Skok oor vier in N1-ongeluk sterf; 15 beseer

Die ongelukstoneel. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Die Gautengse LUR vir vervoer en paaie het sy skok uitgespreek oor die grusame ongeluk op die M1 Noord in Johannesburg wat Donderdagoggend die lewe van vier padgebruikers geëis en 15 ander beseer gelaat het.

LUR Jacob Mamabolo het dié uitsprake gemaak by die gedenkdiens vir die tien mense wat verlede week in ʼn ander tragiese ongeluk op die N1 dood is. Volgens die LUR is enige sterfte een sterfte te veel.

“Ons gedagtes en gebede is by die families van die oorledenes in hul tyd van rou en ons wens die beseerdes ʼn spoedige herstel toe. Ons wil weer eens alle bestuurders aanmoedig om altyd baie versigtig op die paaie te wees en verkeersreëls te gehoorsaam,” het Mamabolo gesê.

Die ongelukstoneel. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Die jongste ongeluk het gister omstreeks 07:30 gebeur toe ʼn minibustaxi in verskeie voertuie op die M1 Noord naby die Xavier-afrit vasgejaag het. Die taxi het uiteindelik tot stilstand gekom toe dit van agter teen ʼn stilstaande bus gebots het.

Die liggame van die oorledenes het byna drie uur lank bedek langs die pad gelê terwyl owerhede op die toneel besig was.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD), het gesê al die oorledenes was in die minibustaxi. Nog 15 mense is beseer en na verskillende hospitale geneem.

ʼn Man op die toneel het gesê hy is die taxibestuurder se broer. “Ek het hierheen gekom nadat ek ʼn oproep ontvang het, maar die owerhede het vir my gesê die bestuurder is in die hospitaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Jan ·

Dit is tragies en alle simpatie aan die naasbestaandes. Ek wil net ook byvoeg hier is ‘n kultuur in die land van reels breek – party reels kan jy egter nie breek nie, die wette van die natuur (spoed = momentum, swak bande = swak padhou vermoe) en instandhouding reels (werk die remme, diens die voertuig ens.) en verkeersreels (moenie op sperstrepe verby steek ens. )kan jy nie breek sonder nagevolge nie. Dit geld vir almal.

JDeer ·

Jy mag soos jou G@T ry en mense se dood veroorsaak maar moet net nie die ou vlag waai nie want dan het jy GrOOt moeilikheid!

andrep ·

JDeer, ek stem saam, en moet tog asb ook nie in die openbaar rook nie.

Dassie ·

Die taxi bestuurders moet strenger vasgevat word, hulle jaag erger as die bloulig brigade. Onskuldige mense gaan dood as gevolg van die soort gejaag na bestemmings wat nooit bereik word nie.

Theresa ·

Ek kon dit nie beter gestel het nie JDeer. Daar moet drasties iets aan hierdie taxi bestuurders gedoen word, maar glo my – niks gaan gebeur nie, want hulle mag mos doen net wat hulle wil. Hier by ons geld GEEN rooi lig vir hulle nie, geen randsteen, geel strepe, sypaadjie of middelman beteken iets nie.

Pieter ·

Skok war se skok mnr die menister dit is aller daags op ons paaie hulle ry nes hulle wil dalk moet jy jou kar met sy blou ligte en best los dan ry jy bietjie taxi

Elna ·

Hulle koop dit of dit word sommer vir hulle gegee onder deur die tafel natuurlik

Pieter ·

Maklik jy bly in suid afrika jy koop hom en nie waar nie sommer by die lesensie kantoor

Spike ·

Taxi drywers. Hulle is nie bestuurders nie. Geen verantwoordelikheid nie.

Leon ·

En waar was AARTO. Hoekom het hy nie die mense se lewe gered nie.

GM ·

Dit klink seker bietjie onsimpatiek, maar weereens boet onskuldige mense met hul lewens terwyl die oorsaak van die probleem net gaan aangaan met sy lewe.

Schalk ·

Taxi bestuurders en en sommige paar klippe het net nie die nodige verstand om te bestuur nie. Dis hoekom afrika nie paaie gehad het toe jan van riebeeck in die kaap aangekom het nie!

Hendrik van George ·

Min simpatie met taxi ongelukke. Dankie tog dat geen ander onskuldige padverbruiker beseer of gedood is nie.

Magda ·

Ek doen n beroep op ons LUR van vervoer om die TAXI EIENAARS OOK AANSPREEKLIK TE HOU VIR ENIGE ONGELUK WAAR IN TAXI BESTUURDERS BETROKKE IS . Hulle is die mense wat die bestuurders aanse om soveel geld per dag in te bring, en die besigheid is net soos enige ander besigheid – waar PPE toegepas moet word. As iemand seerkry wat vir jou werk en jou Health & Safety regulasies is nie reg nie word die Eienaar / Bestuurder vd plek ook aangekla – Nou hoekom word die Taxi Eienaars nie ook verantwoordelik gehou vir hulle werknemers nie. LUR VAN VERVOER DOEN ASB IETS HIER OMTREND BIE DRINGEND.

Sophia ·

Ek stem heelhartig saam met jou, en dit moet wyd en syd versprei word dat mense wat hulle geliefdes in taxi’s verloor OOK die taxi-eienaar moet dagvaar!!

LUR van vervoer ·

Hello Magda, ek is die LUR van vervoer. Ek sien jou boodskap Magda. Ek gaan sommer nou dadelik iets daaraan doen! Van nou af vorentoe is alle TAXI BESTUURDERS aanspreeklik vir ongelukke. Daar’s hy, afgehandel!

Fake Licence ·

Hoekom geskok? Soos taxis ry is dit ongelooflik min ongelukke waarin hulle betrokke is! Wees dankbaar vir die geduld en bestuursvernuf van gewone voertuie se bestuurders wat talle ongelukke met taxis vermy!

potlood ·

Kan ek net noem dat AARTO Niks sal help nie. Die wette is reeds daar, so doen net iets!!
Ja, vat die taxi eienaars ook sommer vas want hulle is NET so skuldig.
Hierdie is weereens ‘n sintoom van die tyd waarin ons lewe vandag. Hulle dink NET aan hulself en gee boggerol om vir More of selfs vir hulle eie broer. Wil net skep…

Dr Phil ·

Hou net bietjie uit -een van die dae gaan die AARTO- wetgewing die paaie in ‘n baie veilige plek omtower….

Felicia ·

Ek en jy Gaan demerit punte kry, maar die taxies Wie net ry om verkeersreëls te oortree, is bo die wet verhef

Pieter ·

Hehe die slim menister van ons met sy groot mond hy moes n afslaer geword het

Tilla ·

Sal graag wil sien wat hierdie punte stelsel aan oortredings/ders gaan doen. Hulle gaan net eenvoudig voort soos wat tans die geval is en sonder lisensies bestuur en eintlik niks anders doen as moord pleeg

O werklik ·

Taxi bestuurder ruk net ‘n stok of wapen uit waarmee ander pag gebruikers “gewaarsku” word. Hulle het die beheer in al 2 hande

RN ·

Kan hulle die ooreenkoms in die grusame ongelukke sien? In elkeen n taxi betrokke. Toeval? Ek dink nie so nie. Taxi’s is mos baas van die paaie. Doen iets oor die roekelose taxi’s bestuurders dan sal dit beter gaan.

Dirk ·

Taxt taxi taxi,weereens n fosiel in n taxi wat nie kan bestuur nie..Ander onskuldige mense se dood veroorsaak.Wanneer gaan dit eindig?

Jacques ·

Die probleem le nie by die taxi nie maar by die bestuurder en eienaar van die taxi . Hulle almal jaag geld en dus is hulle nie gepla oor die wette of enige ander padverbruikers saam met hulle op die pad of hulle mense wat hulle vervoer nie . Nou hoekom is die LUR geskok as hy en sy regering die voorbeeld gestel het van wetteloosheid in die land ? Baie sterkte aan die familie .

Melanie ·

Niks gaan verander nie. Taxi bestuurders skiet op enigiemand wat hulle probeer stop. Vir hulle is dit net “another day in oaradise”. Ek het net gister my flikker betyds gebruik om aan te wys dat ek in my erf gaan indraai, toe lê die motoris agter my op sy toeter, m.a.w. ek mag nie eers in my eie erf indraai nie!

wielie ·

Wat de hel gaan aan in Suid Afrika? Mense word beroof, vermoor en verongeluk ………. genade die land van melk en heuning het verander in land van verwoesting, moord en dood.

Swanie ·

Maak die teksies groter dat dit meer kan vat,kan ons help met jare vorentoe

Bridget ·

15 mense dood die bestuurder in die hospitaal want ‘n taxi staan nie in agter jou en wag dat die robot groen word nie hy jaag aan die anderkant van die pad net om voor in te druk. n Taxi is al soos ‘n geldwa as jy een sien wil jy net weg kom te bang hulle ry jou en ander pad verbruikers in ons kanon in . Hoe en waar en waneer gaan daar strenger teen die ongemanierde bestuurders op getree word.

Matt ·

Taxi’s is die mees bekendste reeksmoordenaar in Suid Afrika, maar daar word niks daaraan gedoen om dit aan te spreek nie. Die Minister is oral betrokke om homself op die TV te kan sien en net weereens sy eie stem te hoor, maar daar kom dadels van. In ons dorp is al hoeveel keer oor die verontagsaming van verkeersligte, -tekens en stilhou waar ek wil gekla, maar dan hoor ons dat die eienaars is hooggeplaastes en daarom word daar niks gedoen nie. Taxi-bestuurders (soos alle ander wetsoortreders) het alle regte, maar die ander padgebruikers en slagoffrs het GEEN regte nie.

Pieter ·

Gawe idee, sit groter masjiene in en kleiner remme in die maksi taxi.

LATIE ·

alles is taxi probleme maar metro nie eers staak met hul nie

Ek stem ·

Kom ek val met die deur in die huis (taxi in die pad), daagliks word ons geduld beproef met taxi drywers wat al wat verkeers reel is oortree, maak nie saak watter tyd van die oggend, middag, aand jy op die pad is nie, jy moet begin dink soos hulle, ry soos hulle, anders gaan jy ure lank in verkeer sit, ek het al begin glo dat STOP strate en ROOI verkeersligte net vir ons bleek siele is, want net ons stop, net ons kyk voor ons ry by groen verkeers lig, net om seker te maak daar val nie ‘n taxi uit die lug voor jou in die pad nie, hulle ry baie vinniger as wat hulle moet, stop dood eenvoudig voor jou, omdat ‘n passasiers dalk vir hom vertel short turn left, want die persoon wil by die short turn left afklim, dink nie aan die voertuie agter die taxi nie, nee hy wil HIER afklim, nie daar voor of agter nie, want dan moet hy \ sy die afstand loop. Kan nie help om die wonder of sommige van die passasiers ook die oorsaak is van ongelukkge nie. Want hulle vertel tog vir die taxi drywer waar hy \ sy wil afklim, maar nou aan die ander kant, is dit JUIS die taxi drywer se plig om te kyk vir ander voertuie. Doen hulle dit, NEE duidelik nie! Hulle jaag net geld – en voel ‘n veer vir die mense in hulle taxi.

Se net ·

Daar is geen padreel of wet wat trok, bus en taxi bestuurder hoef te gehoorsaam nie. Dit is nie op hulle van toepassing nie – asook nie die ander wat hul voorbeeld na volg nie.
Geen beheer om wetgewing af te dwing nie – en dus see vier die eie gemaakte reels op die pad.

Thelma ·

Moet nog nie die lys van slagoffers afsluit nie want solank as wat die owerhede ander pad kyk wat taxi’s aanbetref, gaan hierdie aanhoudend gebeur. Hulle het so magtig geword dat hulle hulself as bo die wet sien.

GR ·

Nou kan jy verstaan hoekom die padongelukke fonds,net soos die land, bankrot is want al die beseerdes stel eise in.

dries ·

Die punte stelsel werk goed in eerste wereld lande maaar nie in derde wereld lande nie.

Michael P ·

Mense die aarto stelsel gaan baie smart werk glo my Net een jaar en jy behoort geen taxi op ons paaie te he nie. Met 12 punte dit is wat jy kry Party taxis sal hulle rybewys in net 2 dae verloor

Koos de Meyer. ·

Net verlede week is10 mense ver grys by Midrand. Arms is afgeruk daar was selfs ‘n onthoofde kop op die pad tussen al die dooie liggame. Weereens was dit ‘n taxi.

RC ·

As jy so lees en luister is daar omtrent uit elke 10 so 8 keer taxi betrokke! Die aarto se punte storie gaan glad nie op hulle toegepas word nie. So binnekort gaan daar net taxi’s, busse en trokke op die pad wees tensy ons ander onwettig op die paaie gaan ry want ons gewone bestuurders gaan hul target wees!????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.