Skolier met vuurwapen by skool betrap

(Foto verskaf deur SAPD Oos-Kaap)

Polisiebeamptes van Bethelsdorp in die Oos-Kaap het Maandag omstreeks 12:00 dadelik reageer op inligting dat ʼn skolier moontlik in besit is van ʼn vuurwapen.

“Toe hulle by die skool in Bethelsdorp aankom, is beamptes na die betrokke klaskamer geneem,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, gesê. “Toe hulle die aard van hul besoek aan die leerders verduidelik, het ʼn 18-jarige graad 11-leerling ʼn beampte genader en aangedui hy het iets in sy skooltas.”

Die skolier en die skooltas is uit die klaskamer verwyder. “Toe hulle die tas in sy teenwoordigheid deursoek, het beamptes op ʼn .38-rewolwer met een patroon afgekom. Die reeksnommer van die vuurwapen is verwyder.”

Die tiener is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Brig. Thandiswe Kupiso, waarnemende bevelvoerder, het die beamptes geloof vir hul vinnige reaksie. “Geweld in of naby ons skole het ʼn baie negatiewe impak op die opleiding van skoliere en dit is baie belangrik om ons skoliere te beskerm. Ons waardeer die inligting en doen ʼn beroep op die gemeenskap om nooit te huiwer om die polisie met enige inligting te kontak nie – maak nie saak hoe gering dit mag voorkom nie. Jou oproep kan ʼn lewe red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Phillip ·

Net in SA sal so iets gebuur wat van die ouers moet dan ook betrek word by die klag waar sal hy hom kry baie mafieja bende ??

Wondermaarnet ·

Hehehe lekker lag ek nou. Dit gaan anyway volgende jaar in gr. 12 wees, want eksamen is ‘n klug hierdie jaar en word leerders deurgesit.

Frank ·

Ek hoop hulle kry sommer onderskeidings ook, want ek het twee in matriek

Nie Verbaas ·

In die goeie ou dae het ons nooit die probleem gehad nie. Maak mens wonder wat het ” verander”

Alet ·

Hy moet sommer toegesluit word en die sleutel weggegooi word. Almal gan nou weer begin met oe en aa en shame sy omstandigheded. Twak man is omdat alles in die land “verskoon” word dat hier soveel geweld en misdaad is. Smoor dit in die kiem. Hoe jonger hoe langer en swaarder die strawwe. Dan is die kanse kleiner dat dieselfde kind jou kind oor twee jaar kan doodskiet.

Blou oog ·

BOU AAN DIE KONINKRYK VAN GOD
Goeie more aan almal
Ek vra dat jul asb hierdie sal lees tot die einde toe, Die Here het vanoggend soos elke ander dag getrou my wakker gemaak terwyl ek al reeds in gesprek (gebed) is met die Vader, en die Gedeelte waaroor alles gegaan het was die volgende
BOU DIE KONINKRYK VAN GOD
Nou baie sal vra  hoe nou, wel ek ook!
Maar terwyl ek so ingebed is praat die Here met my en letterlik deur die Heilige Gees kry ek die presiese OPDRAG as ek dit so kan noem, ek weet nie in ons tipe wêreld en Land se gaos hoe ons dit moet doen nie, maar ek het gevra dat die Here ons deur die Heilige Gees, wat Hy reeds vir ons gestuur het sal lei, en ons vertrou op die Here.
JOHANNES 14:26 AFR53
maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
OPDRAG
BOU DIE KONINKRYK VAN GOD
Ons het almal kinders, by die huis en in die skool, ek weet, ek weet julle gaan se die Godsdiens

Derek ·

Ek wil jou graag antwoord want ons was ook hiermee getroef, gaan lees wat die Woord bedoel met “die koningkryk” en saam met dit “Sy geregtigheid” en dan weeg jy dit, nie oordeel, maar gebruik God se skaal. Die antwoord word reeds in Daniel 12 vir ons gegee, hulle wie die Seun verwerp is reeds geweeg en te lig bevind en dit is die antwoord, wie nie die Seun het nie, het ook nie die Vader nie. Johannes 16 vanaf vers 6 verklaar die koningkryk van Christus!

Anel ·

Kinders van 18 dink mos hulle is onaantasbaar. Verder glo ek nie die ouers kan verantwoordelik wees nie. Hy is 18 en volgens ons reg kan hy nou stem ook en dit maak glo van hom ‘n volwassene. Maar hy mag slegs op 21 eer’ n vuurwapen besit. So, my maat, tronk toe vir jou. Hoop jy kry lewenslank. Om mede skoliere se lewens in gevaar te stel, en vir wat? Pobleem is ons mag mos nie meer die boompie buig tetwyl hy groen is nie.

Casper ·

Julle kommentaar is bevooroordeeld.Het julle al gesien hoe word leerlinge in die states afgemaai deur mede skoliere of oud skoliere.Dit gebeur nie net in SA nie.Hy het beslis daardie vuurwapen by hom gehad met ‘n doel.Hy sal moet verduidelik wat sy deel was en dan moet hy maar kry wat na sy kant toe kom.

Persheks Adri ·

Onwettige wapen met 1 rondte mmmmm. Dis vlak in die dak. Kry maar vir jou, want jy sou beslis iemand wou skiet al is dit met 1 rondte pffft nommer nogals af ook en onder die wettige ouderdom vir ‘n wapen

Derek ·

Mens wonder net waar sou die vuurwapen vandaan kom en hoekom is die nommer verwyder? Dan wonder mens verder hoeveel van die ingediende wapens verdwyn het en nou skielik onwettige wapens geword het. Dan wonder mens verder hoeveel moorde gepleeg is met wettige vuurwapens wat onwettige wapens geword, was dit die aanvanklike doel met die nuwe stelsel en wetgewing. Die Woord leer ons om niemand te vertrou nie en vandag verstaan ons hoekom!

Dup ·

Bende bedrywighede op die skoolterrein is al lankal aan die gang en gevegte rondom dwelms vind gereeld plaas.Sommige skole moes wagte aanstel en ook metaalverklikkers by ingange oprig.Dinge gaan net erger raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.