Sisulu ‘mislei’ publiek; besluit oor Kubane ‘onwettig’

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie. (Foto: Twitter)

Die organisasie Solidariteit voer aan die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie se besluit om Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika te bring is “onwettig” en vra die hof om Lindiwe Sisulu se besluit daaroor ter syde te stel.

In sy hofstukke voer Solidariteit aan Sisulu en die departement voldoen nie aan bepalings in die Grondwet dat staatsinstellings doeltreffend bestuur moet word nie.

Hy vra dat die besluit om Kubaanse ingenieurs aan te stel, ter syde gestel moet word en voer in hofdokumente aan dat die korrekte prosedure in die aanstel van die ingenieurs nie gevolg is nie.

Solidariteit meen ook daar was geen deursigtigheid in die proses nie.

“Wat minister Sisulu en haar departement doen, is ongrondwetlik. Sy mislei die publiek doelbewus, konkel agteraf en systap prosesse wat gevolg moet word. Met hierdie aksies ondermyn sy die wet en versuim sy om te voldoen aan die vereistes wat aan haar gestel word,” sê Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit.

“Ons herinner die minister daaraan dat sy ʼn verpligting teenoor Suid-Afrika het en dat sy haar verantwoordelikhede moet nakom. Sy wil egter nie gehoor gee nie en het ons met geen ander keuse gelaat as om ons na die hof te wend nie.”

Solidariteit voer voorts aan die besluit om die Kubaanse ingenieurs hierheen te bring is boonop oneties, omdat hulle slegs ʼn klein gedeelte van die betaling daarvoor gaan ontvang. Die meeste van die geld word aan die Kubaanse regering betaal.

Die organisasie sê die Kubaanse werkers word uitgebuit sodat die regering “ou politieke skuld”, wat hoofsaaklik deur die ANC aangegaan is, kan terugbetaal.

“Suid-Afrika kan nie pa staan vir die ANC se politieke skuld nie. Ons kan ook nie toekyk hoe mense uitgebuit word nie. Om enige geld aan te wend om ingevoerde arbeid te finansier terwyl jou eie werkmag onder ʼn pandemie en werkloosheid gebuk gaan, is onverantwoordelik en irrasioneel,” sê Van der Bijl.

“Ons kan nie toelaat dat belastinggeld op hierdie wyse verkwis word nie.”

Die departement het verlede maand gesê Solidariteit se voortgesette hofstryd teen die regering oor die invoer van Kubaanse ingenieurs grens aan vreemdelinghaat en bitterheid teenoor die mense van Kuba.

Die hofsaak handel oor die sogenaamde invoer van 24 Kubaanse ingenieurs wat reeds dienskontrakte met die departement aangegaan het. Sisulu het vroeër egter aangevoer die ingenieurs is nie werkers van die departement nie en gaan nie salarisse verdien nie.

Solidariteit het ook bekendgemaak dat belastingbetalers ongeveer R75 miljoen vir die Kubaanse projek gaan opdok, en nie R64 miljoen soos vroeër aangevoer is nie, maar die regering hou vol dat hy nie sy jarelange verhouding met Kuba gaan verbreek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

petro ·

wat weet Lindiwe Sizulu enigsins van watersake het sy die kwalifikasies om te bewys dat sy vir dit studeer het

JohanR ·

Is darem wonderlik hoe ANC minister darem vir enigeiets en alles bekwaam is. Ek was my hele werkende lewe in IT, maar se nou ek was ‘n ANC(nee help my asseblief) en ou Cyril maak my skielik Minister van Gesondhied, sal ek moes soos ‘n verdrenkeling wees!

Jan Seerot ·

Sy was darem ‘n kaptein in MK gewees, en het toe sommer kolonel geword in die nuwe Weermag(teloos) en later sommer generaal en toe…

Een van die bitterste dae in my lewe (dit was sommer bitter koud ook daardie dag) was toe ek Generaal Constand Viljoen haar gesalueer het. By die Voortrekkermonument. Die dag toe ons die vlag neerlê van ‘n eens baie trotse Bataljon.

Ek kon die spanning aanvoel, dit was soos elektrisiteit…hierdie klomp ou manne van elite bataljons en hier salueer ons Generaal… Arrie nee!

piet ·

Ministers is dikwels in portefeuljes waarin hulle nie op die vakgebied akademies gekwalifiseerd is nie. Gesondheid en Finansies is normaalweg die enigste portefeuljes wat spesifieke kwalifikasies op die gebiede benodig en ministers daarvolgens aangestel word. Dis niks nuuts nie.

Nie Verbaas ·

En so hou die liegende ANC aan om ons burgers te verarm net om hulle agenda te versterk. Of hulle nie bereid is om bande met Kuba te verbreek nie kan ongelukkig nie deur die belastingbetaler gefinansier word nie.

netek ·

Ek lees nou hierdie berig, en ander “politieke” berigte. Wat my verskriklik baie opval is dat die VF+ oral instap en probeer vasvat en reg maak. Waar is die DA? Ek het regtig gedink toe Johan Steenhuizen leier geword het, gaan hy die ANC in die bek ruk. Maar nêrens sien ek hom aktief nie. Gaan hy ook teleurstel soos sy voorgangers?
Ek het regtig baie meer van hom verwag.

Baardman ·

DA vra net altyd dat ‘n kommissie van ondersoek aangestel word.

Suzette ·

Natuurlik PROBEER sy die publiek mislei – maar ons is nie kalkoenkinders nie man- net soos sy ook niks by nkandla gehoor of gesien het nie….. Hierdie kaders is SA se ondergang.

Kokerboom ·

Ek sou seker ook so verward soos die minister wees as ek so ‘n sosialisties saamgestelde departement soos menslike nersettings(lees plakkerskampe) , water en sanitasie(riolering) moes bestuur. Samestelling totaal absurd. G’n wonder NIKS gebeur!!!

Jakes ·

As dikvelligheid n kompliment was dan sou meeste ANC lede daarmee kon spog. Dan praat n mens nie eers van onbevoegdheid nie.

Gert ·

Dis reg laat sy haar skuld aan kuba betaal maar uit haar eie sak of met die anc se lede geld en nie ons belasting geld nie. Ek skuld kuba niks so hoekom moet ek en ander betaal

Ian ·

Hierdie is nou tipies ANC. Hulle sal lieg en tot moor om te doen wat hulle wil. Geen skaamte daaroor nie want daar is mos geen etiese gedrag nodig vir n minister en politieke figuur nie. Die skrif is aan die muur vir die ANC al hoe meer sulke konkel ry gaan begin wys. Stuur maar die Kubane huistoe sodat ons, ons eie sake beplan en bestuur.

Pensionaris Sedgefield ·

Verban Sizulu Kuba toe dat sy eerstehands kan ervaar hoe Kuba se waterverspreiding werklik is. Ons kan niks by hulle leer nie.

Adriana ·

Sy het nie ñ idee wat in haar partement aangaan, geen idee van water en sanitasie, sy weet net as sy die kraan oopdraai kom daar water uit, het nie ñ idee waarvandaan dit kom. Wat het sy in elk geval die naweek by Nkandla ook gesoek, het sy die water gaan aanskakel daar.

Andries ·

Laat van die kubaanse ingeneurs by Koster/ Swartruggens gaan werk om die krisis daar op te los. Solidariteit moet eerder hul geld en tyd gebruik om daar te help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.