‘Skoksyfers wys hoe diepgewortel misdaad in polisie is’

(Argieffoto: Pieter Cloete/Maroela Media)

Die feit dat altesaam 5 489 polisielede sedert die 2019‑’20-boekjaar in hegtenis geneem is vir strafregtelike oortredings, wys hoe diep misdadigheid in die polisie wortel geskiet het.

Van die 5 489 was 383 weens ernstige misdade soos moord, verkragting en veediefstal.

Volgens dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het Bheki Cele, minister van polisie, dié syfers aan die VF Plus bekend gemaak nadat ʼn gebrekkige inligtingstelsel enkele weke gelede as verskoning aangevoer is oor waarom die syfers nie beskikbaar was nie.

“Van die 383 ernstige misdade waarvoor lede in hegtenis geneem is, was 84 vir moord, 109 vir roof, 79 vir verkragting, 29 vir veediefstal, vier vir transitorooftogte en 78 vir ontvoering. Volgens die minister is geen polisielid vir betrokkenheid by ʼn plaasmoord in hegtenis geneem nie.”

Cele het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie oor die onlangse suksesse van die polisie, gesê 7 000 polisiebeamptes is oor die afgelope vyf jaar in hegtenis geneem. Volgens hom is net 680 skuldig bevind.

Cele het gesê daar word egter net gefokus op polisiebeamptes wat by misdade betrokke is en nie op die goeie polisiebeamptes wat volgens hom in die meerderheid is nie. Hy meen die polisie verrig goeie werk en dat tronke, wat 44% oorvol is, ʼn aanduiding daarvan is.

Volgens Groenewald het Cele in sy ontwykende antwoord in Julie gesê hy is “ten volle bewus van die ernstige implikasies” van polisielede se betrokkenheid by misdaad en veral van die impak daarvan op die publiek se vertroue in die polisie.

Hy het gesê dit is noodsaaklik dat ʼn stelsel “ingestel moet word” om al die inligting oor polisie-betrokkenheid by misdaad byeen te bring, te kontroleer en te verifieer.

“Dit blyk dat dit nou wel gedoen is nadat die VF Plus daarop aangedring het dat die antwoorde voor 30 September (vandeesmaand) verskaf word. Dit is onaanvaarbaar dat daar eers druk op die minister geplaas moes word voordat ʼn stelsel ingestel is om die omvang van misdadigheid onder polisielede deur ʼn databasis gereeld by te werk.”

Groenewald meen sonder gedetailleerde inligting kan daar geen voorkomende stappe ingestel word om misdadigheid te voorkom of dit daadwerklik te hanteer nie.

“Hierdie syfers wys duidelik dat daar ʼn groot probleem met misdadigheid in die polisie is en die publiek nie kwalik geneem kan word indien hulle toenemend vertroue in ’n polisiediens verloor wat deur onbevoegde persone bestuur word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Mickey ·

dus net jammer dat ons kinders probeer in die polisie inkom maar word net elke uit gegooi tydens die recruitment proses.

Republikein in die Wes Kaap ·

Watter jong witte wil ‘n konstabel bly vir die res van sy loopbaan. En die geld is maar min.

bolletjie blom ·

Die kinders is desperaat vir werk. Maar ja daar is geen toekoms vir hulle in die polisie nie. Hulle sal so verdruk word.

Wondermaarnet ·

Dit is waar, want die wit beamptes kry nie sommer bevordering nie.

Anel ·

En gaan kyk dan bietjie wie is die misdadigers. Daar word gesê daar is te min blankes wat aansoek doen, maar hoeveel word aanvaar? As daar 5 ‘n jaar is, is dit baie! Ja, daar is nog uitstekende polisiebeamptes, maar hulle is regtig in die minderheid. Gee ons ander jongmense ook ‘n kans. Maar as jy nie by anc geafilieer is nie, is jou kanse nul.

Strandloper ·

Onossele hoed .Tronke wat 44% oorvol is n teken van n onbeskaafde verotte anc!

Frank ·

Is Cele ingesluit by die syfers as nuttelose minister van polisie in geskiedenis?

Roek ·

Die rede vir die min skuldig bevindings is omrede hulle almal kop in een mus is met die vervolgings gesag en die aanklaers , het dit baie ervaar in my lewe !

Di ·

DIT is wat gebeur as jy kriminele in diens neem! Selfs die meeste Regeringsamptenare wat veronderstel is om die voorbeeld te stel, maak hulle self ook skuldig aan kriminele misdade. Die land is een kriminele hool met die grootste kriminele in beheer van die land

melaney ·

Daar is net een manier om ‘n land te bestuur en dit is die regte manier. Ons sal vinnig ‘n plan moet maak, anders gaan ons anargie in die gesig staar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja, misdadigers in alle vorme is nou in beheer.

Bolandse Nooi ·

En …. ons doen dit HOE??? Dink jy vir 1 oomblik, dat die ANC enige moontlike verkiesingsverlies in 202 net eenvoudig aanvaar??? DINK WEER!!! Daar is nie ‘n MANIER wat enige koalisie regering – of dit nou die Veelparty Handves is of nie – toegelaat sal word om nasionaal te regeer nie. Die ANC gaan NIE mag oorhandig nie, vergeet gerus maar daarvan. SOU hulle wel aansienlik steun verloor. gaan die Julie 2021 “opstande” in KZN soos ‘n vulletjie lyk teenoor wat nog gaan kom.

Miskruier ·

Amerika wag dat ons vou, dan kan hul die land oorneem. En moenie dink hul is oor die Afrikaner bekommerd nie.

Gerhardus ·

Biden van alle mense? Wat ‘n grap!? Dalk as daar ‘n beter leier aan die stuur van die VSA was. Nou wil jy ‘n onbevoegde krimineel, wat nie eers twee ordentlike sinne na mekaar kan praat nie, gaan vra vir hulp? Dit sou snaaks gewees het, as dit nie hartseer was nie.

Papsak ·

Tronke wat oorvol is en ou hoed wil spog aaaaag asb man jy saam met jou polisiemag is skelms en korrupt oor en uit gaan dink weer julle is verot man

domheks ·

Begin van bo-af suiwer! Die 30% slaan nou baie mooi deur. Meng jou met die semels en die varke vreet jou op.

Bolandse Nooi ·

Ongelukkig steek een vrot appel die hele kis aan. “Net” 5489 kriminele sake in die 2019/2020 boekjaar teen polisie-beamptes, waarvan “net 383” ernstige misdade is … Ek wonder hoeveel daar in die HUIDIGE boekjaar is??? Dié syfers is bietjie oud, is dit nie Mister De Hoed?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.