Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Dinsdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 8 436 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 17,8% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 1 761 066 te staan.

Minstens 12 270 842 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (64%), gevolg deur die Wes-Kaap (7%), Noordwes (6%), Vrystaat (6%) en KwaZulu-Natal (5%).

Nog 208 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 58 087 te staan.

Altesaam 1 616 405 (91,8%) persone het reeds herstel.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 1 415 hospitaal-opnames en 157 persone wat in die hospitaal gesterf het. Daar is tans 8 359 Covid-19-pasiënte in 652 staat- en privaat hospitale.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevallePersentasie
Oos-Kaap37020051711.4
Vrystaat4641078976.1
Gauteng543351448629.2
KwaZulu-Natal44234407819.5
Limpopo143677323.8
Mpumalanga237861704.9
Noordwes523828784.7
Noord-Kaap215551103.1
Wes-Kaap60930219817.2
Totaal84361761066100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelBevestigde gevalle
Oos-Kaap11708187030200517
Vrystaat460093860107897
Gauteng11793463068514486
KwaZulu-Natal10585326867344078
Limpopo25176363267732
Mpumalanga14888247086170
Noordwes21487117882878
Noord-Kaap12674550455110
Wes-Kaap11981282796302198
Totaal5808716164051761066

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pietertjie ·

Kom ons kyk of daar oor twee weke ‘n beduidende afname in nuwe infeksies is. Dit sal die uitwerking van inperkings-regulasies wys.

Jan ·

Gevalle en sterftes word nou vreesgedrewe, deur inperkings, propaganda en armoede wat angs aanwakker en so die immuniteit aftakel.

johann ·

Ek sou graag wil weet hoe die % per provinsie en die totale % bereken is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.