Skietery met polisie tydens jaagtog in Welkom

ʼn Wit Mercedes-Benz het in ʼn sloot beland (Foto: SAPD Vrystaat)

Die polisie in die Vrystaat is op soek na vier gewapende rowers wat ʼn Quick Fit in Welkom beroof het.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê ʼn gewapende roof is Dinsdag omstreeks 16:00 aangemeld by die Quick Fit in Welkom. Vier mans, gewapen met outomatiese gewere en handwapens het in ʼn wit Mercedes-Benz met Gauteng-nommerplate van die toneel gevlug.

“Dieselfde motor is Woensdag met Vrystaat-nommerplate opgemerk in Odendaalsrus. Toe die insittendes die beamptes opmerk, het hulle in die rigting van Welkom weggejaag.”

Die motor is weer in die nywerheidsgebied van Welkom opgemerk en Welkom se honde-eenheid het dit agternagesit. Die vermeende rowers het met outomatiese gewere en 9 mm-pistole op polisiebeamptes losgebrand tydens die jaagtog.

“Die bestuurder van die Mercedes-Benz het beheer verloor oor die motor en dit het in ʼn sloot beland by die ingang na Bronville. Die verdagtes het daarna ʼn paartjie in ʼn BMW gekaap en in die rigting van Masimong-myn weggejaag waar die motor later verlate gevind is.”

Die verdagtes is steeds voortvlugtig. Hulle is gewapen en word as gevaarlik beskou.

Die Welkom-honde-eenheid se voertuig is verskeie kere getref, maar nie een beampte is beseer nie. ʼn Saak van poging tot moord en roof is in Welkom aanhangig gemaak vir verdere ondersoek.

Enigiemand met inligting kan sers. Andrew Lechesa kontak by 060 985 9330.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Waarnemer ·

Die rowers en moordenaars is nie meer bang vir die polisie nie want hulle word met beter vuurwapens toegerus deur …nou ja ek hoef nie meer te se nie of MM blokkeer myy weer.

Martin ·

So dit is nou ons wonderlike “Rainbow Nation” waarin ons bly…

Lillian ·

Waar gaan alles heen in hierdie land …. of is dit nou ‘n retoriese vraag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.