Só lyk beurtkragskedule tot Woensdag

(Foto: Du Preez de Villiers)

Fase 3- en fase 4-beurtkrag sal hoofsaaklik tot Woensdag toegepas word met verskeie opwekkingseenhede wat nie beskikbaar is nie weens herstelwerk.

Fase 3-beurtkrag het om 05:00 Maandagoggend begin en sal tot 16:00 geld waarna fase 4-beurtkrag ingestel sal word en tot 05:00 Dinsdagoggend sal geld. Fase 3-beurtkrag sal dan weer toegepas word tot 16:00 Dinsdagmiddag.

Fase 4-beurtkrag geld dan weer tot 05:00 Woensdagoggend waarna fase 2-beurtkrag van 05:00 tot 16:00 ingestel sal word. Fase 3-beurtkrag sal hierna ingestel word en tot 00:00 Woensdagaand geld. Volgens Eskom sal verbruikers op hoogte gehou word indien enige noemenswaardige veranderinge plaasvind.

Twee opwekkingseenhede by die Arnot- en ʼn eenheid elk by die Camden-, Duvha- en Kendal-kragstasie is sedert Saterdag buite werking gestel om herstelwerk te doen. Daar is ʼn vertraging om ʼn eenheid elk by die Kendal- en Lethabo-kragstasie weer in diens te stel terwyl ʼn eenheid elk by die Duvha- en Lethabo-kragstasie weer in werking gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit is wat gebeur wanneer jy huidige benaadeelde kundiges viktimiseer en ontslaan onder die vaandel van seb ,stel die kundiges aan ongeag ras of kleur en skrap enige vorm van diskriminasie.

Piet ·

Kan ons nie by een fase bly todat die herstel werk gedoen is nie, mens moet die heeltyd bereken en kyk watse fase ons is!

piet ·

Dis wat ek van die begin af gese het. Almal raak op hol met hierdie gedurige mediavrystellings. Hulle moes een groot aankondiging net na De Ruyter se aanstelling gemaak het. Iets soos; die kragvoorsieningstelsel is in gevaar. Ons sal vir die volgende 2-jaar deurlopend herstelwerk en opgraderings moet doen andersins gaan die netwerk ineenstort. Fase 2 kragonderbrekings sal met onmiddellike effek ingestel word wat sal beteken dat u krag elke dag vir minstens 2-ure sal af wees. Skedules van die vooraf vasgestelde tye per sones wanner u krag sal af wees, sal vrygestel word sodat u u dag kan beplan. Ons sal elke 6 maande ‘n vorderingsverslag bekendmaak. Was dit nou so moeilik gewees?

Nettie ·

‘n Baie logiese vraag, Piet. DUS, die vraag moet dan volg, HOEKOM nie? Hoekom word dit op hierdie manier gedoen? My antwoord is…. dis duidelik beplan, dus duidelik vir optimale stres en chaos.

Casper ·

Ek is geneig om saam met Piet te stem.Jy kan hoegenaamd nie beplan nie.Vyfuur in die oggend tot half agt en dan vyf uur in die middag tot half agt.Wanneer maak jy kos vir jou skoolgaande kinders.Mammas met babas wat moet gevoel word.Kan eskom regtig nie ander tye kies nie.

Piet 6 ·

Die probleem is juis dat daar te veel krag vanaf 5 tot 8 in die aande gebruik word en dit is waarom die hoër fases daardie tyd geld.

piet ·

Piet 6 – maar dit sou nie noodwendig nodig gewees het indien hulle van die begin af elke dag fase 2 ingestel het nie. Daar is genoeg kapasiteit om aan die kragvoorsiening te voldoen as genoeg eenhede inwerking is. Wat ons nou het, is dat verskeie eenhede gelytydig buite werking is.

Piet 6 ·

piet, ek stem 100% saam met jou. As die hele krag krisis van die begin af reg bestuur was, was dit nie nodig om nou verskillende fases op kort kennisgewing in te stel nie.

Feit is van 5 tot 8 word die meeste krag verbruik.

Casper ·

En dan wil Ramarama tannie met die kopdoek hoof van die ramptoestand maak,miskien is dit goed dan hoef hulle nie beurkrag toe te pas nie want daar gaan nie krag wees nie.

Papsak ·

Kopdoek is n ramp want stel ramptoestant in want sy koer seker weer paar rand dit al wat sy sien so asb hou haar hier uit asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.