Solidariteit dreig met regsaksie teen WVF

(Foto: Facebook)

Solidariteit het vandag die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) met regsaksie gedreig indien die WVF nie dringende stappe doen om betalings aan werklose lede behoorlik en betyds af te handel nie.

“Ons is ten volle bewus van die feit dat die huidige pandemie ʼn buitensporige beperking op die arbeidsmag geplaas het, en dié onvoorsiene uitdagings het die aantal werkloses en aansoekers, wat aansoek doen om werkloosheidsvoordele en finansiële verligting, verhoog,” sê Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit. “Dit is egter met groot kommer dat ons kennis neem van die feit dat die WVF slegs weens administratiewe onoplettendheid op die laaste werksdag van Mei aansoeke vir uitbetalings in daardie maand begin aanvaar het en sodoende ’n onoorkombare agterstand in die uitbetalings geskep het.”

Solidariteit verduidelik voorts dat dit lyk asof daar ’n drastiese toename is in die nienakoming van statutêre WVF-verpligtinge van werkgewers, met die bereidwilligheid van die WVF om hierdie nienakoming oor te sien.

“Die nienakoming, en veral die agterstand, skep onnodige finansiële swaarkry vir werknemers wat reeds finansiële spanning ervaar omdat hulle nie hul salarisse ontvang nie en nou word die uitbetalings van hul WVF-voordele boonop ook vertraag. Dit ondanks die feit dat werkgewers en werknemers lojale bydraers is wat hul eise in ooreenstemming met die voorgeskrewe tydraamwerke en prosedures indien,” verduidelik Van der Bijl.

Solidariteit sal regsaksie teen die kommissaris van die WVF en ander tersaaklike partye neem indien daar nie aan die vereistes voldoen word nie.

“Indien die leiers van die WVF versuim om hul statutêre en fidusiêre plig teenoor alle belanghebbendes na te kom, sal ons geen ander keuse hê as om voort te gaan met dringende regstappe teen hulle nie. Dit kan onder meer die proses van dringende hofprosedures insluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

marius ·

Dreig en howe help nie . Weerhou alle betalings van alle aard en dan vou almal . Punt .

Willem ·

Gister het die minister gesê binne 24 tot 48 uur gaan mense hul geld kry. Ons weet nou al dat hul nie kan tel nie maar kom ons kyk of sy woorde waar word. My kinders wag nou al amper ń maand en niks gebeur

Anel ·

Hulle voel niks vir die arm mense nie. Hulle kry mos vet salaris aan die einde van die maand.

Pieter ·

Hehe nog n grap moet se julle slim menisters laat ons elke dag lekker lag. Julle word baie betaal om die pebluk te vermaak.

Sarel ·

Gaan nie veel help nie die Politieke Leiers het nie gesorg vir voldoende personeel en tegniese hulpmiddeks om die werk te doen nie. 1 x mens en 1x rekenaar kan net soveel doen . Geen Hofbeslissing gaan hieraan iets kan doen nie

Sarel ·

Die Minister maak beloftes maar hulle hoef nie die werk te doen nie.

Yvonne ·

Alles wat die regering aanpak is n gesleep van voete…van die R350 per maand asook voedsel pakkette het vir meeste mense nie gerialiseer nie….ons kry daagliks oproepe van mense wat nie kos het nie uit die swartgemeenskappe…..hoe nou gemaak

Elize ·

Op die stelsel wys dat daar geld in die bank inbetaal is maar o wee – nêrens in die bankrekening kan sulke betalings opgespoor word nie. Nou trek almal net skouers op dat die gelde wel betaal is. Waar is dit en wie het dit onderskep? Mens kan sien dat dit deel van die rowers se planne is om geld in hul eie sakke te sit. Hierdie sponse kry net nie genoeg opgesuig nie en word nooit versadig nie.

Boortor ·

Hulle gaan appel aanteken dan is dit maar besigheid soos gewoonlik. Ons ken mos nou al die tricks.

Sê-mar-net ·

Ek besit klein pizza onderneming, my mense het einde Maart laas salaris gehad. 6 van die staf was middel April betaal, nog een einse April, nog 5 2 dae daarna, met nog 3 uitstaande (myself insluitend). Dit sluit NOG NIE Mei maand se gelde in nie! Dit maak my BOOS! Daardie arme mense het NIKS om van te leef nie. En WVF en regering(klaarblyklik ook) trek net skouers op en sê die betalings is goedgekeur! Niemand (so voel dit vir my) is bevoeg genoeg om ordentelike antwoorde/verduidelikings te verskaf nie.
Wens net ek het geweet WAAR en BY WIE om te gaan kla?!?!?

Erica ·

Ja en waar is die geld vir ons besigheid? 24 ~48 se voet man. Na 2md wat ons gesukkel het is dit goed gekeur, dis nou al n week en geen geld is in betaal nie. Die werkers is kwaad en praat van optog hou. Gelukkig is ons kant skoon, elke ding wat ons gedoen het elke oproep was hulle daar en weet wie nie hul kant bring nie.

Sarel ·

Die geagte Minister kan nie beloftes mask.nie hy/sy horf nie die werk te doen nie

Anoniem ·

As dit nie vir Solidariteit was nie was ons land noual in die modder begrawe!!! Doen so voort asb.!! Kotze

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.