diere te verdoof nie – Die berig sê dit was 1:50 die oggend – dalk was daar nie op daai stadium ‘n veearts wat vinnig genoeg daar kon uitkom nie??? ‘n Pyl geweer werk ook baie anders as ‘n gewone geweer – Mens moet redelik naby kom om ‘n dier te pyl dan sodra die dier gepyl is vat dit enige iets tussen 5 en 15 minute vir die dier om aan die slaap te raak…..

Elma ·

Ek stem saam met jou. Dit voel my dis vir hulle lekkerder ook om dood te maak. Easy trophy hunting seker.

Henry ·

Mense julle werk duidelik nie met diere nie. ‘n Pylgeweer vat tyd om ‘n dier te laat slaap en jy moet redelik akkuraat skiet, plus jou pyl trek stadiger as ‘n koeël. Daar is ‘n legio goed wat in plek moet val voor “net dart” ‘n opsie is. Die tier se eienaar was buitendien teenwoordig.

Andries ·

ek wil graag weet wie het om watter rede die heining geknip?

Marcello ·

Sekerlik deur iemand wat die eienaar ‘n punt wou bewys, glo my ek dink nie hy het enige misdaad op sy grond gehad nie.

Harley Davidson ·

Ek stem saam wilde diere moet in hulle natuurlike habitat gelos word behalwe giftige slange hulle moet gedood word op sig.

Kuver ·

Stem saam wilde diere hoort nie in hokke nie, maar hoekom moet slange dood gemaak word, kry n slang vanger wat hulle op n ander plek kan vry laat

Prikkie ·

Daar is nie altyd ‘n slangvanger beskikbaar nie en slange het ‘n gewoonte om terug te kom na ‘n plek.

Slange se aard om te pik, my aard om te slaan (om te dood as dit by slange kom).

ES ·

Onnodig om mense van die tier te beskerm? Dis nie die mense se skuld dat die tier van kant gemaak moes word nie. Ek sou se die “eienaar” moet antwoorde gee hieroor.

Witbaard ·

Jy kan mos nie die eienaar verantwoordelik hou as kriminele die draad geknip het nie

Wonder ·

Die draad was geknip deur skelm wat wou in breek so kom ons begin by die skelms.

Wit Leeu ·

Ek stem ! Net weer onbevoegde mense wat dit hanteer het !

Danie ·

Dit was te wagte so n pragdier wat slegs nog in die buiteland in die natuur rondloop.Ek hoop die gemors wat veranwoordelik was is nou tevrede.

Willem ·

Sal ook graag wil weet wie om watter rede haar hok se draad geknip het. ‘n Onskuldige dier het nou geboet vir ‘n onverantwoordelike mens se onoselgeit.

ronel ·

Dit is algemeen in daai area, vir die doel van inbrake, huis besettings, vee diefstal, en misdaad oor die algemeen, ek dink nie mense wat nog nooit in daai omstandighede gewoon het verstaan hoe dit werklik daar gaan, elke nag tydens load shedding of load reduction is elke huis en plaas daar n oop teiken vir n aanval

Papsak ·

Nee regtig dit was nou onnodig om haar dood te maak so hartseer prag dier maar moes met haar lewe betaal sy moet eet daarom seker damhert gevang en hond dood gemaak maar vraag bly staan wie het die heining geknip dat sy uit gekom het mmmm

domheks ·

Diewe het die draad geknip! Nou moet die arme dier boet vir hulle skelm streke!

Rudolph ·

Sheba die onskuldige tier was in aanhouding soos ‘n misdadiger, toe ontsnap sy uit aanhouding en word doodgeskiet. Daar is nie geregtigheid vir diere nie. Ek hoop die persoon wat van haar ‘n slaaf gemaak het kom tot ay sinne

Amelia ·

Ek stem saam met die DBV. Daar is absoluut geen rede vir iemand in Afrika om ‘n tier aan te hou nie. Dit was ongelukkig van die begin van die ontsnappingsdrama vir my duidelik dat Sheba haar lewe sou verloor. Ek hoop die man wat aangeval is is suksesvol in sy dagvaardiging.

Sonblom ·

Hierdie is baie hartseer dat Sheba van kant gemaak is agv ‘n mens se stupid besluite. Ek verstaan oor die mense se veiligheid. Regtig ek doen, maar die tier het gedoen wat in haar aard is. Sy moes in die 1ste plek nie as troeteldier aangehou word nie. Het hierdie persoon gedink hy leef in Dubai?

Frans ·

Dit is jammer dat so’n pragtige diere so tragies aan haar einde mos kom omdat iemand dit goed gedink het om die drade van die omheining te knip om haar ontsnapping te bewerkstellig.

Ronel ·

Ek het van die begin geweet hulle gaan “n rede kry” om haar van kant te maak????????????. Wie is die skuldiges hier – verseker nie sy nie. Die mense wat haar in die eerste plek nie moes aangehou het nie. Weereens, weereens die arme dier betaal met sy lewe vir mense se nalatigheid en absolute selfsug en onkundigheid. Ek het nie woorde om te beskruf hoe absoluut woedend sulke goed my maak nie!!!!!!!

Perdeby ·

So gedink ja hulle gaan die tier van kant maak, die vals woorde van ” weet nog nie waar ons die tier gaan plaas nie” was alles vals gewees. Ek hoop die mense wat die tier uitgesit het kry vir die res van hulle lewe krampe waar dit baaaaaaaie ongemaklik is. Julle behoort julle te skaam! Dit tier het nie uitgebreek om rond te loop nie, die draad was deur misdadigers oop genip! Sies sies sies!

Belinda ·

En as jy op die plaas gebly het waar die tier rondgeloop het en jou kinders het in die oggend skool toe geloop…??? Of die tier nou daar gekom het oor drade wat geknip is of nie – Die tier was daar en dit was defnitief ‘n bedreiging vir die mense wat op daai plaas bly – Hulle is ook onskuldig in die drama. So wie moet nou die kramp kry?

Pietertjie ·

Arme dier. Sy het darem ‘n paar dae van vryheid gehad.

Elma ·

Vieslik. En sommer TWAK. As die terrein goed/begaanbaar genoeg was om die sneller van n geweer met n patroon in te trek, was die terrein goed genoeg om n dartgun se sneller te trek.

Belinda ·

Slegs ‘n veearts mag dart – En nie enige veearts besit ‘n dartgun nie….. Dalk kon hulle nie gou genoeg ‘n veearts in die hande kry nie??? Dit was 1:55 in die oggend… Mens moet baie nader aan ‘n dier kom om hom te dart as wat jy moet kom om hom te skiet – Jammer vir die dier maar ongelukkig is daar nie altyd ‘n ander opsie nie.

Johan ·

Alhoewel ons nie die omstandighede ken nie kom die vraag steeds op,hoekom nie “gedart” nie?

Delia ·

So hoe is sy doodgemaak. Met n koeel? Neem ek aan. So hoe kan sy dan ook nie verdoof word???
Maar dis n maklike oplossing. Nou gaan sy slagpale toe of sy is al klaar opgekap vir vleis. Hervestiging en die logistiek daaraan verbonde was seker net te moeilik of mense wil nie die moeite doen.

Roebs ·

Hoekom maak julle die dier dood? Ek verstaan dit nie? Regtig geen ander manier om haar te gered het nie. Maak my siek.

Sterretjie ·

Soos altyd boet ‘n onskuldige dier vir mense se onkunde!! Wat het die eienaar gedink?????? Ek gaan hierdie “katjie” aanhou en haar catnip en Whiskas voer!!!!! Natuurlik gaan sy “jag” wanneer sy vry is. RIV Sheba.

Barend ·

Dis jammer maar partyoeer is dit al opsie om mense veilig te hou. Soos met die uidunning van wild om die veld en bos vir die oorblywendes genoegsaam te bewaar.

Kobus ·

Ek sien / lees baie emosie hier. Wat ons moet verstaan is die volgende. Die wet maak voorsiening vir die aanhou van sulke diere. Die DBV is ongelukkig maar het hulle al ooit die wette / permitstelsel probeer wysig / nietig verklaar? Tweedens, ‘n koeel uit ‘n jaggeweer trek verder vs die pyl van ‘n verdowings geweer. Blykbaar kon die jagters nie naby genoeg kom die dier op kort afstand te dart nie. Stem saam dat dit tragies is maar die kwaaddoeners / boewe wat die draad geknip het laat mens wonder. Dalk net aktiviste wat die dier wou “verlos”? Wie sal weet

Mallie ·

Nee dis onmenslik, maar in die nuwe Suid Afrika bestaan daar mos nie so iets nie.

Helene ·

Ek is woedend. Dit was die maklike manier om haar lewe te neem. RIV Sheba. Die mensdom het jou gefaal!

Elize ·

Dit sou nooit gebeur het as daar nie kriminele in die land was nie. Hoekom die draad knip waar sy beveilig was? Daardie persoon moet opgespoor en aangekla word!!

Antjiepat ·

Ag nee man, maak my sommer dik de hel in. Die dier is in aanhouding teen sy natuur in en dan as hy uitbreek van die mens gemaakte aanhouding dan moet die dier van kant gemaak word. Dis jammer ons kan nie mense ook so in aanhouding sit en hul van kant maak as hul uitbreek nie…

Wit Leeu ·

Baie swak besluit ! Gee nie om wat wie sê nie ! Was dit nou regtig nodig !!!!

piet ·

Ek dink ook dit was onnodig. Hulle het haar opgespoor en in die oog gehad. Dit was net ‘n kwessie van geduldig wees totdat sy na ‘n gebied beweeg waar hulle haar kon verdoof. ‘n Ekstra paar man-ure was seker te duur.

Belinda ·

‘n Ekstra paar minute en sy kon dalk weer verdwyn het in die middel van die nag….. Môre ‘n kind aangeval het wat skool toe loop?

piet ·

Nee wat, sy was maar daar in die onmiddellike omgewing rond. Nadat hulle haar opgespoor het en sy in die oog was sou hulle haar nie sommer verloor het nie. Swak besluit, oorhaastig opgetree. Dit was ook vroegoggend en nie ver van die eerste lig af nie.

Eugene ·

Ek kan nie glo dit was moontlik om haar dood te maak maar nie te verdoof nie. In elk geval sal ek nogal graag wil weet hoe vorder die ondersoek om uit te vind wie die draad geknip het. Die eienaar moet ook aangespreek word oor onvoldoende sekuriteit. Hoekom hou hy in elk geval leeus en tiers aan?

Marcello ·

As ek in daardie gebied veral Gauteng gebly het, het ek ook defnitief ‘n groot dier aangehou, want kriminele stuuit nie vir honde, elektriesee drade of enige iets anders nie. Mense moet ophou om die Eienaar te kruisig, hy het nie die draad geknip nie,,,, weereens was dit kriminele. !!!!!!!

Chrissie ·

Hoekom haar skiet? As hulle haar kon skiet kon hulle haar mos net so wel ge dart het? Ek het sommer geweet dit gaan gebeur. En kan ons hoor wanneer kry die eienaar n boete? Want dit is onwettig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.