Skole krisis: Wes-Kaap het nie meer plek

skool

Foto: Argief.

Verskeie voornemende gr. 1- en gr. 8-leerders in die Wes-Kaap het nog nie plek in ʼn skool vir volgende jaar nie.

“Die skole het op 6 Desember gesluit en sommige ouers is steeds op soek na plek vir hul kinders in skole in die provinsie,” sê Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys. “Beamptes van die Wes-Kaapse departement van onderwys sal nou saamwerk met ouers wanneer die skole weer open om te verseker alle leerders kry plek in skole.”

“Skole het ʼn paar oop plekke geïdentifiseer, maar die realiteit is dat meeste Wes-Kaapse skole vol is en goeie skole het lang waglyste,” sê Schäfer. Sy het veral ouers van ander provinsies, wat beplan om hul kinders volgende jaar in ʼn skool in die Wes-Kaap te plaas, aangeraai om hul kinders in hul huidige skole te hou, totdat hulle verseker is van plek in die Wes-Kaap.

Sy voorspel dat leerders wat nog nie plek het nie, weke of dalk maande kan wag voordat hulle plek kry in ʼn skool in dié provinsie.

Schäfer sê hoewel haar departement voorsiening gemaak het vir ʼn groei in leerdergetalle, in oorleg met die begroting, het hulle nou hul kapasiteit bereik.

“Enige nuwe aansoeke sal moeilik wes om te hanteer. Dit is vir my sleg om dié boodskap oor te dra, maar dit is die realiteit wat ons nou in die gesig staar,” sê sy.

Die aantal leerders in die Wes-Kaap toon jaarliks aansienlike groei, weens migrasie uit ander provinsies en die aantal leerders wat jaarliks teruggehou word in ʼn  graad.

“Ons bou jaarliks ses nuwe skole en probeer bestaande skole uitbrei. Maar dit is steeds nie genoeg om die groeiende leerdergetalle in te neem nie,” sê Schäfer.

Sy sê haar departement het jare gelede al vir die nasionale departement van onderwys gevra om meer geld beskikbaar te stel om skole te bou, omdat dit toe reeds duidelik was dat die Wes-Kaap ʼn gebrek aan skole sal hê. “Ongelukkig het hierdie versoeke op dowe ore geval.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kiskar ·

Hulle gaan seker die probleem oplos deur die getal kinders van 40 na 50 per klas te verhoog. Of staan dit alreeds op 50??? Ek weet nie….ek tuisskool my kinders.

Hanna Hoekom ·

Die ironie is dat die Ooskaap tradisioneel n baie sterk ANC provinsie is. Tog stroom hierdie Ooskapenaars in hul derduisende na die Weskaap vir werk, skole en gesondheidsorg. En die informele nedersettings gaan van krag tot krag…

Nuwe Skole? ·

Ek weet nie van een nuwe staat skool wat in my omgewing gebou is nie. Wel van privaat skole. Sal graag wil weet waar word die kantige nuwe skole gebou deur die staat. Al wat ek sien is hoe Afrikaanse skole gedwongen word om Engelse leerders in te neem ten koste van Afrikaanse leerders wat dan nie plek het nie

Jimmy ·

Jammer dame, jy raak nou aan kinders se grondwetregte. Jy sal ander planne moet maak.

aj ·

Plaas die disfunksionele Oos Kaap onder die DA se administrasie … dan sal die (OosKaap) burgers in hulle eie “land” bly EN SKOOLGAAN?

Hanna Hoekom ·

Die ironie is dat die Ooskaap tradisioneel n baie sterk ANC provinsie is. Tog stroom hierdie Ooskapenaars in hul derduisende na die Weskaap vir werk, skole en gesondheidsorg. En die informele nedersettings gaan van krag tot krag…

LL ·

Groot mark vir educational sentrums / home schooling deur professionele mense van uit huise af. Nie net in die Oos Kaap nie…

Anon ·

Maar dis mos reg – ons regering hou mos die grense oop dat ons bure (wat vir hulle eie ondergang gestem het), hier ‘n “beter lewe” kan hê… enige “kos-mandjie” kan ook NET soveel kos op ‘n slag dra…

JohanR ·

As julle al die 24 tot 34 van die skool banke af vat, dan sal daar genoeg plek wees. Maak jou laaste dag van skool die dag dat jy 20 word. Wat maak ‘n 24 jare ou in die skool met 13/14 jare oue meisies? Dit is moes moelikheid soek?

skurweberg ·

Strategie of swak beplanning?. Dis die vraag wat beantwoord moet word.

Catherine ·

Doen jou eie ding. In hierdie land gee iemand om vir jou nie. Emigreer as jy kan. Baie baie lande met uitstekende skole. Ek self onderwyseres. Kleinkinders in wonderlike skole in Europa. Geimigreer vir beter geleenthede. Andersins….probeer privaatskole tuisonderrig ens. Daar is baie ander maniere

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.