Sluiting van inmaakfabriek kan ‘ekonomiese ramp’ wees

Honderde werksgeleenthede is in die gedrang weens die moontlike sluiting van die aanleg. (Skermgreep: Tiger Brands)

Die sluiting van die Langeberg- en Ashton-fabriek – die grootste in Suid-Afrika en een van slegs twee vrugteinmaakfabrieke in die land – kan ʼn sosio-ekonomiese ramp vir die streek beteken.

Tiger Brands, aan wie die fabriek behoort, het sy werkers, produsente en kliënte vroeër vandeesmaand ingelig dat hy begin het met ʼn 60 dae lange konsultasietydperk met die oog daarop om die fabriek op Ashton, ʼn klein Wes-Kaapse dorpie, te sluit.

Die wêreldklas-fabriek speel ʼn kardinale rol sodat Suid-Afrikaanse ingemaakte vrugte ’n nisposisie in die wêreldmark kan beklee. Suid-Afrika is volgens produksie een van die sewe top-inmaakvrugtelande ter wêreld, en die fabriek bring honderde miljoene rande in buitelandse valuta in.

Produsente het reeds die Wes-Kaapse en nasionale regerings gevra om in te gryp en hoëvlakvergaderings vind plaas.

Agri SA sê gegewe die noodsaaklike bydrae van die aanleg tot die nasionale en provinsiale ekonomie, moet die regering bystand verleen deur met die partye saam te werk om belegging in die fasiliteit te fasiliteer.

Tiger Brands het aanvanklik twee jaar gelede besluit om hom aan dié fabriek te onttrek.

In daardie stadium het ’n konsortium van 160 produsente met die maatskappy begin onderhandel om die fabriek te bekom, maar benodig nog tussen R200 miljoen en R300 miljoen om die transaksie te beklink.

Agri SA sê egter Tiger Brands se aankondiging plaas die produsente in ʼn haas onmoontlike posisie: Hulle moet die geld binne minder as 60 dae bekom. Sonder ondersteuning van die regering en samewerking van Tiger Brands sal die produsente se inisiatief misluk en die gevolge sal katastrofies wees.

Die inmaakfabriek is al vir langer as 70 jaar in bedryf en verskaf vrugte vir Tiger Brands se KOO-handelsmerk, sowel as internasionale handelsmerke soos Silverleaf en GoldReef. Die fabriek het aanvanklik bestaan ​​uit twee afsonderlike fabrieke wat deur die produsente en ’n plaaslike entrepreneur besit is.

Tiger Brands het hierdie fabrieke daarna gekoop en gekonsolideer.

Die fabriek verwerk hoofsaaklik taaipitperskes, Bulida-appelkose en Bon Chretien-pere afkomstig van sowat 2 250 ha boorde.

Die vrugte is spesifiek vir inmaak in die Klein-Karoo-, Ashton-, Robertson-, Bonnievale-, Breërivier-, Wolseley- en Ceres-gebied aangeplant. As die fabriek sou sluit, sal ongeveer 300 boere geen alternatiewe mark vir hierdie vrugte hê nie, aangesien die ander vrugte-inmaakfabriek in Suid-Afrika, wat deur die Rhodes Food Group besit word, reeds volle kapasiteit bereik het. Hierdie boere sou die boorde moet vernietig.

Poste in gedrang

Die uitwerking van die aankondiging word reeds gevoel. Arbeidsmakelaars sê hul spanne sit reeds tuis omdat produsente ná die Tiger-aankondiging opgehou het om te snoei.

Sowat 250 permanente poste en 4 300 seisoenale poste op die hoogtepunt van die seisoen gaan volgens Tiger Brands geraak word.

Benewens fabriekswerkers verskaf die fasiliteit werk aan duisende plaaswerkers in Ashton en produksiestreke. Net meer as een permanente werkgeleentheid word met elke hektaar vrugteboord geassosieer en 2 250 permanente plaaswerkers se lewensbestaan ​​is nou in die gedrang. Bykomende seisoenale arbeid word gebruik vir wintersnoei, uitdunning, somersnoei en oes.

Die Langeberg- en Ashton-fabriek is die grootste enkele bron van inkomste vir die Langeberg-munisipaliteit en die fabriek word bestempel as die lewensondersteuning van die Ashton-gemeenskap. Agri SA waarsku daarsonder staar ʼn ekonomiese ramp die gemeenskap in die gesig.

Hoop op oplossing

“Agri SA is bekommerd dat die sluiting van die fabriek ’n sosio-ekonomiese ramp vir die streek sal wees, met rimpeleffekte regdeur die waardeketting. In ’n tyd waarin werkskepping en ekonomiese groei broodnodig is vir die instandhouding en herstel van die nasionale ekonomie, kan die landbouverwerkingsektor nie hierdie sluiting bekostig nie,” sê Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA.

Hy sê Tiger Brands moet saam met produsente en fabriekswerkers onderhandel oor die beste moontlik oplossing.

Van der Rheede sê ook met die Landbou- en Landbouverwerkingsmeesterplan, wat onlangs bekend gestel is, is dit belangrik dat die regering sy kant bring om dié belangrike werkgewer in die Wes-Kaap te ondersteun.

ʼn Boer van die streek sê hulle hou moed, maar daar is toenemende kommer oor die toekoms.

“ʼn Mens glo en jy hoop altyd. Die uitwerking is geweldig. Ons het nog perskes, maar wat van almal in die fabriek wat hul werk kan verloor?

“Ons glo daar gaan uitkoms wees en ons moet aangaan. Almal hoop nog op ʼn oplossing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Petrus Albertus ·

MM, kan julle dalk bietjie lig werp rakende die redes waarom die fabriek, met so ‘n uitsoek nismark, nie vir Tiger Brands winsgewend genoeg is om te behou nie?

Miena ·

So beteken dit ons gaan dalk nie meer KOO geblikte perskes kan kry nie? Ek weet niks van die tipe fabriek bestuur nie maar ek is seker ek sal met my Risiko en Veiligheids Kwalifikasies, agtergrond en werkskennis dalk die fabriek aan die gang kan hou met ondersteuning van huidige werkers en boere.
Wat gaan aan met Tiger Brands dat hulle sto stuk stuk hul belange van afstand doen?

Delia ·

Neeee. Daardie fabriek kom uit my kinderjare. Iemand moet ingryp asb

marius ·

Waneer maatskappye soos TB hul vingers begin uitrek moet jy weet die koeel is lankal deur die kerk .

duiweboer ·

Dit is so jammer maar ek Vra, as die aanleg so Baie geld inbring, wat is die rede om dit te sluit?

Piet parys ·

Alles wat werk moet tot niet gemaak word. . Regerings beleid

Jannie van Niekerk ·

Vakbonde en stakings en natuurlik onderkorpporaal Malema en sy hooligans wat die plek probeer oorneem en die ekonomie wil vernietig. Hulle naam is nie verniet Economy Fail Forever nie.

Delia ·

Paar jaar terug is 51% van TB aan n Keniaanse sakeman verkoop wat volle beheer oorgevat het.

Swerwer ·

Waarom wil Tiger Brands nou onttrek na al die jare? Iewers ruik ek ‘n rot.

Jacobus ·

Ons en dit is die boere ingesluit, moet glad nie staatmaak op regerings hulp in die Weskaap nie. Die ANC wil he die Weskaap moet swaarkry omdat dit die enigste provinsie in die land is wat werk. Ek het egter slegte nuus vir hierdie KOMMUNISTIESE ANC , JULLE SAL NIE SLAAG IN JULLE DOEL NIE. DIE WESKAAP SAL FLOREER NA N BETER PROVINSIE. ONS MOET NET KAN AFSTIG VAN DIE RES VAN DIE LAND!!!

Manie ·

Om die een of ander rede blyk dit dat die DA nie baie ingenome oor afstigting en totale onafhanklikheid is nie, anders sou hulle dit al baie sterker gedryf het.

gatgogga ·

Wat afstigting aan betref – vergeet van die DA. Die DA is ‘n politieke party en hulle wil verkieslik die hele RSA regeer, en nie net die Wes Kaap nie. Meer geld in hulle eie sakke as hulle die hele land se begroting kan beheer.
Vir afstigting, gooi jou gewig in agter enige van die organisasies wat hulle uitsluitlik vir afstigting beywer.

Niklaas ·

Dalks was daar wanbesteding en sulke probleme , wat sinoniem is met daaglikse bedrywighede in hierdie land van ons.

Annamarie ·

Agge Nee!!! Gaan die vrugte nou ook ewe skielik, ingevoer word van Rusland of Oekraine, en dan betaal die verbruiker n arm en n been?? Pateties!!!!!

Francois ·

Het Tiger Brands geen redes verskaf hoekom hulle die fabriek wil sluit nie? As hulle dan nie meer plaaslike geblikte vrugte uit hulle eie fabriek gaan kry nie, waar gaan die produkte dan vandaan kom? Hierdie tipe besluite word gewoonlikgeneem om aandeelhouers gelukkig te maak, nie omdat dit goed is vir die ekonomie nie.

DJ ·

Op Bonnievale het Tiger Brands ook die Werda beet fabriek verkoop. TB is besig om sy besigheidsmodel te verander. Die wêreld het baie gesondheidsbewus geword en die Koo produkte val nie in die gesondheids kategorie nie en verkoop nie meer nie.

Gato ·

Dalk het die ANC se drakoniese arbeidswetgewing ook iets daarmee te doen. Dink bietjie minimum lone, BEE, Employment Equity en die feit dat dit omtrent onmoontlik is om ‘n werknemer te ontslaan want dan brand die vakbonde en EFF mos alles af wat voorkom. Wetgewing en die arbeids omgewing in SA maak dit nie maklik vir enige onderneming nie.

Hannelie ·

Dis eintlik baie hartseer. My pa het jare vir Tiger Brands gewerk in die Noord-Kaap en Limpopo.
Sterkte aan die betrokke werkers en hul gesinne.

Jennifer ·

Maar wat is die rede waarom Tiger die aanleg wil sluit?
Die boere kan dalk die aanleg koop en aandeelhouers wees.
Of die groot kruidenier winkels.

Frank ·

Hoekom maak Tiger Brands die fabriek toe, maklik, as die Keniaanse sakeman gekoop het en 51% besit, het die regering hom waarskynlik omgepraat om toe te maak sodat die boere hulle plase moet verlaat en die regering daarop kan beslag le.

Jannie van Niekerk ·

Hou die fabriek oop op voorwaarde dat:
1. Alle vakbonde lewenslank verban word op die fabriek se perseel en in die streek
2. Indien enige persoon of politikus die wopord “Staking” gebruik, sluit hom vir 5 miljroen jaar toe al is dit die bevelvoerder 0nderkorporaal van die onopgeleide rooi soldate

Andrew ·

Ek hoop die konsortium besluit mooi oor werknemers , anders sal hy val. TB se sluiting , met die van Escort in Polokwane is n direkte gevolg van rasse wette najaag . Produksie = betaaling. Nie betaaling = groei op iemand se rug nie.

Andrew ·

Dit is maar wat gaan gebeur. Wat by Clover gebeur het gaan die wiel net vinniger laat begin draai soos die enlightened begin harloop vir die lughawe. Vir sekere gaan die val groot wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.