Shivambu beboet en Peters van sittings verbied

Dipuo Peters, voormalige minister van vervoer. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Floyd Shivambu, adjunkleier van die EFF, en Dipuo Peters, ANC-LP en adjunkminister van kleinsakeontwikkeling, is strawwe opgelê nadat bevind is dat hulle die parlement se kode vir etiese gedrag en die verklaring van ledebelange oortree het.

Die Nasionale Vergadering (NV) het Dinsdag die gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange se verslae oor Shivambu en Peters aanvaar. Dit is aanvaar ondanks prokureursbriewe van albei wat versoek het dat daar nie met die bekragtiging van die verslae voortgegaan word nie.

Peters is vir ʼn kwartaal van alle parlementêre sittings verbied aangesien sy nie die publiek se belange bo haar eie gestel het nie.

Die komitee het bevind Peters het die parlement se kode vir etiese gedrag en die verklaring van ledebelange oortree in die tyd toe sy minister van vervoer was.

Die een klagte het aangevoer dat Peters nalatig was in haar vorige portefeulje deur te versuim om ’n uitvoerende hoof vir die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) aan te stel. Daar is ook aangevoer dat sy die raad, onder voorsitterskap van Popo Molefe, afgedank het, skynbaar omdat dit R14 miljard se onreëlmatige uitgawes ontdek het en ondersoeke na korrupsie by Prasa ingestel het.

Daarbenewens het Peters versuim om die bewering te ondersoek wat verband hou met die R79 miljoen se Prasa-geld wat Swifambo aan ander mense betaal het vir beweerde verspreiding aan die ANC. Nog ’n bewering was dat sy Prasa-busse tydens 2014 en 2015 vir ANC-geleenthede gebruik het sonder om betaling van die ANC te verseker.

Floyd Shivambu. (Foto: ANA)

Na beraadslaging het die komitee bevind dat Peters die kode oortree het toe sy versuim het om ’n uitvoerende hoof aan te stel nadat die Prasa-direksie ’n werwingsproses laat doen het, wat gelei het tot ’n finansiële verlies van R1 767 000.

Die komitee het ook bevind dat Peters die kode oortree het toe sy die Prasa-direksie afgedank het op dieselfde dag wat Molefe aan die portefeuljekomitee oor vervoer geskryf het. Sy het ook bepalings van die kode oortree toe sy versoek het om Prasa-busse vir die ANC te gebruik, waarvoor nie betaal is nie.

Shivambu is aangekla in verband met die VBS-skandaal en die komitee het bevind dat hy die kode vir etiese gedrag en die openbaarmaking van ledebelange oortree het deur nie die R180 000 te verklaar wat die maatskappy Sgameka in 2017 aan hom betaal het nie. Hy is met nege dae se salaris beboet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Piet 6 ·

Hoeveel jare gelede het dit gebeur? Nou word daar eers opgetree en nou kom al die hofsake en apelle en op die ou einde gebeur niks.

Althes ·

Uitstekende nuus! Wetteloosheid mag nie vergoed word of aanvaar word nie

Ore ·

In die privaatsektor sou hulle kantore reeds ontruim gewees het. Belaglike “strawwe” indien jy versuim om jou werk te doen. Wanneer sy terugkom sal sy seker ‘n verhoging kry omdat sy “berou” getoon het.

Hendrik ·

Heerlik vir n volle kwartaal tuis sonder enige gewete wat aankla en nog ook met n bonus van volle salaristjek.

Francois ·

Met so n lys van oortredings en finansiële verliese deur haar toedoen, klink onmiddelike ontslag sonder pensioen en geen verdere aanstellings in staatsdiensposte vir my na n meer “regstellende” straf…. Wat van 9 dae se salaris “en betaal die R180 000 terug” straf vir Shivambu.

domheks ·

Nou kom ek vra die lesers – hoeveel punte sal julle vir onse prez uit 10 gee? Daar mag minusse ook wees.

Wondermaarnet ·

Wat ‘n klug. Dit is heuning om Jan Publiek se mond smeer.

lodewyk ·

Wat se grap is dit??Hoe reverdig jy die strawe?Die klomp gemors doen dit weer more..Die cANCer is die grootste mafia in die werled saam hulle EFF “comrades”..Peters is vir ʼn kwartaal van alle parlementêre sittings verbied -Maar sy gaan nog steeds haar volle salaris kry plus nog die ekstra wat sy gaan maak met wie weet wat??

Mrs H ·

bwhahaha en 9 dae se sallaris is soos n Wilson toffie koop vir hom….

Johannes ·

Shoe maar dit is swaar strawwe. Sal seker moet reel om af te betaal

Boatsie ·

As ek die gemors aanjaag wat hul gedoen het en die straf kry wat hulle kry, sê ek baie dankie en gaan aan met my werk, want die gans(e) met die goue eiers is nog steeds binne my bereik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.