Solidariteit verwerp raswet in ‘historiese noodkongres’

(Foto: Solidariteit)

Bykans 200 lede van Solidariteit se hoofraad het vandag – tydens die eerste spesiale nasionale kongres in dié organisasie se 120 jaar lange bestaan – die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming en gepaardgaande teikens verwerp. Steve Scott, president van Solidariteit, het dit as die “mees rassistiese wet ter wêreld” verwerp.

Met die aanvaarding van ʼn resolusie teen dié wetgewing het afgevaardigdes Solidariteit die amptelike mandaat gegee vir voortgesette litigasie, die indien van klagtes by verskeie internasionale forums, toepassing van verhoogde internasionale druk, algehele wettige protes en aanmoediging van die gemeenskap om die regering by die stembus te straf.

“Ons het ʼn mandaat om te veg, maar ons het ook ʼn mandaat om vinniger te bou,” verduidelik dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Dit is omdat ons ook ʼn ideologiese antwoord moet gee op die regering se toksiese kombinasie van sentralisering, verteenwoordigendheid, individuele gulsigheid en nutteloosheid onderliggend aan hierdie wetgewing.”

Bou alternatiewe bedeling

Volgens die aanvaarde resolusie is “die bou van ʼn alternatiewe bedeling” gegrond op die idee van gemeenskapsfederalisme wat van die grond af opgebou word, die beste antwoord op die rasvergrype.

Die Gemeenskapsantwoord teen die staat

???????????? ???????????????????????????????????????????????????????????????????????????? ???????????????? ???????????? ????????????????????Die raswet is bloot deel van ‘n groter bedelingsprobleem in Suid-Afrika. Onderliggend tot hierdie bedelingsprobleem is die ANC se ideologie van staatsentralisme, rasmalheid, gulsigheid en bloot nutteloosheid. Natuurlik beveg Solidariteit hierdie bedeling soos byvoorbeeld ons hofsaak teen die nuwe raswet. Ons groot antwoord is egter ‘n ander bedeling. ‘n Bedeling waar ons selfverantwoordelikheid neem. ‘n Gemeenskapantwoord anderkant die staat. Ons som dit op in die woorde: #OnsSalSelf. Stop die raswet. Klik hier: https://solidariteit.co.za/rasteiken/ ???? #SkrapDieRaswet

Posted by Solidariteit on Wednesday, June 14, 2023

Scott meen ook die “grootste mandaat van protes teen die wetgewing is die kreet van ‘ons sal self’”.

Volgens Hermann “skroom die regering nie om teen enige minderheid te diskrimineer nie” en “wil hy die mense van hul vryheid stroop”.

Solidariteit se boodskap aan die regering in ʼn neutedop is “wanneer die staat ons uitskop, skop die gemeenskap in”.

Die oogmerke van dié alternatiewe bedeling is om die gemeenskap in staat te stel om goed te kan werk en hul potensiaal te bereik deur self verantwoordelikheid te aanvaar, eerder as om afhanklik van die staat te wees.

“Die regering moet mooi verstaan ons gaan nêrens heen nie,” verduidelik Scott.

Resolusie se bepalings

Volgens die aanvaarde resolusie sal Solidariteit onder meer “die gemeenskap op groot skaal mobiliseer om mekaar in diens te neem”, in ʼn beroepsnetwerk “waardeur beroepsgroepe mekaar sal help om goed te werk” en met behulp van “die jongste tegnologie”.

Anton van der Bijl, Connie Mulder en dr. Dirk Hermann in gesprek oor die aard en impak van die regulasies (Foto: Solidariteit)

Die resolusie onderneem verder om die gemeenskap reeds van vroeg te bemagtig deur skoolkinders met beroepskeuses by te staan en opleidingsinstellings te help bou waarin die jeug kan studeer met die hulp van grootskaalse studiefondse.

Die resolusie verklaar om saam met die ander instellings van die Solidariteit Beweging, Solidariteit-lede spesifiek, en die Afrikaanse taal- en Afrikanerkultuurgemeenskap in die algemeen daartoe by te dra dat mense op alle gebiede vry, veilig en voorspoedig kan wees.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, meen selfbestuur is die enigste antwoord op staatsverval.

“Waar die regering vir mense sê ‘stem vir ʼn lewe’ sê ons vir mense ‘werk vir ʼn lewe’ en dit is wat ons vir mense moontlik wil maak,” verduidelik Buys.

Hermann sê ook dat elke mens ʼn bestaansreg het wat gekoester moet word.

“Dit sluit die reg om te werk in. Die regering wil daardie reg van ons af wegneem. Hulle regverdig dit met ʼn sogenaamde gelykheidswet wat niks minder is as die afdwing van ʼn kwotastelsel in die werkplek nie.

“Solidariteit kan dit nie aanvaar nie.

“Vir elke geveg wat ons teen onreg veg, lê ons twee bakstene in die bou van ons eie toekoms.”

Vir die eerste keer in Solidariteit se 120-jaar bestaan het ons hoofraad ‘n spesiale nasionale kongres byeengeroep. Die kongres kom vandag in Pretoria bymekaar om ‘n mosie rakende die nuwe raswet te bespreek. Die afgevaardigdes is werkers van alle bedrywe en vanoor die hele land. Indien die mosie aanvaar word sal dit ‘n mandaat gee vir litigasie, klagtes by internasionale forums, internasionale druk, wettige protes en meer. Stop die raswet. Klik hier: https://solidariteit.co.za/rasteiken/

Posted by Solidariteit on Wednesday, June 14, 2023

Hoef nie onreg te gehoorsaam

Buys het ook benadruk dat sakeondernemings nie die reg het om onreg te gehoorsaam nie.

“Die wet en ‘reg’ behoort onder normale omstandighede eintlik dieselfde ding te wees. Wanneer almal egter die wet oortree, kan die wet maar sê wat hy wil. In werklikheid weet almal egter dit geld glad nie meer nie.”

Volgens Buys wil maatskappye die wet oor die algemeen gehoorsaam, maar het die regering in hierdie geval net té ver gegaan.

Buys meen mense moet ophou praat van regstellende aksie omdat dit “ʼn propagandistiese woord is wat homself regverdig”, maar in der waarheid net ʼn harde raswet is wat teengestaan moet word.

Veg op elke forum

“Solidariteit sal [die wetgewing en teikens] op elke moontlike platform en tot in die hoogste hof beveg en ons sal seker maak die ganse wêreld is bewus van die onreg wat die ANC-regering teen landsburgers pleeg,” sê Hermann.

Die wetgewing sal na verwagting in September vanjaar in werking tree, met Solidariteit wat sy regstryd teen die wetgewing intussen op plaaslike en internasionale forums voortsit.

Hermann meen Solidariteit kan sy lede, ander werknemers en ondernemings nie aan die genade van die regering oorlaat nie.

“Dringende en besliste aksie is nou meer nodig as ooit, om die regering en sy magsvergrype te stuit,” sê Hermann.

Gerhard Papenfus en Flip Buys bespreek die wyse waarop besighede deur die wetgewing ontwrig word (Foto: Solidariteit)

Solidariteit en die departement van arbeid is juis volgende week in mediasie voor die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) oor die regering se ongenuanseerde toepassing van rassewetgewing op die arbeidsmark.

aanhangig te maak en hy verwag ʼn gunstige uitspraak wat verklaar dat die Suid-Afrikaanse regering VN-konvensies oortree wat deur die land geratifiseer is.

“Die krag hiervan lê vir ons eintlik op plaaslike vlak in die stryd teen rasregulasies. Dit is omdat internasionale konvensies in ag geneem moet word in die toepassing van wetgewing,” verduidelik Hermann.

Hoewel huidige hofstappe net vier klousules van die wysigingswet op gelyke indiensneming asook die regulasies betwis, meen Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit, die tyd word ryp om die Wet op Gelyke Indiensneming in sy geheel ongrondwetlik te verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Goldy ·

Gebruik dit en ook die Ukraniene probleem om by die wereld vir onafhanklikheidsgesprekkeondersteuning te onderhandel, en doen so gou.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die huidige geopolitieke omgewing is die perfekte venster vir dit.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit moet teen die tyd duidelik wees dat die regime begin voorberei vir ‘n eksklusiewe Afrikanistiese samelewing. Die ekonomie word voorberei om sonder minderhede te funksioneer. Die meerderheid word uitgesonder vir studies in professionele rigtings om leiding te neem. Dis seker ‘n sagter benadering as Idi Amin Dada s’n. Solidariteit moet mooi dink. Konsulteer wyer. Net 200 mense wat die Afrikaner se toekoms wil uitstippel is ietwat ambisieus. Hier is baie op die spel. Ons herhaal die geslote benadering wat al van 1838 gevolg is.Die situasie waarin ons nou is was die NP/Broeder gekonkel agter toe deure. Die meeste Afrikaners het in hulle geglo en vertrou met ons toekoms.

Frank ·

Erens het ek iets gelees van splinter in ander se oog maar balk in eie oog hmmm. Konsulteer wyer beteken seker met republikein van die kaap konsulteer oor drome van afstig sonder om hel te worry oor die miljoene wat nie in die kaap bly nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy het ‘n punt beet. In my onmiddelike omgewing hier is wittes die meerderheid en bruin in die wyer distrik, asook in die provinsie. Maar die meeste van ons dink wel dieselfde. Gemeenskapsfederalisme is van geen nut hier. Die “miljoene” wat buite die provinsie bly sal wel daarby baat vind, veral in Gauteng wat erg geraak gaan word, en eintlik magteloos is. Maar julle moet julle eie planne maak en daarvoor balkei. Dis nou elke ou vir homself. Jou ondersteuning vir ons vryheidsdrome word waardeer.

Carl ·

So jammer ons besigheidsmanne is so baie stil. Hulle kan hande neem met almal en teen die ANC opstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.