Slag teen perlemoenstropery by Plett

Die perlemoen is sowat R700 000 werd. (Foto: SA Polisie)

Die polisie het ʼn slag teen perlemoenstropery op Plettenbergbaai geslaan en beslag gelê op perlemoen ter waarde van sowat R700 000. Drie verdagtes is boonop aangekeer.

Lede van die polisie se seegrenseenheid, die blitspatrollie, SANParke, wetstoepassers van die Bitou-munisipaliteit en ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy het saamgewerk om die stropery te stuit en het Woensdagaand in ʼn bos naby die Crags toegeslaan. Daar het hulle drie mans en ʼn groot hoeveelheid perlemoen aangetref.

“Twee van hulle het te voet gevlug, maar hul vryheid was van korte duur nadat die span hulle ingehaal het. Die polisie het die verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op 2 973 eenhede perlemoen, asook duiktoerusting,” sê sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder.

Die drie verdagtes, onderskeidelik 25, 32 en 36 jaar oud, is steeds in polisieaanhouding. Hulle verskyn na verwagting later vandag in die landdroshof op die dorp op aanklagte van die onwettige besit van perlemoen.

Die perlemoen is aan die departement van landbou, bosbou en visserye oorhandig.

Lt.genl. Thembisile Patekile, Wes-Kaapse polisiehoof, het die span geloof vir hul waaksaamheid.

“Die beskerming van ons lewende mariene hulpbronne is van die grootste belang in die provinsie, veral vir die ekonomie. Die ingrypings sal voortduur as deel van ons gesamentlike pogings om die onwettige oes en smokkel van ons mariene hulpbronne langs die kus te stop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Blue eye ·

Ons mariene het meer sulke mense nodig om toe te slaan. Onwettig is onwettig hoop die gereg word geskiet hier en dat hulle wat dit geoes het gaan sit.

Cherokee ·

Ek sou met jou saam gestem het as hulle ter wille van bewyse die nodige gedoen het (video’s, foto’s ens) en die perlemoen terug gesit het in die water om te oorleef. Hulle het dit egter nie gedoen nie, so dit waarmee die stropers begin het, het hulle afgehandel. Geen bewarings motief dus.

Shakespeare ·

Wat gaan die SAP doen met die enorme fonds ? GROOT VRAAG !!!

FM ·

dit is ook my vraag.
word hierdie sukses herhaaldelik toe te skryf aan die oes wat daarmee gepaard gaan?

korrupsie op korrupsie.

ek vra maar net

Samuel ·

Dit is aan dept. Bosbou, Seevisserye en Landbou oorhandig.

Di ·

Goeie werk! Net jammer dat die hierdie spul weer binnekort op borg vrygelaat sal word en aangaan hiermee. Ons veg ‘n verlore stryd teen stropers in die land, net te veel van hulle in ons land

Chris dupreez ·

Mooi so, maar wat van die anc wat shell wil toelaat om die seelewe aan die oos kaapse kus te vernietig, dit kom op dieselfde neer.

Perdeby ·

HOe meer hulle toeslaan hoe meer stroop hulle. Ongelukkig gaan ons nooit ontslae raak van al die onwettige stropers nie, en dit is alles to by renoster stropers.

Samuel ·

Stropers het net te veel wetstoepassers in die sak. Gaan kyk by Gansbaai.

Janee ·

Suksesstorie!….maar eers gaan daar geëet word dat die sous spat…..

Elizabeth ·

Geen borg moet toegestaan word nie. Die straf moet swaar wees. Die tempo waarteen ons natuur gestroop word neem toe met rasse skrede en die diewe moet ñ les geleer word en n voorbeeld van gemaak word.

casper ·

Well done SAPS maar more is hulle uit op borg en oormore dan duik hulle netjies verder !!!

Oljetter ·

Ek verstaan nou nie mooi nie…volgens die berug het die wetstoepassers die stroping voorkom, dan sê dit weer daar is beslag gelê op n groot hoeveelheid perlemoen. Hoe het hulle dit voorkom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.