Slim vang sy baas met gekaapte voertuig by polisiestasie

(Foto: Verskaf)

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn gekaapte voertuig by die polisiestasie in eMalahleni (voorheen Witbank), Mpumalanga, geparkeer het.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, het die verdagtes die polisiestasie se perseel Dinsdag omstreeks 10:30 in ʼn wit Toyota Hilux- dubbelkajuitbakkie betree. Dié bakkie is in November verlede jaar in Diepsloot, Gauteng, as gekaap aangemeld.

“ʼn Lid by die gemeenskapsdienssentrum het die voertuig gewaar. Die persoon het agterdogtig geraak oor die insittendes wat steeds in die geparkeerde voertuig bly sit het,” sê Mdhluli.

“Die lid het ondersoek by die voertuig gaan instel, waarna die bestuurder uit die voertuig geklim en gevlug het.”

(Foto: Verskaf)

Die ander twee insittendes is daar en dan in hegtenis geneem en dit is vasgestel dat dit die gekaapte voertuig van Diepsloot is.

“Die bestuurder het later die dag – omstreeks 14:00 – teruggekeer na die polisiestasie met die hoop om met die voertuig weg te ry. Min het hy geweet dat die polisie vir hom gewag het. Hy is by sy aankoms by die polisiestasie in boeie geslaan.”

Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die eMalahleni-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ʼn gekaapte voertuig. Verdere ondersoek sal vasstel of nog klagte teen die verdagtes gevoeg sal word.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het almal betrokke geloof vir hul waaksaamheid, wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

bolletjie blom ·

Dit is nou goeie nuus. Dankie vir die persoon wat so wakker was.

Kokerboom ·

Toon net hoe blatant rowers geword het. Parkeer voor polisiestasie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.