‘Skrap ministeriële handboek óf ons ruk op’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Rajesh JANTILAL / AFP)

Die DA gee pres. Cyril Ramaphosa tot Vrydag om die ministeriële handboek te skrap óf die party en ander burgerlike organisasies gaan na die Bryntirion-landgoed in Pretoria, waar talle ministeriële huise geleë is, opruk.

Daar is groot woede nadat dit die afgelope week bekend geword het dat die ministeriële handboek “misbruik” word om kwistige byvoordele aan ministers en adjunkministers uit te deel. Dit sluit in bykomende personeel vir ministers en hul adjunkte, asook ʼn onbeperkte bedrag vir hul water- en ligterekeninge.

Die DA dring nou daarop aan dat Ramaphosa nie net die ministeriële handboek in sy huidige vorm skrap nie, maar dit vervang “met ʼn oop en deursigtige nuwe proses” waar die parlement besluit oor ministers en adjunkministers se voordele.

Die opposisieparty eis ook dat Ramaphosa Suid-Afrikaners om verskoning vra en sê dit is hul swaarverdiende belastinggeld wat vir die voordele betaal.

Dr. Leon Schreiber, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, sê ministers en adjunkministers klink agter die mure van die Bryntirion-landgoed ʼn glasie op die feit dat hulle gratis elektrisiteit en water geniet, terwyl die res van die land deur kragonderbrekings en waterbeperkings lamgelê word.

“Dit is binne die herehuise op hierdie landgoed dat ministers soos koninklikes gevoed en gevier word, terwyl 30 miljoen Suid-Afrikaners in uiterste armoede leef, met talle op die rand van hongersnood. Dit is in die Bryntirion-landgoed waar Ramaphosa en sy mede-ANC-kaders soos konings leef, heeltemal geïsoleer van die lyding wat hulle veroorsaak het vir almal wat buite die paleismure probeer oorleef.”

Schreiber sê Suid-Afrikaners betaal tans dubbele salarisse aan ʼn kabinet wat hulle op elke denkbare manier in die steek laat. Nie net betaal gewone Suid-Afrikaners ministers se R2,4 miljoen-salarisse nie, hulle word ook op ander maniere ruim vergoed.

“Dit is hierdie punt wat pres. Ramaphosa klaarblyklik nie verstaan nie. Die openbare oproer wat ons die afgelope week gesien het, gaan nie bloot oor belastingbetalers wat die water- en elektrisiteitsrekeninge van ʼn mislukte kabinet betaal nie. Dit gaan oor wat dit simboliseer.

“Suid-Afrikaners weet dat dit suiwer weens die ANC se diefstal en onbevoegdheid is dat ons land nie meer betroubare elektrisiteitsvoorsiening het nie. Hulle weet dat, al is die damme vol, krane in plekke soos Gauteng opgedroog het omdat die ANC hul waterinfrastruktuur vernietig het. Hulle weet dat die treine ontspoor het, dat polisiëring misluk het en dat ons ekonomie in duie stort weens drie eenvoudige letters: A, N en C.

“Dit is in Ramaphosa se eie beste belang, asook in die belang van ons demokrasie, dat hy toegee aan die DA se eise oor die ministeriële handboek.

“Ek wil die president waarsku dat, gegewe die omvang van openbare verontwaardiging oor sy handboek, hy ons demokrasie in die gevaar gaan stel as hy weier om aan die DA se eise toe te gee.”

Schreiber het ook gekap na die minister van finansies, Mondli Gugunbele, wat vroeër in ʼn onderhoud die voordele verdedig het deur te sê ministers het baie min werksekerheid en dat hulle daarom op die voordele geregtig is.

“Dit sal moeilik wees om ʼn meer blatante erkenning te kry van hoe buite voeling die ANC-regering is met die mense wat hy veronderstel is om te dien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Althes ·

Wonderwerke gebeur nog. Ons moet net glo, bid en vertrou dat die ANC, EFF en PA se mag so gebreek word dat hul nooit hergroepeer nie.

GWS ·

Die ANC het ons land bankrot en ons gewone burgers byt die spit af! Wanneer gaan dit ophou?!!!!

Mariana ·

Dit voel en lyk dat hoe slegter dit in die land gaan, hoe lekkerder leef die president en sy kaders. Dit is ‘n skreiende skande wat hier plaasvind. En daai spul kan nie minder omgee nie, solank hulle net kan skep. Hoe lank sal ons nog onder hulle gebuk moet gaan? Kan die kiesers wat vir hulle stem dan nie sien wat gebeur met hulle en hul families as gevolg van die ANC nie? Of is dit maar kwessie van die breinspoeling van oor die 30 jaar wat nog steeds toegepas word?

Jr ·

Hulle en die eff’ers gebruik net een ding om hulle kiesers te hou en dis ” WIT MENSE ‘. Hulle word gebreinspoel dat as WIT MENSE” regeer weer dan sal APARTHEID terug kom. Simple plan and works for all the voters who still continue to shoot themselves in the foot. Geen medisyne vir mense wat nie ordentlik kan redineer

Jacobus ·

Die kiesers word gekoop met n SASSA toelaag betaal deur die hardwerkende belastingbetaler. Hierdie is nie al voordele uitgedeel aan ministers nie. Hulle kantoor assistente word ook meer van 4 tot 7 en hierdie kantoorassistente se salaris verhoog van R850 000 tot R1 150 000 per maand, dit is oor 25% verhoging en dit vir n kantoor werker!!!!

Lourens ·

Die salarisse is darem per jaar en nie per maand nie. Maar dis steeds buitensporig.

Lourens ·

Belastingboikot. Nou. Staak alle opgawes en betalings. Begin by LBS, BTW en inkomstebelasting. En terwyl mens besig is, staak sommer alle rassekwota opgawes aan die dept. van Arbeid.

Cherokee ·

Blatante strooi Lourens. Elke keer wanneer hierdie storie verskyn, staak dit onmiddelik weer wanneer ek vra dat jy aan die salaristrekker moet verduidelik hoe om sy werkgewer te oorreed om nie inkomstebelasting van sy of haar salaris af te trek nie.

Lourens ·

Cherokee: die enigste manier om hierdie regime uit die saal te lig is deur hulle met geld te wurg. Die tegniese besonderhede kan bepaal word.
Maar enige heersende instansie se grootste vrees is masssa-samespanning en gekoõrdineerde optrede teen homself, omrede die stelsel nie sulke massaverset kan hanteer nie.
Dit het die NP gedwing om mag prys te gee. En dit kan dieselfde met die cANCer doen.

Riaan ·

En hoe stel jy voor gaan mens te werk om dit te doen. Opgawes aan Dept. van Arbeid is nie ‘n probleem nie.

Kom ons leer Dis-Chem ‘n les en boikot hulle.

Republikein in die Wes Kaap ·

Al wanneer werknemer en werkgewer sal ophou om al hul belastingverpligtinge na te kom is in ‘n scenario van totale anargie. Almal sal staak. Ons is nog nie daar nie.

Vernon ·

Of dit geskrap gaan word of nie. Hulle het nog altyd als verniet gekry en sal dit verniet bly kry.

Danie ·

Dit sal n wonderwerk wees om van die ANCash ontslae te raak.

Di ·

DIE ANC wil geld bymekaar maak vir die honger dae wat voorle as hulle die volgende verkiesing verloor. Hulle maak nou soveel moontlik bymekaar terwyl hulle nog in beheer is. Wanneer hulle eendag uitgeskop word is die land totaal en al BANKROT. Kyk van skelm streke kan jy hulle NIKS leer nie, ken al die tricks in die boek

Nico ·

Julle kom dit te laat agter, dit het al begin in 1994 na die oorname.

Dirk ·

Suid-Afrikaners vergoed graag kundige en bekwame ministers vir hulle harde werk maar ongelukkig is sulkes maar moeilik om te vind (indien nie onmoontlik nie) in die huidige regering.

Francois ·

2021 verkiesing statistiek – 27 miljoen geregistreerd, en 17 miljoen het gaan stem. 10 miljoen het ANC gestem, en die res is opverdeel tussen 47 ander partye. As almal wat kan stem, van hulle agterente opstaan en die moeite doen om te gaan registreer en stem(vir minder partye), kan mens dalk die ANC uit beheer stem. Met syfers soos die genoem, sal ons met die volgende verkiesing maar in dieselfde posisie sit. En almal sal weer kla en kla dat niks gebeur, en die land sal verder agteruitgaan.

CHRISTINE ·

Die ANC verstaan nie wat demokrasie beteken OF dat hulle nie al die belastinggeld vir hulself mag hou of dat dit verkeerd is om dit te vat nie. En hulle hou net aan sonder om ‘n oog te knip. Mens wil nie immigreer nie maar die land blaas tans sy laaste asem uit. Ek kan nie sien hoe dit gaan regkom nie want hulle is mobster kriminele boelies en dis al wat hulle ken. Hoekom kan daar niks aan hulle gedoen word nie?

Paul ·

Terwyl ons gewone mense sonder water is, deur die vervalle paaie met skrikwekkende slaggate moet ry, gebrekkige of geen munisipale dienslewering, lewe die kaders soos konings salig onbewus van wat aangaan rondom hulle?

Willem ·

Mondi Gugunbele is eintlik reg…want al waar die ministers werksekerheid het is binne die stelende ANC bestel..WANT..hulle is almal onbevoeg , onbekwaam..geen ondervinding van wat hulle poste behels nie..en so aan….PFFFFT!

Strandloper ·

Gin regdenkende mens kan so optree nie…ons lees van hulle…

Papsak ·

Gee net vir our people n kepsie en n t.shirt en wereld is reg en stem maar weer vir anc

Veronika ·

Ek het vir 40jr belasting betaal en nou moet ek nogsteeds na my aftrede op my karige pensioen belasting betaal oor dit n sogenaamde rente inkomste is, sodat julle kaders in weelde kan leef en ons skaars kan bekostig wat ons nodig het om te oorleef!!!!!???

Yvonne ·

Geen verskoning wat die ANC bied kan ooit regstel wat hulle nog daagliks pleeg nie…..van die president tot op soolvlak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.