Soektog duur voort ná man in Vaaldam verdwyn

(Foto: NSRI)

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se soektog duur voort na ʼn Zimbabwiër wat oor die naweek in die Vaaldam verdwyn het.

Jake Manten, NSRI Vaaldam-stasiebevelvoerder, het gesê sy span is Saterdagmiddag om 17:45 ontbied na berigte ontvang is van ʼn man wat in die Vaalrivier verdwyn het, ongeveer 35 km van die NSRI-reddingsbasis in Deneysville aan die Vrystaat-kant.

“Die NSRI Vaaldam, die SAPD en ʼn duikeenheid van die polisie het reageer. Ondanks ʼn omvattende soektog was daar geen teken van die 30-jarige man van Zimbabwe nie. Die man het vermoedelik gegly voor hy in die rivier verdwyn het.”

Die duikeenheid van die polisie het Sondag verder tevergeefs na hom gesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos Nel ·

Hy het seker op die Vaaldam se sluis muur gestaan en toe in die Vaalrivier beland….waar die Vaalrivier in die Vaaldam inkom is slegs n stilstaande spruit…..

Obserweer ·

Dus nie iets nuuts dat lykke in ons drinkwater opeindig nie. Hoop die man word spoedig gevind.

Gert ·

Daar was in die ou dae ‘n monster in die Vaaldam, soort van soos die Loch Ness monster, maar ek het lanklaas van hom gehoor, dink hy’t reeds geemigreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.