Skooltragedie: Wie moet infrastruktuur in stand hou?

Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark (1 Februarie 2019) (Foto: Nhlanhla Phillips/African News Agency/ANA)

ʼn Pretoriase prokureur sê enige moontlike eise ná verlede week se tragedie by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark kan jare neem om af te handel. Vier leerlinge is verlede week dood en talle ander beseer toe ʼn loopbrug by die skool ineengestort het. Verskeie leerlinge word steeds in hospitale behandel.

Marius du Toit, ʼn strafregkenner en deskundige in persoonlike beseringseise van Centurion, sê die eerste stap in die proses sal wees om vas te stel wie, indien enigiemand, se nalatigheid tot die treurspel aanleiding gegee het. “Enige hofgeding gaan uitgerek wees; dit kan jare duur,” sê Du Toit.

Hy sê die polisie moet boonop ʼn formele, geregtelike doodsondersoek na die voorval doen. ʼn Hof moet dan bepaal of enige misdryf gepleeg is. Du Toit sê egter ʼn siviele hofgeding – waarin vir skadevergoeding geëis word – kan onafhanklik van die strafregproses verloop. Hy sê skadevergoeding vir waar ʼn kind byvoorbeeld verlam gelaat is, kan in sy ervaring etlike miljoene rand beloop.

Die nasionale departement van arbeid het ʼn strukturele ondersoek by die skool gedoen. Die departement sal na verwagting Maandag ʼn verslag uitreik waarin besonderhede uiteengesit word van watter dele van die skool veilig is om te gebruik.

Jacques Marx, voorsitter van die skool se beheerliggaam, sê ʼn massavergadering word vanaand by die skool gehou om alle moontlikhede te bespreek, sowel as om inligting deur te gee oor wanneer leerders na die skool kan terugkeer.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) sê intussen ʼn soortgelyke ramp wag om te gebeur by die Hoërskool Roodepoort in Gauteng. Johan Kruger, direkteur: operasioneel by die SAOU sê die skool is ʼn drieverdiepinggebou, waarvan agt klaskamers tans in ʼn uiters vervalle toestand is. Die strukturele integriteit van die klaskamers is volgens Kruger ver onder die aanvaarbare standaard soos uiteengesit in wetgewing.

Die Stad Johannesburg se departement van ontwikkeling en beplanning het in Junie 2017 al ʼn kennisgewing aan die skool uitgereik waarin hy beveel is om die probleem reg te stel. Die skool se beheerliggaam het die Gautengse onderwysdepartement daaroor gekontak, maar die saak is steeds nie opgelos nie. Die skool laat nie toe dat die klaskamers gebruik word nie, maar dit word steeds as ʼn gevaar vir leerlinge en die publiek beskou.

“Die SAOU doen ʼn beroep op die Gautengse departement van onderwys om die saak met uiterste dringendheid te bespoedig en sodoende hul regs- en grondwetlike plig te vervul sodat leerders die klaskamers van die skool weer ten volle kan benut in ʼn veilige omgewing wat bevorderlik is vir die lewering van gehalte-onderwys,” sê Kruger.

Kruger sê in die lig van die gebeure by Hoërskool Driehoek, moet die saak met dringendheid hanteer word.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, die nasionale verteenwoordigende organisasie vir skoolbeheerliggame, het by navraag gesê baie skole doen sélf basiese instandhoudingswerk waar hulle dit enigsins kan bekostig. Skole kry jaarliks ʼn klein staatsubsidie vir instandhoudingswerk, maar Colditz sê dit is kwalik genoeg om die minimum werk by skole te doen.

Hy sê enigiets wat die lewens of welstand van leerlinge by skole bedreig, moet aan die onderwysdepartement gerapporteer word. Die staat – as eienaar van openbare skole – is dan verantwoordelik om stappe te doen. Elke provinsiale departement moet ook ʼn tienjaarplan oor strukturele instandhouding hê. Onderhoudwerk word in terme van die erns en dringendheid van die werk geprioritiseer.

“Ons ervaring is baie dikwels dat die pleidooie van beheerliggame op dowe ore val wat dié soort klagtes betref. Daar is ook ʼn gebrek aan verantwoordbaarheid by sommige amptenare wat sit en hoop dat die probleem sal verbygaan.”

Colditz sê volgens die terugvoer wat hy gekry het, was daar egter geen ooglopende aanduidings by Hoërskool Driehoek van ernstige struktuurprobleme nie. Gereelde inspeksies is klaarblyklik ook gedoen.

“Baie keer is dié goed nie voorsienbaar nie. As dit so is dat dit [iets soos ʼn ineenstorting] duidelik voorsienbaar was en niemand het enigiets daaraan gedoen nie, op so ʼn vlak dat dit roekeloosheid daarstel, dan kan daar persoonlike aanspreeklikheid wees. Maar dan praat jy van grówwe nalatigheid of roekeloosheid,” sê hy.

Die VF Plus sê hy gaan ook die departement van infrastruktuurontwikkeling vra om dringend strukturele ingenieurs na skole te stuur om vas te stel of die geboue veilig is. Philip van Staden, ʼn lid van die provinsiale wetgewer, sê hoewel die oorsaak van die ineenstorting by Hoërskool Driehoek nog nie bekend is nie, mag “swak konstruksie” nie nóg leerlinge se lewens eis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Riaan ·

Lesufi moet ophou rasis wees en by vodascam se dinge betrokke raak en sy werk begin doen!
Die pateet moet persoonlik (nie belasting geld) aanspreeklik gehou word, want hy is so besig met ander dinge dat hy en sy dept nie hulle werk doen nie.

Francois le Cockon ·

My area se Hoërskool se een rugbypaal het Saterdag omgeval. Die paal was by die voetstuk deurgeroes. Kon net sowel in skooltyd gebeur het.

Ronelle Jordaan ·

Die dept van werke en onderwys doen niks. My skool ( swart leerders) is al in 2017 opdrag van dept van gesondheid gekry om asbesdakke te verwyder (geen plafonne en dakplate is verweer en gebars) Niks gebeur nie, amper 2 jaar later

Sarel ·

Dan is my vraag, is daar enigsins verantwoordelik deeglik opgeleide persone wat by Regerings instelings/ook skole aangestel is oor gesondheid en beroepsveiligheid?

ZAR ·

Ons een skool het op ‘n stadium die onderwys departement gevra om in te gryp by ‘n stel trappe. Dit het hulle 4 jaar gevat om iemand uit te stuur en sover wag die skool steeds vir iemand om dit te kom regmaak. Dis nou al 12 jaar.

Dereck Le Roux ·

As daar in ag geneem word hoeveel skole is geskoei op dieselfde boupatrone en planne en hoeveel van die skole is ouer as veertig jaar soos in die geval van Hoerskool Driehoek dan sit ons met ‘n potensiale lewensgevaar vir ons kinders en kleinkinders en natuurlik die groot probleem in die hedendaagse Suid Afrika is die korrupsiegelde waaraan politici en die politieke elite aan vasklou eerder as om die nodige instandhouding en herstelwerk aan skole te doen.

Lana ·

‘n Leek kan sien daar is ‘n strukturele probleem. Dis nie net vir gewone instandhouding nie.
Probleem is egter – die skool kan dit aanmeld tot hulle blou is in die gesig. Die regering wat die geboue moet regmaak, het nie geld en kundige mense om dit te doen nie.
Kan julle waarborg – daar is baie skole wat met dieselfde probleem sit.

TP ·

@Mandie dankie dat jy gedeel het. My eerste gedagte is dat leerders by Driehoek genoem het dat hulle al van die Woensdag voor die tragedie gevoel het dat die loopvlak ‘onstabliel’ is (hierdie is hoorse, en dis hoe ek dit weergee). Die vraag was: hoekom het hierdie leerders dit nie met die hoof bepreek nie. In die ‘link’ wat jy gedeel het, is die leerder nou in die moeilikheid omdat hy wel sy bekommernisse gedeel het. Nou wat moet die arme kinders doen? Hulle is in die moelikheid as hulle hulle waarnemings deel, maar hulle is ook in die ‘moeilikheid’ as hulle dit nie deel nie.

Werner ·

Waar is die inspekteurs en toesighoeurs van die onderwysdepartement wat na die gebreke en instandhouding omsien, ons kan dan nou sekerlik met tereg vra, waar het die ANC regering die land nog nie in die steek gelaat nie?

Peet Schabort ·

Kortom die volgende: Daar is geen manier dat ENIGE betonkonstruksie ondersteun behoort te word deur gebruik te maak van staalwerk. Betonpilare en wat daarmee gepaard gaan is al wat gebruik moet word. Gaan krap aan daardie roes wat blom op daardie oorblywende staalkonstruksie soos by Driehoek en vergewis jouself dat die probleem meer dieperliggend is as wat die oog kan sien. Roes werk soos ‘n kanker op metaal. Mog die sterwe van hierdie kinders nie verniet wees maar ”n wakeup call’ om aanleiding te gee tot die onderhoud van hierdie soort van konstruksie.

Dafer ·

Antwoord op die vraag opskrif:
Die eienaar van die geboue. ALLE geboue wat vir opleiding gebruik word!
Inspeksies maksimum frekwensie – 1 jaar.
Inspeksie persoon: professionele mense, argitek, ingenieurs.
Enige probleme aangemeld tydens inspeksie MOET herstel wees VOOR die volgende inspeksie, (of binne 1 jaar – watter ook al die kortste is) anders moet die regulasie wees dat eienaar van die gebou die skool MOET magtig om mense aan te stel om die herstelwerk te doen, en betaling vir die dienste waarborg.

Die skole moet ALTYD in ‘n perfekte toestand wees!

Klarrrr.

TP ·

@Dafer, weet jy dalk wat is die proses sou ‘n publieke skool besluit dat hulle self iemand sal aanstel vir meer gereelde inspeksies, en dan self geld insamel om die probleme reg te stel? Moet die skool eers toestemming kry by die departement, of sal hulle enige ‘wette’ oortree as hulle hierdie proses sou volg?

Willehond ·

Lesifi of wat ookal jou naam is nie! Waars jy nou!!!! Besig om jou tyd te mors met onskuldige mense af te dank????? Word wakker vreemde wese!!!

Verwonderd ·

Al word wie verantwoordelik gehou gaan dit nie die ouers wat ń kind verloor se pyn vervang nie. Die lyfies wat nog in hospitale lê en dalk permanente skade het en die emosionele impak op almal wat daar was is afgryslik. Dit kan nooit vervang word met geld nie. Elke skool en instansie moet nou gaan kyk na infrastrukture en daadwerklik werk dat so tragedie nooit weer plaas vind nie

Hes Mari ·

Dis net jammer mede leerders moes nou eers hul lewe gegee het voordat die nodige moet gebeur .

Hanna ·

Dit maak my as ouer baie bekommerd. Die Hoërskool waarin my dogter is, in Secunda, se oorloop brug hou ook ‘n gevaar in. Brug se pilare staan al skeef, beton blokke trek al van mekaar af weg, daar is krake in, en ‘n gaping waar mens kan deur kyk na bo as jy onder staan. Sy sê sy raak bang om daar oor te loop. Departement moet alle skole se oorloop Brûe laat na gaan, om veiligheid van leerlinge te verseker, om nog sulke tragedies te verhoed.

EP ·

Die staat hou niks instand nie. Skole en hospitale verval, want fondse word nie aangewend daarvoor nie,. So jammer dat onskuldige kinders daar onder moes ly

Richard ·

Mens kan sien op die foros wat geneem is hoe vrot geroes daardie strukture is as mens instandhouding doen behoort jy dit raak te sien daar is onskuldige kinders dood skoolfons is duur genoeg maak die plek veilig

Johanna ·

Dink die regering is te besig met hulle korupsie om hulle sakke bol te maak dat daar nie genoeg geld is vir skole nie!! Lesufi is te besig met vodacom en is die grootste rasis met wit skole

OWO ·

Roetine inspeksies,of dit gesondheid,bou of wat ookal insluit is saam met die nuwe bedeling,jare gelede al afgeskaf.Daar moet eers iets gebeur,en indien jy gelukkig is,sal dit dan miskien aandag kry.

Meerkat ·

Dit laat my dink aan korttermynversekering toe ek nog daar gewerk het, hulle wag eers tot ‘n katestrofe plaasvind, soos ‘n multiverdieping gebou wat afgebrand het, dan stuur hulle nuwe regulasies per kennisgewing aan alle polishouers, verhoog premies met hernuwing, ook stuur hulle hul inspekteurs of bemarkers/oorsieners maandelik vir die volgende jaar om alle kommersiele geboue te inspekteer. Maar so is dit mos meeste van die tyd, daar moet eers ‘n katestrofe wees voor daar opgetree word, kyk hoe gaan dit met die regering in die land, die SAA (SAL), Eskom, jy noem dit, vleilande, waterbronne, ekosisteme, paaie, staatshospitale, SAPD, stroping, korrupsie, wat het ek uitgelaat?

jo ·

Noem my stupid maar die mense betaal soveel duisende rande se skool geld elke jaar om hulle kinders in n skool te hou, hoekom wag vir die regering of wie ookal om iets te doen? Waarheen gaan al die geld wat ouers betaal? Hulle betaal duur vir rugby toere ens sekerlik kon hulle een rugby toer gemis het en hulle geboue reg gemaak het of so iets? Ek vra maar net.

SW ·

Rugby, Netbal en Hokkie toere kom apart uit ons as ouers se sakke. Dit vorm nie deel van die skoolfonds nie. Tensy ander skole anders werk, maar by ons skool betaal die ouers vir die toere, en help selfs om geld in te samel om minder bevoorregte kids ook op die toer te kan stuur.

Sanet ·

Toere kom apart uit ouers se sakke. Dit word nie betaal uit die skoolgelde wat jy elke maand betaal nie.

Hein ·

My medelye aan ouers en leerders aan Hoërskool Driehoek. Die feit bly staan, skole in die algemeen is oorvol. Meeste van die skole is gebou vir ‘n spesifieke hoeveelheid leerders. Met die toevoeging van leerders die afgelope dekade het van die skool getalle letterlik verdubbel. Dit plaas ernstige druk op strukture. Veral die wat tydelik van aard is. ‘N Boeing gaan nie op die eerste vloer van n huis staan…die huis is nie vir daai doel ontwerp nie. Dieselfde geld vir skole. Ek is self in konstruksie, en ek het n familie. Daar is streng regulasies waaraan n bouperseel moet voldoen ten alle tye om die veiligheid van personeel te verseker. Daaglikse risiko bestuur moet toegepas word met H&S personeel. Ek kan julle waarborg, daar is daagliks meer gevaarlike gevalle by skole as op enige bouperseel in die land. My vraag dus, word dieselfde regulasies toegepas op skool terreine. Word daar daagliks rekors gehou van moontlike risikos. Word leerders daarvan in kennis gestel? Hoeveel SHE reps wek by n skool van 1000 leerders. Hoeveel “First Aiders” per 1000 capita? Word hierdie geousit maandelika deur opgeleide agente? Sekerlik kan daar nie toegelaat word dat ‘n bouperseel se veiligheid beter bestuur word as ‘n skool s’n nie. Indien die departement nie optree nie, moet beheerliggame en ouers hierdie ter harte neem. Indien jou skool hierdie toepas kan julle dalk riglyne geen vir die ander

Dafer ·

Uitstekende vrae Hein. Vat hierdie argumente so ver as jy kan, asseblief.

Francois Joubert ·

Tp, die skool moet toestemming kry van ‘Public Works’, die staatsinstelling en eienaar van die gebou.

Nel ·

*Sug, Sug* Los tog in Vadersnaam die heksejagtery. Dis mostert na die maal en totaal onvanpas om nou die ‘blame game’ te speel. Wat gebeur het, het gebeur en ek kan julle verseker dit was ‘n wake up call vir alle skole en betrokke instansies om seker te maak hierdie tragedie word, menslik gesproke, nooit weer herhaal nie.

Flintstone ·

Diegene wat hulle mode die grootste rek en onderwysers links en regs afdank sonder die volg van nodige prosedure,hulle wat hulself die reg voorhou om voorskriftelik te raak aangaande skole se beleide,moet direk aanspreeklik wees.Honderde miljoene rande moet geeis word ,want lyk my dis al taal wat die regering van die dag verstaan-dreig en betaal.Daarna moet die lawaaimonde verder krimineel aangekla word en toegesluit word.

Anita ·

Ek probeer verstaan hoe kan mens moontlik sien of weet wat binne in ‘n blok sement aangaan met die reinforcing. Met die blote oog dink ek dis nie moontlik nie. Is daar dus enige instrumente waarmee so iets gemeet of gesien kan word. Na my mening kan die square tubings wat onder afgeroes is op fotos van Hoërskool Driehoek geensins verantwoordelik wees om die vloere bo te hou nie. Blyk vir my onmoontlik, so is dit dalk net afwerking wat gebruik word. Daar word mos stoepe op verdiepings gegooi met behulp van ander konstruksie metodes. Kyk na brue, hulle kan nie ‘n brug oor iets wees as die hele brug vol stutte is nie. So die brug word dan op ‘n ander manier gebou om dan vir ‘n tydperk daar te wees en gebruik te word… so my vraag.. is dit nie waar die probleem ingekom het nie en baie nou vrae vra oor geroeste square tubings wat beslis nie gebruik kan word om brue bo te hou nir en volgens my ook nie die geval was nie. Net my opinie omdat ek ook graag beter wil verstaan.

Dafer ·

@TP – Die skool mag inspekteurs kry. As professionele dienste benodig word om herstelwerk te beplan en uit te voer MOET die departement kennis dra daarvan voor die tyd. Maar enige professional sal dit weet. Julle mag geld insamel, maar sonder die departement se goedkeuring mag jy nie professionele dinge aanvang nie. Ek praat nou nie van sulke goed soos om die hek reg te maak of ‘n nuwe deurklokkie in te sit nie.

Professionele Mense?? ·

Dit gaan so want al die professionele mense se vel is die verkeerde kleur en is lankal land uit?? En die wat nou Universiteit toe gaan, daag nie op om ‘n geleerdheid te kry nie maar om mekaar met klippe te gooi en plek af te breek..toemaar as ons so aangaan het ons nie struktuur Ingenieurs nodig nie of enige kundige van enige soort nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.