Marc May, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in St. Francisbaai, sê die vermiste man het laat Saterdagmiddag saam met twee ander mans in ʼn kano op die rivier geroei toe dit omgeslaan het.
“Die twee vriende het alarm gemaak nadat hulle daarin kon slaag om die kant te bereik. Hulle is nie beseer nie.” Duikers van die NSRI het teen laat Saterdagaand nog die rivier gefynkam en die soektog is Sondag voortgesit.
“Die polisie se honde- en reddingseenheid is ook op die toneel en help met die soektog. Die polisie se duikeenheid is ook in kennis gestel,” sê May.