Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sê die ANC van oudpresident Nelson Mandela is saam met hom dood.
Lees meerAlles vir Sondag 6 April 2014
Man aangerand en met klippe doodgegooi
ʼn Man in sy 70’s is in Dzumeri buite Giyani in Limpopo aangerand en met klippe doodgegooi.
Driejarige kritiek na taxi hom tref
ʼn Driejarige seuntjie is in ʼn kritieke toestand nadat hy Sondagoggend op die N14 naby Tarlton buite Krugersdorp deur ʼn minibustaxi raakgery is.
Nagenoeg R50 m op presidensiële mediese eenheid spandeer
‘n Totaal van R48,5 miljoen is sedert 2009 op die presidensiële mediese eenheid (PME) spandeer, het die DA Sondag gesê.
VF Plus: ‘Voorstel oor plase onwerkbaar’
Die Vryheidsfront Plus sê Gugile Nkwinti, minister van Landelike ontwikkeling en grondsake, se voorstel dat kommersiële boere helfte van hulle plase vir hul werkers gee, is onwerkbaar en ondeurdag.
Soektog na vermiste man voortgesit
Die soektog na ʼn 45-jarige man van St. Francisbaai in die Oos-Kaap wat in die Kromrivier vermis geraak het, is Sondag voortgesit.
Talle vasgetrek in teenmisdaad-operasie
Die polisie in Johannesburg het 41 verdagtes vir verskeie oortredings in hegtenis geneem tydens ʼn teenmisdaad-operasie oor die naweek.
Vyf in hof oor kaping
Vyf mans wat in hegtenis geneem is in verband met die kaping van ʼn vragmotor sal Maandag in die Mankweng-landdroshof in Limpopo verskyn.
Talle betogers vas oor plundering
Twintig mense is in hegtenis geneem tydens diensleweringsbetogings in Maake naby Burgersdorp in Limpopo.
OVK-werknemers dreig glo om te staak
Werknemers van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) dreig glo om te begin staak as adv. Pansy Tlakula, beleërde voorsitter van die OVK, nie voor die verkiesing op 7 Mei uit haar pos verwyder word nie, berig City Press.
Malema wil taks uitsort om in parlement te kom
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), probeer glo om sy belastingrekening te vereffen ten einde nie verbied te kan word om parlement toe te gaan nie, berig die Sunday Times.
Plaaswerkers kan helfte van plase besit
Plaaswerkers op kommersiële plase kan moontlik helfte van die plase besit volgens ʼn nuwe voorstel wat deur die regering oorweeg word, berig Rapport.
SA vrou vas in Thailand oor dwelms
ʼn Suid-Afrikaanse vrou is by die Suvarnabhumi-lughawe in Bangkok, Thailand in hegtenis geneem vir dwelmsmokkelary.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Patoloog getuig eerste
ʼn Patoloog sal Maandag die eerste getuie wees wanneer Oscar Pistorius se verdediging sy saak begin stel in die Paralimpiese atleet se moordverhoor in die hooggeregshof in Pretoria.
Alle politici is korrup sê vrou aan Zille
ʼn Vrou geklee in ʼn T-hemp met president Jacob Zuma se gesig op het aan Helen Zille, leier van die DA, gesê sy gaan vir die ANC stem aangesien hulle korrup is.
Vrou dood, 17 beseer in botsing
ʼn Bejaarde vrou is dood en 17 mense beseer nadat ʼn minibustaxi en ʼn bakkie in Bhomela aan die KwaZulu-Natalse suidkus gebots het.
Gedagte vir die dag: Sonde laat sy spoor
Romeine 5:15b – Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die…