Skole behoort aan álle kinders – Lesufi

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, by Dinsdag se mediakonferensie. (Foto: Maroela Media)

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het Dinsdag opnuut die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys – ook bekend as die Bela-wetsontwerp – verdedig.

Die Bela-wetsontwerp beoog om besluite oor skole se taal- en toelatingsbeleid in die hande van die staat te sentraliseer, maar dit word uit verskeie oorde gekap as ʼn poging om die land se skole – en spesifiek Afrikaanse skole – te kaap.

Die DA het Dinsdag na Lesufi se kantoor in Johannesburg opgeruk om teen die wysigingswetsontwerp, wat tans voor die parlement dien, beswaar te maak. Die LUR het die DA se betoging as ʼn stryd vir Afrikaners se stemme bestempel en beweer die DA het deelgeneem aan die opstel van die wysigingswetsontwerp voor dit na die parlement gestuur is.

“Hulle weet die DA het deelgeneem aan die opstel van die wetsontwerp. Ons het almal deelgeneem,” sê Lesufi.

“Geen LUR van die DA het verskil van die wysigingswetsontwerp nie.

“Hulle moet na die minister [van basiese onderwys] gaan, nie na my kantoor kom nie. Dis nie ek wat wetgewing promulgeer nie. Dis nie ek wat wette maak nie. Dis my eie mening wat ek bekend maak. Ek verwerp rassisme. Ek verwerp die oorheersing van een ras.”

Desiree van der Walt, die DA se adjunk-skaduminister vir onderwys, sê egter Lesufi speel met woorde en hoewel LUR’e met die minister vergader, die tydperk vir insette van individue en organisasies eers later aangehoor word. Sy sê ook sy is oortuig dat die destydse LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, Debbie Schäfer, nié met al die kwessies saamgestem het nie. Dit het veral ingesluit dié oor skole se taal- en toelatingsbeleid.

Lesufi hou voet by stuk dat die wetswysiging daarop gemik is om ʼn nie-rassige stelsel te vestig waar onderwys toeganklik vir almal is en waar kinders saam kan leer.

“Klas A kan Afrikaans wees, klas B Engels en klas C kan Xhosa wees en ná skool moet dié kinders saam gaan rugby speel. Wat is verkeerd daarmee? Maar as ʼn sekere nasie glo dat ʼn hele skool alleenlik aan hulle behoort, verwerp ons dit en ons is nie bang om dit te sê nie.”

Lesufi sê ook sy haat vir rassisme moenie verkeerd verstaan word as haat van Afrikaans nie.

“Ons haat nie Afrikaans nie. Ons haat nie daai taal nie. Daar is mense wat daardie taal as ʼn goggo gebruik.”

Lesufi het onder meer verwys na Hoërskool Menlopark in Pretoria, naby die Universiteit van Pretoria, en sê dosente kan nie hul kinders daar inskryf nie, omdat hulle nie Afrikaans magtig is nie. “Die skool is nie eens vol nie. Hulle omskep klaskamers in tegno-winkels en dansvertrekke, want hulle wil nie hê ander swart kinders moet daarheen kom nie.

“Hierdie skole behoort aan al ons kinders.”

Lesufi sê wanneer ʼn kind by ʼn skool ingeskryf word en dié skool aandui dat daar nie meer plek is nie, wil die DA hê die kwessie moet na die skoolbeheerliggaam – wat reeds aangedui het dat die skool vol is – verwys word. Hy sê die saak word dan later na die departement geneem, waar ʼn alternatiewe skool gevind word en die finale besluit oor plasing moet berus.

Lesufi sê die Bela-wysigingswetsontwerp is nie eksklusief aan Gauteng nie, maar ʼn nasionale wetsontwerp en dat diegene wat daarteen gekant is, hul beswaar regstreeks met die parlement moet opneem.

Lesufi moet jammer sê

Die DA betoog Dinsdag buite die kantoor van die Gautengse onderwysdepartement in Johannesburg teen die omstrede Bela-konsepwet. (Foto: DA)

Die DA sê op sy beurt die wetsontwerp en die sogenaamde “Lesufi-klousules” in die besonder, wil skoolbeheerliggame ontmagtig deur hul magte weg te neem en besluite oor taal en toelating in die hande van die staat te plaas.

Die DA eis dat Lesufi sy steun vir Bela terugtrek, dat hy druk op die departement en die minister plaas om dit te onttrek en hom in die openbaar moet distansieer van bepalings in die konsepwet wat besluite oor taal en toelating uit ouers se hande neem.

Die party se eise lui voorts dat Lesufi in die openbaar moet verskoning vra vir sy aanval op enkelmedium- en moedertaalonderrig en ook verskoning moet vra vir sy aanval op Afrikaans as ʼn taal wat boonop as eerste taal deur 77% van die land se bruin bevolking gepraat word.

“Lesufi moet demokratiese prosesse erken en na die stemme van miljoene Suid-Afrikaners luister wat gekant is teen hierdie konsepwet.”

Die DA sê Lesufi en die minister moet eerder fokus op die ernstige probleme wat die basiese onderwyssektor teister, pleks daarvan om mag te probeer sentraliseer en skole en beheerliggame te boelie wat die beste vir hul kinders en hul gemeenskappe wil hê.

Probleme in die departement sluit in hoë uitvalkoerse, vervalle infrastruktuur, modder- en asbesskole en puttoilette wat steeds nie uitgewis is nie en swak gehalte onderwys weens vakbonde se wurggreep.

  • Lede van die publiek het tot 15 Augustus om kommentaar oor die wysigingswetsontwerp in te dien, nadat die tydperk vir kommentaar aanvanklik op 15 Junie gesluit het. Kommentaar kan aan Llewellyn Brown, sekretaris van die komitee gerig word deur ʼn e-pos na [email protected]of deur ʼn Whatsapp na 6060 550 9848 te stuur. Brown kan by 083 709 8450 gekontak word vir verdere navrae. Kyk hier na die wysigingswetsontwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Elize ·

Bou eers nog skole en maak dan aanspraak daarop. Die bietjie skole wat oor is probeer jy voldruk met die oorbevolking hier in SA wat nie Afr of Engels behoorlik magtig is nie en vernietig so standaarde dat ons matriek sertifikaat ‘n absolute nul is.

Kokerboom ·

Die LUR is gevaarlik en gevoelloos. Sy politieke aspirasies bewolk sy logiese denke

Marius ·

Lesufi , ons het nie almal net 30% gekry op skool nie.
Nie alle mense is so dig en rassisties soos jy nie.
Kom by want jy mis al die sports.

Pieter ·

Nee almal behoort n skool te he, maar julle townships breek alles en dan wil jy net oorneem soder om te dink- Iets wat ons weet jy kan nie. Maaks eker alle skole bly in orde, dan is daar nie probleme nie.

Henri ·

“Ek verwerp die oorheersing van een ras.” Wat is BEE jou rassis?

En hoekom wil Mamelodi se kinders in Pretoria skoolgaan, maar Pretoria se kinders wil nie in Mamelodi skoolgaan nie?

Di ·

Hy is die grootste RASSIS en als wat uit sy mond kom is ‘n spul leuens!

Jannie van Niekerk ·

Mnr Liegsufi, hier is my hand. Kies vir jou ‘n vinger. Ek moet net egter noem, die duim en wysvinger asook die pinkie en ringvinger is alreeds gekies.

Harley Davidson ·

Die skole is daar vir die kinders om ‘n opvoeding te kry en hoekom moet my kind sy basiese menseregte ontneem word om in Engels te leer net so wil my Sotho buurman ook nie sy kinders in Engels as eerste taal laat studeer nie so basta of ons begin ‘n boikot en hou die skoolfonds terug todat die onderwys dept ons regte respekteer.

Elizabeth ·

Lesufi! Verstaan onse Afrikaners nou mooi….onderwys is elke kind se geboortereg INSLUITEND Afrikaners. Raak aan ons skole en kyk wat gebeur. Jy torring nou al te lank en ons draad raak kort.. Ons skole maak voorsiening vir soveel kinders en jou departement verskaf nie eers ñ derde van wat nodig is nie. Hou jou neus uit ons besigheid en maak reg waar swart kinders nie eers ordentlike toilette het nie. Begin daar en revamp julle skole dan kan jy samewerking verwag. Eers DAN.

Mike ·

“Hulle weet die DA het deelgeneem aan die opstel van die wetsontwerp. Ons het almal deelgeneem, sê Lesufi. Geen LUR van die DA het verskil van die wysigingswetsontwerp nie” Interresant dit wys jou dat GEEN politieke party meer vertrou kan word nie.

Pietertjie ·

Die skole behoort aan Lesufi. Soos Animal Farm. Die skape is ook wysgemaak dat die plaas aan húlle behoort.

As dit aan die kinders behoort het, sou hulle ‘n sê gehad het in die bestuur daarvan.

Wielspore ·

Dit is bewys dat as kinders van kleuterskool dae af blootgestel is aan ‘n tweede taal vir toekomstige nagraadse opvoeding in daardie tweede taal, hulle baie suksesvol is. My vrou het kleuterskool ondervinding van 25 jaar en van tyd tot tyd kry sy swart ouers wat kom vra dat hulle kind vir ‘n jaar afrikaanse klasse kan loop. Daar word spesiale aandag gegee aan die kind en die uitkoms is puik. In kort, onse minister van onderwys moet uit sy kassie rassisme klim.

Nie Verbaas ·

Lesufi, ek het tot op hede nog nooit gehoor dat jy een intelligente voorstel maak nie. Alles en orals waar ANC hulle gretige vingers op of in het verander in n gemors. Wil jy nou goed presterende, georganiseerde skole ook dwing tot op julle normale 30% plep vlak?

Ruby ·

Lesufi, jy haat Afrikaans punt.

Wil julle oorals inwurm, bou jou eie suksesvolle skole.. o nee wag, julle kan nie!!!!!!!!

Kobus ·

Skole behoort aan al die kinders………………..solank hulle nie Afrikaans praat nie.“Klas A kan Afrikaans wees, klas B Engels en klas C kan Xhosa wees en ná skool moet dié kinders saam gaan rugby speel. Wat is verkeerd daarmee”………………wel.as ‘n ouer dan ‘n foto van net ‘n blanke klas neem is jy en jou gevolg plus 10 TV Kameras daar en spuug jy vuur oor rassisme.

Jr ·

Ons haat nie “DAAI” taal is klaar bewys van sy rassistiese denke oor Afrikaans. Hy is n rassis – oor en uit. Weereens die nuwe maneuver van cANCer party – “no not me, I never wrote this Bela thing”. Mantashe – “no eskom is not me who is responsible- its Pravin.

Maritza ·

Korrek! Skole behoort aan alle kinders, dus elke kind het die reg om in sy eie taal onderig te ontvang.

Astrain ·

Dan het jy seker ‘n diep selfhaat want jy is ‘n enorme rassis! Jy wil ‘n ander kultuur vermoor en vernietig. Jy dink dit gaan jou laat beter lyk en voel…sterkte daarmee Mnr Lesufi!

AmY ·

Die skole gaan moontlik dieselfde paadjie as die Universiteite loop.
Afrikaans gaan heeltemal ‘uitgewerk word.’
Dis sy plan.

Nico ·

Hou politiek uit die skole, wie het begin met die apartheid stories, gaan lees dat dit van die Britte af kom .

rietrot ·

My siening volg die van Mike se stelling vroeer. Wat was die DA se inset met die opstel van die Bela-konsepwet? Lesufi maak sekere ernstige stellings insake die DA se betrokkenheid by die opstel van die Bela-wetgewing. Ek stel voor die DA reageer spoedig en doelgerig daarop, sodat ons as die publiek feitlik ingelig kan word oor die opstel proses. Elke kultuurgroep het ‘n grondwetlike reg op eie taal skoolonderrig.

Jacques ·

“Die DA het Dinsdag na Lesufi se kantoor in Johannesburg opgeruk om teen die wysigingswetsontwerp, wat tans voor die parlement dien, beswaar te maak. Die LUR het die DA se betoging as ʼn stryd vir Afrikaners se stemme bestempel en beweer die DA het deelgeneem aan die opstel van die wysigingswetsontwerp voor dit na die parlement gestuur is.”

Ek glo hom: dis tipies die huigelaar-gedrag van die DA om Afrikanerstemme te probeer kry…..

Nee dankie, nooooit, ooit weer nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.