‘Skuldig’, hoor Jansen van Vuuren

Gerhard Jansen van Vuuren in die Palm Ridge-landdroshof (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Gerhard Jansen van Vuuren is Maandag in die Palm Ridge-landdroshof skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade asook aan aanranding.

Volgens regter Ian Cox het Jansen van Vuuren voorbedagte rade gehad toe hy sy gewese meisie, Andrea Venter, in 2011 in die Sibaya Sands-veiligheidskompleks in Lonehill, Johannesburg, vermoor het.

Hy is ook skuldig bevind vir die aanranding van Thulani Ndlovu, ʼn veiligsbeampte wat die oggend van die moord by die kompleks aan diens was.

Jansen van Vuuren is in Desember 2011 in hegtenis geneem nadat hy die 25-jarige Venter buite haar woonkompleks doodgesteek het.

Andrea Venter (Foto: Verskaf)

Jansen Van Vuuren het egter in Mei 2013, vier dae voordat sy moordverhoor sou begin, met vervalste reisdokumente uit die land gevlug.

Interpol het destyds ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik voordat Jansen van Vuuren in Augustus 2013 deur Brasiliaanse owerhede in hegtenis geneem is vir die vervalsing van dokumente. Hy is egter in 2015 vrygelaat nadat hy ʼn vonnis vir die misdaad uitgedien het.

Hy is in Junie 2020 weer opgespoor en in hegtenis geneem voordat hy in Oktober 2020 eindelik aan Suid-Afrika uitgelewer is om op tuisbodem tereg te staan vir die moord op Venter.

Hou Maroela Media dop vir meer oor die uitspraak.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Annelize ·

HALLELUJAH!!!!! Mag hy lewenslank gevonnis word, alhoewel die doodstraf meer gepas sal wees.

Oom Dries, julle gebede vir geregtigheid is verhoor, ek is saam met julle dankbaar.

Niklaas ·

Hierdie kerel moet nooit weer as vry man by die gevangenis perseel uitstap nie.

Rooikopheks ·

Almal het geweet hy is skuldig behalwe hyself. Ek hoop sy siel word getreiter dag en nag oor wat hy gedoen het.

Frank ·

4 maande vir uitlewering, terwyl kenners bespiegel dit kan jare vat voor Gupta’s uitgelewer word en in ons howe verskyn

melaney ·

Wat die guptas, zumas en die hele spul betref, verwag ek glad nie dat een van hulle ooit ‘n oranje pak sal dra nie. Maar daarna ……

KatjieDeKat ·

Wees tog net bly geregtigheid geskied vir n gruwelike moord!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.