Duisende mense het Donderdagaand in Reigerpark, Boksburg, saamgekom vir ʼn roudiens vir Taegrin Morris, die vierjarige seuntjie wat kilometers ver langs sy ouers se gekaapte motor gesleep is.
EWN berig Mondli Gungubele, die burgemeester van die Ekhurhuleni-munisipaliteit in die Oos-Rand, raadslede en polisiebeamptes was van die mense wat die roudiens bygewoon het.
Taegrin was Saterdagaand saam met sy ouers en sussie (8) in Reigerpark, waar hulle vir sy ouma gaan kuier het. Drie mans het die gesin se Volkswagen Golf genader en hulle gedwing om uit die motor te klim. Sy been het egter in die babastoeltjie se gordel verstrengel geraak toe sy ma hom wou uithaal, en die kapers het met hom weggejaag. Taegrin is vir ongeveer 8.5km ver langs die motor gesleep. Die kapers het daarna die motor langs die pad gelos en gevlug. Taegrin was toe reeds dood.
Hy word Saterdag begrawe. Niemand is nog in verband met sy moord in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle vervolging van die kapers kan lei.
Lees ook:
Sleepdood: “Taegrin wou ʼn ingenieur geword het”
R100 000 vir sleepdood-kapers
Kind se sleepdood “harteloos”, wys misdaad is “buite beheer”
Belonings vir Gauteng-kapings
Vierjarige sterf toe kapers hom buite kar sleep
Wens ek kon daar wees maar ek het swart aan vir die klein engeltjie. Dink en bid vir die familie en vriende. Rus in vrede Taegrin. Al die pad hier van Secunda, Mpumalanga mense.