Soektog na vermiste lewensredder uitgebrei

(Foto: ANA)

Die soektog na die vermiste lewensredder wat die naweek in die see naby Muizenberg verdwyn het, duur voort.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê lede van die polisie se duikeenheid en lugvleuel het Maandag ’n helikopter ingespan om met die soektog na die man te help.

Lede van die polisie het die gebied al langs die kus van Mnandi-strand tot by die hoofstrand in Vishoek met vierwielmotorfietse en 4×4-voertuie gepatrolleer. Die soektog het in dié stadium egter nog niks opgelewer nie.

Die man het Saterdag van ʼn reddingslee afgeval wat deur ʼn jetski gesleep is toe lewensredders ʼn sweefskiër wou bystaan wat naby St. James-strand in die moeilikheid beland het.

Lewensredders van Muizenberg het net voor 15:00 gereageer op die oproep oor die sweefskiër. ’n Senior lewensredder het die jetski bestuur en ʼn ervare lewensredder was op die reddingslee.

Hy het egter tussen 50 m en 100 m van die kus af van die reddingslee afgeval en in die water verdwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Plaaskind ·

Baie hartseer – hy het sy eie lewe in gevaar gestel om iemand anders te probeer red. Ek hoop hulle vind hom. Sterkte aan sy familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.