Skoolseun voor sy huis doodgeskiet

Amogelang Refentse Assegai (Foto; Kimberley Boys’ High/Facebook)

ʼn 19-jarige seun van Kimberley Boys’ High is Sondagaand in Verwoerdpark doodgeskiet.

Amogelang Refentse Assegai was ʼn matriekleerling aan dié skool.

Kapt. Tessa Jansen, woordvoerder van die polisie, sê beamptes is omstreeks 20:00 na die toneel in Impalaweg ontbied.

“Die 19-jarige het in die straat gelê. Paramedici het die tiener op die toneel dood verklaar, maar kon nie die oorsaak van sy afsterwe bevestig nie, omdat daar met die eerste oogopslag nie enige beserings aan sy liggaam was nie.”

ʼn Nadoodse ondersoek is gedoen en daar is bepaal dat hy geskiet is.

“Die polisie het ʼn saak van moord ondersoek en ʼn 48-jarige man is in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die hof verskyn.”

Assegai is na bewering geskiet toe die verdagte verby hom gery en ʼn skoot afgevuur het.

Die skool het sy innige meegevoel betuig met die leerders en skoolgemeenskap. “Ons dink aan en bid vir die Assegai-familie.”

*Die berig is bygewerk sedert dit aanvanklik gepubliseer is. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mariana ·

Hoe kan jy iemand net so in die verbygaan skiet? Sinloos en moordadig. Die land het skietmal geword.

Moedeloos ·

Hy was dalk verkeerde tyd op die verkeerde plek. Bende geweld.

Danie ·

Wonder wie is die seun se ouers dalk n boodskap.Politiek of stilmaak.

TRP ·

Hoe bitter jammer, so voor sy eindeksamen. Sinneloos. Hierdie land is net boos van top tot tone.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.