Skole rou ná matrieks se dood

Christopher Kupfer (Foto: Facebook/ Hoërskool Bekker)

Twee matriekleerders het in die pylvak van matriek hul eie lewe geneem.

Die Hoërskool Bekker in Magaliesburg het sy hartseer uitgespreek ná die dood van Christopher Kupfer, ʼn matriekleerder aan dié skool.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het in ʼn verklaring gesê Kupfer (19) het homself Sondag om die lewe gebring. Volgens Lesufi het Kupfer ʼn brief agtergelaat wat deel van die polisie se geregtelike doodsondersoek sal uitmaak.

Hoërskool Bekker het in ʼn verklaring op Facebook sy medelye met die seun se familie betuig. “Mag God julle onderskraag in die tyd van rou. Julle is in Bekker se gebede,” lui die inskrywing.

Medelye stroom sedertdien in. “Hy was so [ʼn] opregte, mooi kind en het sulke mooi toekomsplanne gehad,” skryf ʼn Facebook-gebruiker.

ʼn Soortgelyke tragedie het die afgelope week ook die Phahama Secondary School in Randfontein aan die Wes-Rand getref toe ʼn matriekmeisie (17) Donderdag haar eie lewe geneem het nadat sy glo haar nuwe selfoon verloor het en te bang was om haar ouers daarvan te vertel.

Die skoolmeisie se identiteit is nie bekend gemaak nie. Phahama Secondary kon ook nie vir kommentaar bereik word nie.

Lesufi het sy medelye met albei se families betuig. “Geen woorde is genoeg om ons hartseer uit te spreek oor die verlies van ons leerders nie. Ons hoop dat die gesinne berusting sal vind in die wete dat ons ook hul verlies deel,” het die LUR gesê.

Die departement het beraders aan albei skole verskaf.

Die laaste vraestel van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen word op 28 November geskryf. Lesufi moedig leerders aan om in die tyd op hul onderrig te fokus en hul te weerhou van dinge wat ʼn negatiewe uitwerking op hul studies kan hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Anoniem ·

Baie tragies. Sterkte aan die betrokke families en vriende.

*Randfontein is egter aan die wesrand*

Tania Heyns ·

Dagsê Anoniem

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

HESTER ·

SOOS GEWOONLIKNIKS
. KAN JY OOK SIEN DAAR WORD GEEN MEDELYE BETOON NIE

Sad ·

Hoe hartverskeerend moet dit wees vir ‘n ouer om te moet dink jou kind het sy/haar lewe geneem uit vrees. My hart breuk vir beide ouers. So onodige verlies van jong lewens. Ons as ouers moet ons kinders terug vat na die regte waardes van die lewe en nie dat n verlore selfoon die einde van jou lewe beteken nie. Die arme kind moes in vreeslike vrees vir haar ouers dan gelewe het as sy haar eie lewe neem oor so iets. So my hart is seer.

Kokkie ·

Te oordeel na die foto so ‘n mooi jong man. Ons sal nie weet wat hom daartoe gedryf het nie. Dis net so ontsettend hartseer en skokkend. Mag sy ouers en naasbestaandes baie krag en genade ontvang in hierdie verskriklike moeilike tyd. RIV jongman.

Devil ·

Ek verstaan waarom ons jong mense selfmoord pleeg.

Wie wil tog in so ‘n gebroke, kwaadwillige, bose en stukkende wêreld lewe?
Die hoeveelheid hartseer, pyn, lelik en gesukkel raak net meer en meer elke dag.
Al wat mens lees is moord, verkragting, roof, molesteer, besoedel, oorlog en baklei.
Al wat mense hoor is van nog meer bedrog, swaarkry, gesukkel en die droogte wat ons boere lam lê!
Daar is geen uitkoms meer nie, ons het alreeds die oorlog verloor…

Rus in vrede Christopher!

Joubert ·

Voor jy selfmoord pleeg agv jou omstandighede, begin dan eerder ‘n oorlog. Worst case is jy kan jou lewe verloor.

Mark ·

Ek onthou tydens die apartheids jare het die kinders maar netso selfmoord gepleeg. Depressie het nie in 94 ontstaan nie.

susan ·

Lefusi verkeerde area. Genade mense wat gaan met julle aan?

KaterinaKat ·

Ai dis vreeslik hartseer. My hart gaan uit na die ouers.

bokke ·

Ek was nog nooit een wat ten gunste was van een maak of breek eksamen nie. Dit plaas onnodige druk op die student. ‘n Baie beter metode is deurlopende evaluasie deur die jaar (deur middel van ondermeer ‘n reeks toetse wat na elke module of wat afgeneem word). Hierdie evaluasies reg deur die jaar word dan gebruik om die finale punt aan die einde van die jaar toe te ken. Dit hoef nie eers nodig te wees om een finale eksamen te skryf nie

my opinie ·

altwee my kinders skryf die jaar matriek en stress vlakke loop hoog ons probeer maar so ver moontlik met druk “cope”, onsekerheid oor werk en die toekoms help ook nie eintlik nie, dis baie hartseer en my hart bloei vir altwee gesinne betrokke en sterkte aan al die matrieks

se net ·

Ek kan nie glo onder watter geweldige druk die kinders is nie. Nie net met skool werk nie maar ook net om deur hulle alle daaglikse dinge te werk. Baie hartsee.

M ·

Dis ongelooflik hartseer, my kind ook in matriek, di eksamen plaas ongelooflik baie druk op hulle, van di vraestelle was bitter moeilik, ek as ma se senuwees was op as sy gaan skryf het, maar ja wat ookal di geval, my hart gaan uit na beide leerders se naasbestaandes toe, mag God jul styf vashou. RIV

AmY ·

Ek hoop nie hy was geboelie nie.
Ek was letterlik reg deur my skoolloopbaan geboelie, en op die einde was die ‘stres van matriek én die beboelie só erg’, dat ek in ‘n stadium selfmoord oorweeg het.
Op die einde het ek uit die bloute epileptiese aanvalle begin kry, en matriek gedruip

Ek sê nie hy is geboelie nie, maar ek hoop nie hy is geboelie nie. In matriek is só iets ‘lewensgevaarlik.’

Moeks ·

n Matriek leerling het die ander dag vir my gese hy sukkel om te leer want agter in sy kop weet hy dat hy nooit hier in SA n werk gaan kry nie. Dis hartseer dat kinders so moet voel

JohanR ·

Hoekom is dit altyd net Lefusi wat jy in die nuus sien? Daar is agt ander provinsies en van hulle LUR’s vir onderwys hoor jy nooit niks, en dit lyk asof onderwys darem in daai agt provinsies werk. Kan ons maar se die LUR’s van die agt ander provinsies doen hulle werk goed? Soe jammer as kinders hulle eie lewens neem. Dink ook nie dat ‘n kind soe bang vir ‘n ouer moet wees, dat die eindig in eie lewe neem.

wielie ·

Dis tragies …. so op die einde van die eksamen einde van die jaar en begin van nuwe lewe.
Baie sterkte aan sy familie. Niemand sal weet wat deur sy kop gaan nie. Los maar die bespiegelinge. Hy het gekies om sy lewe te be-eindig.

AV ·

Ag nee! Wat ‘n ontstellende tragedie.
Twee jong mense wat nog skaars geleef het, wat net opgee op al die moontlikhede en potensiaal van menswees en jonk wees. So hartseer! Sterkte aan hulle geliefdes.

susan ·

Geen kind mag so bederf word dat wanneer die duur selfoon of motor iets oorkom hulle in vrees lewe nie. Ouers kyk mooi na hulle en gee liefde nie geskenke

Martie ·

Innige simpatie met die ouers van beide kinders, dit is bitter ontstellend dat die dogter haar eie lewe neem uit vrees oor ‘n verlore selfoon., ‘n selfoon kon vervang word maar haar lewe nie!

Ons kinders is onder geweldige druk en hulle weet nie hoe om dit te hanteer nie.

BB ·

Baie hartseer…Hoe kom so n mooie jong man tot in matriek…en dan knak jy…Dalk te veel druk.? Ek kan ook nie verstaan dat hier in ons Land kinders aan die einde van n drukkende skooljaar 11 Vakke moet skryf nie…en dan oor die hele jaar se werk….In Australia…skryf kinders slegs 4 Vakke…en net oor die laaste 2 Termyne se werk…en snaaks genoeg Australia Floreer…almal gelukkig…Puik land…wat vir Baie S- Afrikaners ook nog n heenkome bied…Dis Tyd dat Ouers meer se het oor wat in skole aangaan..en die Druk wat op hulle kinders geplaas word…en tot tragedies lei….dis immers ons wat die Skoolfonds betaal..!!!!!

Annette Kruger ·

Nie 11 vakke nie maar in baie vakke soos afr, eng, wisk ens skryf hul 2 vraestelle!!!

willem heitlager ·

heep veel sterkte aan de familie ouders en vrienden in deze dagen
dit vanuit nederland ook hier is het met verschrikkiing ontvangen

Db ·

Baie sterkte aan die ouers van hierdie jongmense. Lefusi voel vere vir enigiemand. Hy soek net nog ‘n nuusstuk wat hy in sy dik plakboek kan plak wat sy naam genoem het. Daar is mos geen beter wese as hy nie en tik homself daagliks op die skouer oor die vernietiging van Afrikaanse skole in Gauteng

Helena ·

Lesufi, jy is een van daai “dinge wat ‘n negatiewe uitwerking op hul studies kan hê”. Bly jy net stil of beter – bedank – dan sal ons kinders dalk beter voel oor hul toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.