‘Skrikwekkende’ verwikkeling by Laerskool Schweizer-Reneke

Foto: Molaole Montsho//ANA

Die beheerliggaam van Laerskool Schweizer-Reneke is glo verbied om mense die skoolterrein te belet en beveel om betogers van veral die EFF en die SAKP op die skoolterrein toe te laat.

Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, sê dis “skrikwekkend” dat die polisie opdragte van politici aanvaar nadat die waarnemende hoof van die plaaslike polisiegroepering Woensdag die afstandbeheerder afgeneem het waarmee die beheerliggaam toegang tot die skoolperseel bestuur het.

Cameron beweer hy het gesê hy het opdrag by Sello Lehari, Noordwes se LUR vir onderwys, gekry om beheer oor toegang tot die perseel oor te neem sodat betogers vrylik toegang kan verkry.

Die skool is in die nuus nadat ʼn ouer ʼn foto in die sosiale media gedeel het wat kwansuis wys hoe ʼn onderwyseres haar klas volgens hul ras laat sit het. Die onderwyseres wat die foto geneem het, Elana Barkhuizen, is intussen deur die beheerliggaam geskors.

Lehari het Donderdag tydens ʼn marathonvergadering met ouers en ander belanghebbendes gesê hul voorlopige ondersoek is afgehandel. Hy het onderneem om Donderdag in die provinsiale hoofstad, Mahikeng, die skorsing van nog twee persone aan te kondig.

Sello Lehari Noordwes se LUR vir onderwys. Foto: Noordwes-regering

Cameron sê daar was Woensdag voor, tydens en ná Lehari se vergadering “ʼn groot gemors” by die skool. Dit was toe dat die polisie die afstandbeheerder by ʼn lid van die beheerliggaam afgeneem het.

“Hy het gesê hulle [die polisie] hanteer alles by die skool,” vertel Cameron. “Ons het ʼn bandopname waar hy sê die betogers moet by die skool kan inkom en die land behoort aan hulle.”

Cameron sê dié uitlatings van die polisie, wat nie veronderstel is op opdragte van politici uit te voer nie, maak AfriForum “baie bekommerd”. Hulle het die regsfirma Hurter Spies Ing. opdrag gegee om ʼn aanmaning aan die polisie te stuur waarin hy gelas word om te verseker dat die skool veilig gehou word, nie dat hulle beheer oor perseel sal oorneem nie.

AfriForum is ook bekommerd oor betogers se reaksie wanneer daar na Donderdag of Vrydag na verwagting aangekondig sal word dat Barkhuizen se skorsing opgehef word. Betogers het reeds Woensdag twee buitebande aan die skoolhekke gehang, maar dit nie aan die brand gesteek nie, vertel Cameron.

Nadat Lehari hulle toegespreek het oor wat in die vergadering gesê is en die bevindings in die voorlopige verslag, is hulle vreedsaam uiteen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

marco polo ·

Helaas, niemand het meer die murg in hul pype om die spul aan te vat nie. Dis net praat en dreigemente en regsaksies, maar niks gebeur nie en hulle kom weg daarmee en lag vir die witman wat magteloos is

Logika ·

Die laaste ding wat ons nou nodig het is die AWB om weer ‘n spektakel te maak.

Afriforum het nog altyd situasies op gepaste wyse met die nodige selfbeheersing hanteer.

Cherokee ·

Dik Daan, in my sitkamer het ek aan ‘n groep AWB-lede gesê, enige beweging van afhanklik is van een leier, is gedoem. Een van hulle wat homself voorgestel het met een af ander militêre rang, het gevra waarom ek so sê en wat ek daarby bedoel. Ek het gevra as Eugene Tereblanche uitgeskakel word, wie het hulle om die AWB oor te neem. Die groep het met verskillende name begin rondspeel en toe het die een wat gevra het wat ek daarby bedoel, gesê ek het hom tot nuwe insigte gebring. Op ‘n ander dag heelwat later het hy ontken dat hy so gesê het. ET is toe uitgeskakel en die AWB is geskiedenis.

Izak van Zyl ·

Die Boerelegioen is daar op die agtergrond. Ons wag dat hulle iets doen, Dan Kan u verwag dat ons nie hulle met handskoene gaan hanteer nie

Johan ·

Stem saam. Hulle maak nou of hul omgee. As hul “onkundige” ondersteuners stem vir hul is als reg maar dan vir 4 jaar daarna is dit geen krag,geen water,geen werk,geen kos geen alles…. maar stem sal ons stem

Wurmpie ·

Dit nie net staatkaping maar staatsgreep as dit so aangaan

Thomas ·

Ek neem aan as jy elders opneuk moet jy iets kry om jou belangrik te laat voel nie…

IK ·

En dan vra hierdie SAPD dat daar aangesluit word by hulle!!?? So by my kool . . .

JPV ·

Waar ook al die ANC, EFF en BLF húl bevind, volg wanorde, wetteloosheid en chaos….

Paul ·

As iemand nog getwyfel het in die ANC se optrede en dat hulle tog dalk na rede sal luister, hier is die antwoord. Nou is die vet éérs in die vuur, nevermaaid die padda stadig kook.

Hendrik ·

Daar is net een oplossing – eie skole en selfbeskikking. Laat die skoolfondsbetalende ouers hulle kinders uit die skool neem en brei die CVO skool uit.

Keelvol ·

As jy in die Kaap woon, stem Kaapse Party. Andersins Vryheidsfront.

Wayne ·

Korrek. Selfbeskikking. Indien jy nie selfbeskikking ondersteun nie, gaan stem vir wie jy wil as jy wil tydmors. Dit gaan niks verander nie.

Ja ne ·

Is maklik sit die kinders in CVO skole, alle ouers kan dit nie bekostig nie. Hulle is net te duur vir die ou wat net net genoeg geld het elke maand om te oorleef. As CVO skole goedkoper was, was my kinders verseker daar. So tot dan toe bly hulle maar in hulle skool. Gelukkig dank die vader het ons nog nie sulke probleme gehad nie.

Lea ·

Selfbeskikking sal werk want enigiets anders werk nie. Die chaos beweeg stede toe ook dan gaan die stedelinge dit ook besef.

Cornelia ·

U weet, as ons waarlik glo, dan weet ons tog dat God ons volmaakte getal is. Wie is meer as Hy. Hy werk uniek en met so min as ‘n handjie vol, om selfgeroemde magtiges te verneder voor die hemel en die aarde. Hou goeie moed en aanskou biddende Sy Wonderdade. Wie die onskuldige, skuldig verklaar en die skuldige onskuldig, hulle albei is ‘n gruwel in die oë vd HERE. Moenie na “getalle” kyk asof dit vir die Here ‘n probleem is nie. Min is genoeg vir Hom.

Snowball ·

As ek ‘n ouer was by dié skool, sou ek nie my kind aan hierdie chaos en potensieel gevaarlike situasie waar betogers deur polisie bygestaan word, blootstel nie. Hele skool moet tuis bly. Kinders en onderwysers kan nie slaansakke vir politici word nie. Òf ouers moet self toetree en fisies teenwoordig wees om hulle kinders veilig te hou.

N Lourens Reitz ·

Barkhuizen is nie deur die beheerliggaam geskors soos wat nou hierbo berig word nie. Dit is juis waarom haar skorsing ongeldig is.

KittyKat ·

Stem volhartig saam. Niks gee hulle die reg om kinders so te traumatiseer nie.
Plaas hulle dit soos ordentlike grootmense aanpak. Ek sal in elke geval eerder my kind by die huis laat sit voor ek hom aan sulke optredes en omgewing blootstel

verbitter ·

hierdie is die staat wat nou beheer van alles oorneem. Waar in die lewe kan jy dink dat die Regering (SAPD) nou aan die betogers toestemming gee om op die skool terrein te gaan. Dis ongetwyfeld dat die regering nou hul steun aan die EFF en SAKP gee en hul optrede steun. Dit spreek boekdele. Ek wonder of daai kinders nie na daai skool gestuur is met die doel of hoop dat iets kan gebeur vir hul boendoe politiek. Dit het nou gebeur wat hulle voor gehoop het om te gebeur.

Sarel ·

Hulle beskerm dan die misdadiger, laat dossiere wegraak,pleeg self misdaad, vertraag afhandeling van sake sodat klaer moed opgee en nie verder hofverigtinge bywoon nie en dan word sake terug getrek of beampte daag op dag van verhoor nie by hof op nie en word saak uitgegooi verder word dake soos besetting van grond uitgerek tot dat bewoonbare strukture opgerig is en dan word klaer gewys dat slegs n hofbevel die saak kan oplos wat die reeds sukkelende eienaar finansieel kan uitroei. Hierdie mense se planne is onuitputbaar.
Ander en sterker optrede word nou n dringendheid ons is aan onsself uitgelewer.

Tiaan ·

Sluit eenvoudig die hek met ‘n ketting en slot.
Een van daai “high tensile” kettings wat nie met ‘n “bolt cutter” geknip kan word nie.

Caroline ·

As ek ‘n kind of kinders nog in die skool gehad het sou ek hulle nie skool toe gestuur het nie. Hoekom sou ek my kind(ers) se lewens in gevaar wil stel. Tyd om ons kinders self te onderrig. Laat hulle die skoolgeboue vat en verwoes soos hulle wil ten minste betaal ons hulle dan nie om dit te verwoes nie. Daar sal dan ook geen RASISME kan plaasvind nie.

Skerpioen ·

Soos ons almal weet vang die ANC EFF BLF lekker bolie aan. Maar hulle sal nie erken hulle het verkeerd opgetree nie. Selfs al bevestig die hoogste hof wat ons reeds weet en dis dat die Juff onregverdig beskdig is,sal nog die ANC of EFF of BLF en selfs die DA of die verdomde SAPS erken hulle was verkeerd nie. Na hoeveel jare se wanbestuur is al wat skuld kry ‘die blankes en apartheid’. Nog nooit gehoor dat hulle sedert 1994 vir enige iets jammer gesê het nie.

Ben ·

Met ander woorde – Die skool kinders se veiligheid is nou in die gedrang gebring deur die die onverantwoordelike politikus. Identifiseer die persoon en le die nodige klagtes sodat die onbevoegte politikuste verwyder kan word. Suid Afrika het hulle nie nodig nie.

Hilda ·

Onthou dat meerderheid van hierdie betogers weet nie werklik wat aangaan nie. Hulle kan nie lees nie. Hulle het n foto gesien nou maak hulle n storie op. Gaan tekere en wil MAG he. Maar gaan vra hulle wat is die probleem? Hulle gaan n ander storie vertel. Hulle soek net aandag en wil in die nuus wees. Ignoreer hulle en kyk hoe dood loop die storie. Gee aandag en hulle raak histeries.

Engelq ·

Die EFF, BLF en ANC wil die skool afbrand. N punt bewys. En die polisie help hulle.

Ek dink steeds dat die Ouers en kind met voorbedagde rade ingeskryf is in die skool om chaos en rassegeding te begin.

Anoniem ·

Brutus – ‘n Georkestreerde plan, ‘n skaakspel – LUR (ons weet wat gaan gebeur SOL. gaan hulle skaakmat – interessante paar dae wat voorlê)

1+1 ·

Stem met jou saam Waarheid1. Die skoolgeboue en die terrein behoort aan die staat. Dis ‘n skaakmatposisie waarin ‘n mens jou bevind.

leser ·

wie was die eerste etniese groep in suid – afrika gewees in om en by 6 april 1652, glad nie eff, blf, anc, ens.,

Anoniem ·

Brutus – ‘n Georkestreerde plan, ‘n skaakspel – LUR (ons weet wat gaan gebeur SOL. gaan hulle skaakmat – interessante paar dae wat voorlê)

Onnie ·

Wanneer di regering en di polisie ons veiligheid bedreig raak ek bekommerd. Miskien moet ons almal maar boggerof en hulle los dat hulle vergaan in Afrika.

Jannie Frauendorf ·

Hierdie gemengde klasse gaan nog baie probleme veroorsaak. Mense moet begin klas gee in privaat wonings. Miskien in motorhuise. So 20 kinders per klas.

PJC ·

Ek hoop hierdie is ń “wake up call” vir die wat nog dink dit gaan goed in hierdie land en dat hulle die polisie en die regstelsel asook CR en sy aanhangers kan vertrou. Dan is daar nog diegene wat dink hulle kan met die ANC onderhandel oor goed soos onteiening van plase. Ek wonder soms of die mense dink hulle bluf enigiemand behalwe hulself.

Se maar net ·

Ek glo nie die berig nie en maak dit af as fopnuus. Indien dit waar sou wees sou die beheerliggaam saam met Ian n media verklaring uit gereik het. Ek dink die beheer liggaam het die ‘remote’ vrywillig oorhandig en vir Ian hierdie sopstorie vertel. In daai geval hoop ek Mnr Cameroen het onmiddelik alle ouers in kennis gestel van die nuutste verwikkeling.

Riana ·

Ek dink ook ‘n alternatief vir die hele debakel is tuisonderrig – versprei kinders tussen ‘n paar sentra. Een junior groep met een klasjuffrou en ern senior groep met onderwysers/esse wat roteer en klashulp deur ouers . Met rekenaars en ouerhulp kan groot groepe geakkommodeer word en kostes laag gehou word.

Kerneels ·

Soos ek.verstaan het die DA juigleier doe hele gemors begin. Hulle dink as hulle se hulle hou nie van witmense nie gaan swart mense vir hulle stem. Maar nou wonder ek hoekom stem witmense vir hulle. Hulle beleid van BBEEE vat die kos uit ons monde. Wil witmense gestraf word vir iets wat hulle nie kan verander nie of is hulle maar net martelare.

Hercules ·

stenig my maar, maar die hele herrie het begin by ‘n whatsapp boodskap en foto

toe ek Sub A toe is was daar nie selfone of tv nie en alles het baie goed afgeloop!!

Anoniem ·

Ja Hercules dit het by ‘n foto en whatsapp begin maar wat deur ‘n ouer misbruik is.

ANNA ·

BID…Vader se VREDE + Laer van Sy beskermingsengele toe,rondom die laerskool,elke kind,personeellid,ouer en inwoner…my ou heimat verdien nié dié konflik nie!
DALK Ñ GOEIE IDEE om álle foto’s, summier te verbied by skole van leerlinge waar geen vooraf toestemming by ouers verkry is

Cornelia ·

@Hercules, dit is soos jy sê. Vele kommentators het dit ook al beklemtoon. Hoe anders sou SR se 2019 nie verloop het, as die “aas” nie uitgegooi was nie. Dis haai kos. In sulke “waters” begeef geen verstandige mens hom nie. Maak nie saak wat die “goeie” bedoelinge was nie. Dit vra onderskeiding en takt.

Amanda'Lee ·

Wansinnige daad wat geen sin maak! Kinders hou moed jou juf sal weer terug keer! Sy is onskuldig en geboelie deur raspers!♡♡♡

Dirk ·

Mense mense kan julle nie sien wat is besig om te gebeur nie. Maak oop julle oe asb
Begin met paraatheid in jul eie omgewings en sit strukture in plek om al die dinge te absorber.Self beskiking moet plaas vind en ons sal moet begin hande vat met jou buurman en vriende. Ek wil nie n doem profeet wees nie maar die tekens is hier en die skrif is teen die muur.Gaan lees op wat het ander mense sover gedoen bv die Suidlanders (Ek is nie n lid ) maar ek het al hul goed gaan oplees en dit wat hulle doen maak sin ,hulle is paraat en sal nie met hul broekke op hul knie gevang word nie.Ek glo in God en ons hemelse Vader en ja ek bid vir ons land en sy mense en vra vir vrede maar did nie te se ek moet agteroor sit en niks doen nie.Ek wil ook nie n oorlog maak teen enige mens nie en wil ook nie iemand sien swaar kry nie maar die tyd is hier dat ons moet opstaan en saam se genoeg is genoeg.

Marlize ·

As daar enige iets met die kinders en onderwysers gebeur sal die wat toestemming gegee het volle verantwoordelikheid moet aanvaar daarvoor. Hier is dit net weer ‘n bewys dat daar glad nie omgegee word oor die kinders se veiligheid nie. Ek hoop regtig dis fopnuus soos ‘se maar net’ genoem het. Ek kan regtig nie sien hoe geleerde mense sulke belaglike besluite kan neem nie.

Sit word dan net erger!!! ·

Ons het dan gebid en nou word dit net skrikwekkend erger. Miskien het die ander ook gebid en hulle gebede is verhoor? Iedergeval sterkte en mag hierdie hele debakel spoedig tot ‘n einde kom vir almal se onthalwe.

Naskrif: Bly asseblief ver weg van sosiale media en moet geen foto’s van jouself nakend of ten volle gekleed of van ander nakend of ten volle gekleed op sosiale media laai nie. Ook geen foto’s wat op die oog af heel onskuldig lyk nie. Veral nie fotos wat onskuldig voorkom nie. Ook geen foto van julle langs die braaivuur nie daar mag dalk net ‘n voice note attached wees en dan word jou huis afgebrand.

Sarel ·

Ons het gebid ja, maar het ons verander of gaan ons maar net voort soos altyd, kyk net hoe stenig ons mekaar in die media. Jy moet bid, jouself verootmoedig, vergiffenis smeek en dan gaan lewe soos God dit wil he.
Sondag was die kerke weer leeg.

Hendrik ·

Bid en doen, Handtjies vou gesit gaan nie meer help nie. Hier by ons sal die manne so gou soos nou optree as daar enige bedreiging wees. Die manne in die woonbuurte moet maar ‘n bietjie hulle agterente lig.

Tilla ·

‘n Onderwyser word van rassisme beskuldig en geskors sonder behoorlike bewyse. Hierdie betogers , die polisie, die LUR ens wat oop en bloot tekere gaan, wat is hulle anders is hulle nie die aanblasers van rassisme. Hoe gaan daar teen hulle opgetree word. Maak en breek soos hulle wil en kry eerder TV dekking en gaan voort met hulle aanhitsing en beledigings ens.

Sarel ·

Dit is duidelik dat die regering ons toets om te sien of ons sal optree, daarom al hierdie gebeure, hulle wil konfrontasie afdwing en die NW is die idiale Provinsie daarvoor. Staal uself vir nog baie meer, moet nie Cogliny vergeet nie, hier was hulle onsuksesvol en moet dus weer probeer.

Stripes ·

Wees rustig. Die anc sal nie weer vir lank so kan aangaan nie. Ons is een van die dae ‘n sjinese-staat en hulle stel korrupte persone in die openbaar tereg

Mariana ·

Ouers moet ten alle koste hul kinders beskerm. Dit gaan my verstand te bowe hoe enige persoon dit kan goedkeur dat ‘n spul betogers ‘n skoolterrein kan betree. Dit is uiters onverantwoordelik. DA, EFF, BLF en ANC dit is duidelik dat hulle die optrede goedkeur en bevorder……sies hulle gebruik kinders vir hul siek doel en nie net wit kinders nie maar alle rasse.

Wigte en Teenwigte ·

Ek onthou nog FW se belofte van eie skole / eie universiteite. Nou hardloop daar betogers op skoolgronde rond – met die LUR en polisie se goedkeuring. Dit is baie laat in die dag.

Magda ·

Interessant dat die LUR gisteraand op Kyknet se nuus gesê het dat ons moet reg wees.. daar gaan Vrydag nog 2 mense by dieslefde skool geskors word? En in Maroela se berig hierbo wil dit blyk dat die juffrou se skorsing opgehef kan wees teen Vrydag?

Wilma ·

Jesus bly in beheer. Paar taxi ongelukke en ali insittends sterf. Hieroor het ANC EFF BLF gn beheer. Pasop indien God storms stuur

Penellope Jones ·

Snaaks dat die “”regering”” so stil is . . . . . . .

Elizabeth ·

Ek hoop nie Solidariteit gaan een enkele een van die boelies skotvry laat kom nie. Maklik omagterna jammer te sê en die skorsing op te hef, maar die skade is gedaan. Dagvaar elkeen in sy persoonlike hoedanigheid en laat Elana ten minste die res van haar lewe die geld geniet. Haar integriteit is aangetas, die kinders is getraumatiseer en akademiese tyd is vermors.

Kultuur ·

Tyd dat al ons onderwysers uit skole onttrek word en tuisonderrig gee vir ons eie kinders, salarisse en omstandighede sal baie beter wees. . Laat die res maar self opsnork met hul ongekwalifseerde onderwysers. Hoe kan jy jou arme kind in n skool plaas waar hy nie eens enige taal behalwe sy eie moedertaal verstaan nie? Hoe moet daardie onderwyser regkry om hom te leer?

Q. X. Viljoen ·

Van wanneer af kan die LUR opdragte gee, soos die toegang by die skool vir betogers, en die polisie voer maar sy opdragte uit? Is die LUR ‘n polisie-offisier wat die wet toepas, of is die polisie-lede net “oningelig” oor wat DIE WET bepaal?

eben ·

waar is die 70 + pappas van die laerskool?. sit hulle en kla by die huise?. wanneer ga hulle tot aksie oor en forseer die terrein binne??

Rina Kotze ·

Wat op aarde soek die mense wat niks met die skool en sy bedrywighede te doen het nie, nog op die terrein???

Dis ‘n skool, kinders moet leer, gaan kampeer buite die hekke!!!

Jammer, bestuur van die skool is ruggraatloos.

Dis my beskeie mening

marietjie ·

Het iemand al vir die onderwyseres gevra hoekom die kinders apart gesit het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.