Solidariteit gaan arbeidshofuitspraak in hoër hof teenstaan

Anton van der Bilj. Foto: Reint Dykema

Solidariteit oorweeg dit om die Konstitusionele Hof te vra om uitsluitsel te gee oor die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie (MRK) se verslag oor regstellende aksie. Dit volg nadat die arbeidshof in Johannesburg vandag bevind het dat die verslag op tegniese gronde nie as bindend beskou kan word nie en dus deur die staat geïgnoreer kan word.

Die MRK het in ʼn gelykheidsverslag bevind dat die Suid-Afrikaanse program van regstellende aksie nie aan die Grondwet en internasionale reg voldoen nie. Die verslag het ook aanbeveel dat die regering die Wet op Gelyke Indiensneming moet verander. Solidariteit het die arbeidshof gevra om die regering te dwing om te voldoen aan die aanbevelings nadat die regering versuim het om dit te doen.

Intussen het die regering aangekondig hy wil die MRK na die hooggeregshof neem oor dié menseregtewaghond se gelykheidsverslag.Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste, sê dit is jammer dat die arbeidshof nie uitsluitsel oor die kwessie gegee het nie, maar dit is egter bloot ʼn taktiese terugslag. “Die saak gaan hoogs waarskynlik in die Konstitusionele Hof voortgesit word.”

Hy sê die MRK se gelykheidsverslag is nie deur die arbeidshof ongeldig verklaar nie en die aanbevelings van die verslag is dus steeds geldend. Solidariteit beplan om volgende jaar weer die VN se komitee vir die uitskakeling van rassediskriminasie te nader om die saak op ʼn internasionale platform verder te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Humor ·

Dit is reg. Hoe het Cchurchill se kortste toespraak gelei:” Never give up. Never give up. Never give up.” Slaan die ambeeld tot die ambeeld self ingee.

Willem Grobler ·

Is dit nie ironies nie? Die wat die hardste geskreeu het oor rassediskriminasie gebruik nou elke moontlike slenter om dit teen witmense toe te pas. Al die mooi storietjies van nasiebou, gelyke regte en ubunthu is nét dit: stories.

Christa ·

Het ANC Hom Al ooit gesteur aan beginsels. Eerstens Weet hulle nie wat dissepline beteken nie. Hulle volgende hul die kop en Neem Niemand in Ag nie.

Al ·

Dankie Solidariteit vir jul voortgesette deursettingsvermoë. Aanhouer wen.

Johanna Botha ·

Hammer net op dit …die buiteland dink klaar dit is nie regverdig nie …en na 25 jaar …asb get with the program anc !

Solidariteit? ·

Solidariteit lyk altyd so nice en altyd daarop uit om punte te skoor by die publiek maar eintlik gee hulle nie ‘n fluit om nie en is als eiebelang.
My seun het 2 x aansoek vir ‘n pos by hulle gedoen, is 2 x genooi vir ‘n onderhoud en wag tot vandag vir ‘n boodskappie dat die aansoek blykbaar onsuksesvol was.
Mens kan tog seker die persone wat jy laat ry en inkom laat weet wat aangaan.
Julle seuns en dogters sal ook iewers aansoek doen vir werk, ek hoop regtig hulle word beter behandel!

Anoniem ·

Ek is onlangs deur ‘n onverkwiklike Section 189 episode by my werkgewer. Solidariteit het ‘n klomp van ons verteenwoordig wat hierdeur geraak is. Hulle verteenwoordig ook diegene wat hulle na die CCMA of arbeidshof wend. Ek het die grootste respek vir Solidariteit. As jou seun nie aangestel is nie, moet daar seker ‘n rede voor wees. Hy is dalk nie ‘n slegte kandidaat nie, daar was dalk net ‘n beter kandidaat as hy. Dis ook standaardpraktyk dat jy aanneem jy het nie die pos gekry as jy na ‘n sekere tyd nie terugvoer kry nie. Ek kan tussen die lyne aanvoel dat julle bitter graag werk wil hê vir jou seun. In vandag se tyd kan ek dit verstaan – werk is skaars. Mag hy spoedig ‘n aanstelling kry.

Judge Dredd ·

Ai tog, en jy verwag dat na 2x se aansoek hulle ‘n werk MOET he?
Ek moes ‘n hele paar dosyn CV’s in my lewe inhandig en het nog nooit werk by my eerste keuse gekry nie – such is life……….

Ander Koos ·

Aangeleentheid moet tot hoogste hof gevoer word, maar kanse op sukses baie min. Nou al bewese feit dat Grondwethof nie maklik teen regering uitspraak lewr t o v beleid. Dies brood mens eet, dies woord mens spreek. Konsentreer op die buiteland, V N en ander buitelandse druk het beter kans om hierdie onregverdige situasie/praktyk te stop. Sterkte, mag julle wen !

Ander Koos ·

Ek stem saam. Die konstitusionele hof is reeds ten volle getransformeer, wat beteken dat enige saak wat dalk “voorheen bevoordeelde” mense mag bevoordeel nie sal slaag. Ons grondwet beskerm ook slegs misdadigers se regte.

Tinus ·

Tyd vir WEE – White Employment Equity,
Net soos met die universiteit sal hulle skielik verward rondhardloop

Von ·

Skerp Tinus….jisse vir so klein nasie kan ons die appelkar lekker omkeer

carel ·

noem ons weglopers of net wat julle wil. my twee seuns met hulle gesinne het die land verlaat met agt grade. vav n BSc tot n DSc.
terugkom? na wat en hoekom? onthou net dat ons voorouers ook maar almal weglopers vanuit hulle stamlande was.

Robert ·

Carel: ek het 4 grade en ek bly net hier, gaan nie wegloop nie, en weet jy wat ek gaan ook boer, die grond kwessie maak my nie bang nie.

Jerry ·

Die verwikkelinge rondom die regering se versuim en voorneme om die MRK aanbeveling in die hooggeregshof ter syde te laat stel, is inderdaad n positiewe verwikkeling en genoegsame rede om te bly en nie te gly nie!

Ja swaer ·

Vir jou seker ja. Maar met min tevrede of net baie naief of albei

jan ·

Hulle het20 + jaar tyd gehad om regstellende aksie toe te pas.???? ek dink dit is nou hoog tyd dat alles weer gelyk is of hoe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.