Só lyk vooruitsig vir beurtkrag

Argieffoto (Pixabay)

Fase 3-beurtkrag sal Vrydagmiddag van 16:00 toegepas word tot Saterdag om 05:00. Daarna sal verskillende beurtkragfases oor die naweek toegepas word.

Eskom het gesê weens verbeterde kragopwekkingskapasiteit en die laer aanvraag oor die naweek, sal fase 3-beurtkrag tot Saterdagoggend om 05:00 toegepas word.

Fase 2-beurtkrag geld daarna tot 16:00.

Die kragvoorsiener sê hy monitor deurgaans die kragstelsel en sal inligting oor aanpassings aan die beurtkragskedule verskaf sodra dit nodig is.

Onbeplande kragonderbrekings staan tans op 13 461 MW, insluitend die vertraging om ʼn eenheid by Hendrina-kragsentrale aan te skakel. Die kapasiteit vir beplande instandhouding staan op 7 321 MW.

Sowat 2 100 MW sal na verwagting teen Maandagoggend weer in diens gestel word. Eskom-spanne werk onverpoosd om seker te maak dat dié bykomende kragopwekkingseenhede so gou as moontlik in diens gestel word.

Eskom se beurtkrag-vooruitsig vir die spitstyd in die aand is 26 290 MW. “Ons sê dankie aan elkeen wat reageer op ons versoek om elektrisiteit spaarsamig en doeltreffend te verbruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Duck ·

As Eskom “goeie more” sè, moet ons eers gaan kyk of dit dag of nag is want hul is almal self verskriklik deurmekaar!

KB ·

Eskom lieg en bedrieg, die minister sê elke week ʼn rympie op.
Die ANC is kniediep innie bollie want niemand glo/vertrou iets wat hul sê/belowe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.