Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 14 312 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 21,6% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 2 666 964 te staan.

Minstens 15 887 454 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van KwaZulu-Natal (29%), Wes-Kaap (27%), Oos-Kaap (12%) en Gauteng (10%), gevolg deur Vrystaat (6%), Mpumalanga (6%), Noord-Kaap (4%), Noordwes (3%) en Limpopo (2%).

Nog 289 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 78 983 te staan.

Altesaam 2 418 988 (90,7%) persone het reeds herstel.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 605 hospitaal-opnames. Daar is tans 13 800 Covid-19-pasiënte in 664 staat- en privaat hospitale.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap1694251248
Vrystaat850140769
Gauteng1468895801
KwaZulu-Natal4198446897
Limpopo326117763
Mpumalanga868138979
Noordwes482138745
Noord-Kaap59875796
Wes-Kaap3828460966
Totaal143122666964

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap1337322472913146251248
Vrystaat612812005114590140769
Gauteng1834286291214547895801
KwaZulu-Natal1289537676257240446897
Limpopo37581105763429117763
Mpumalanga18061305796594138979
Noordwes347111755317721138745
Noord-Kaap189966795710275796
Wes-Kaap1731140903134624460966
Totaal7898324189881689932666964

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

gatgogga ·

Natal – die gevolge van die brandstigting en roof fees.

Francois Le Cochon ·

@Atta. Ignorering van regulasies. Vol restuarante en samekomste.

Martie Smartie ·

Ek vergelyk Australie se sterftekoers van covid met SA sn en bereken dit per 100 000 van die onderskeie bevolkings. In Aus is dit 4 en in SA is dit 138. Lyk my mos die ANC en sy onderdane (die publiek wat hom steun) doen ‘n wonderlike joppie om die pandemie aan die gang te hou en hom te melk so lank hulle kan. Met als sy voortdutende aandklokreels, inperkings, belaglikhede, nonsens en vernietiging van baie bedrywe al vir amper 18 maande sonder ophou, is die sterftekoers in SA steeds amper 35 maal hoër as in Aus. Put that in your pipe and smoke it Cyrril ini mirrel

Thom ·

Dit is baie strenger in Aus en meer mense werk saam , daarom werk dit .

Atta ·

Kom ons bring bevolkingsdigtheid in die prentjie: Suid Afrika het 49 mense per vierkante kilometer. Australië het 3 mense per vierkante kilometer. Dit alleen wys al klaar dat daar ʼn baie groot verskil in infeksies sal wees tussen die twee lande.

piet ·

Absoluut Atta – Sosio-ekonomiese omstandighede speel ‘n groot rol. Dan kry ons natuurlik ook 1ste wereldlande wat in die begin van die pandemie laks was soos VSA en Brittanje en kyk net hoe lyk dit daar. Ons situasie sou ook erger gewees het as ons maatreels nie so streng was nie.

Elzabe ·

Voorstel : skep n lys van persone wat teen ineting is. Indien die persone dan wel siek word, moet hulle weggewys word om mense te help wat wel ingeent is. Is mos maklik : hoekom noodsaaklike medikasie op hulle spandeer. Daar is mense wat alles volgens die reëls doen en indien hulle siek word, behoort hulle voorkeur behandeling geniet.

Thom ·

Verhoog gewoon die wat inenting weier se mediesefonds bydraes __ risiko is hoër agv eie besluite .

Jan ·

Ons is permanent omring en deurspek met patogene (virusse en bakterieë) en ons lewe hang van hulle af. Die ernstigheidsgraad van ons respons op skadelike patogene word nie deur die tipe patogeen bepaal nie maar wel deur ons immuniteitsvlakke. Weens angs wat kunsmatig verwek word is die wêreldbevolking se immuniteit op sy laagste vlak sedert 1918 en vinnig besig om te verswak, want vreesgedrewe angs laat die probleem eskaleer. Dis ‘n katastrofiese maar mensgemaakte bose kringloop van enorme omvang.

Pim die Skim ·

Niemand weet of hierdie statistieke reg nie, dit sal die china virus meer perskeksie plaas, sou ons ook die statistieke kry van die mense wat dood is as gevolg van die panoriese strewe om die dodelike inenting te verkry. Dit sal goed wees om die statistieke te kry van die nuwe gevalle van longsiektes (lug besoedeling), nuwe gevalle van diabetus, mense wat oorlede is van hierdie siektes en die selfdood wat die gevolg is waanbestuur (onbevoegtheid) van die covid “pandemi” en hoeveel nuwe gevalle van hartaanval, beroertes, long siektes, diabetes, mense siek geword het of dood is van die inenting en selfdood as gevolg van wanbestuur van die china virus. Ek wonder net of daar nie ander pandemies is wat nie in pas by die eenwêreldorde agenda nie.

Anoniem ·

Vertel bietjie meer omtrent die eenwereldorde se agenda, sal graag meer wil weet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.