Soektog hervat na ma, twee kinders by Heroldsbaai

Heidi Scheepers se kinders het saam met haar verdwyn.

Die polisie het Donderdagoggend teen dagbreek sy soektog na Heidi Scheepers en haar twee kinders, wat sedert vroeg Dinsdagaand vermis word, voortgesit.

Scheepers (35), haar dogtertjie (6) en seuntjie (2) is Dinsdag omstreeks 18:00 die laaste keer lewend in Heroldsbaai gesien waar hulle verby die gesin se winkel, die Heroldsbaai Kafee, gery het.

Die drie was in ʼn grys Volkswagen Caravelle met die registrasienommer CAW 66036.

Heidi Scheepers (35).

Scheepers se man, Ettienne, het hulle enkele ure later, nadat hulle nie huis toe gekom het nie, as vermis by die polisie aangemeld.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het gesê soekspanne het intussen op ʼn paneel van ʼn voertuigdeur afgekom. Daar is egter nog géén bevestiging dat dit dié van die vermiste bussie is nie.

ʼn Reddingshelikopter fynkam die omgewing uit die lug, polisieduikers is ontplooi en reddingspanne fynkam die grond in die omgewing. Pojie het gesê hoogwater bemoeilik die soektog in dié stadium.

Die soekspanne konsentreer steeds op die Voëlklip-omgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Helena ·

Dit is so hartseer. Dink so aan die families deur hierdie moeilike tyd. Julle is in ons gebede. Glo en vertrou dat die mamma en haar 2 kiddies gevind sal word.

Johan Etz ·

Die eerste sin in berig moet seker lees; “….Die polisie het Donderdagoggend……”, anders lyk dit na ou nuus?

Jerry B ·

Sterkte bid vir hulle veilige terugkeer maar iets rym net nie hier nie. Kan dalk my verbeelding wees. Ses uur verby die winkel gery en 8 uur as vermis aangemeld

Ai Tog ·

My senuwees kan dit nie meer hou nie, ek dink die heeltyd aan hulle en hou die nuus in spanning dop vir moontlike updates. Ek hoop werklik hulle is lewend, hierdie is ‘n baie hartseer voorval. Sulke pragtige kindertjies ook.

Hartseer ·

Kry haar ouers so jammer, hulle het hul dogter asook hul twee oulike kleinkinders verloor.Hoe hartseer.

Francois ·

Ek het n video gekyk van Kapt. Poje wat se dis nie meer n soektog nie maar n herwinning.
Hulle het blykbaar die voertuig gevind en die taak nou is om die voertuig meganies te herwin en te kyk of daar enige slagoffers in die voertuig is.

Mikefg ·

So wat was die laaste selfoon toring wat haar foon vanaf gebounce het en laaste oproepe kyk dan ook na naby betrokkenis en selfoon aktiwieteit

Johan Etz ·

Wrak van voertuig is herwin, lyke van kinders is nog binne gevind….ai SO hartseer einde…..

Mads ·

Hierdie gaan nie mooi wees nie.

Arme arme kinders.

Here wat gaan aan met ons mense?

Wilmari ·

Is daar enige kans wat hulle miskien ‘n tracker in die kombi het? Dink dit sal kan help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.