Sommige TUT-kampusse wéér gesluit

Uitsig oor die stad vanaf TUT se kampus in Pretoria-Wes (Argieffoto)

Drie van die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) se kampusse is weer Maandagoggend gesluit. Dit nadat daar ooreengekom is dat akademiese bedrywighede by alle kampusse vanoggend sou hervat.

Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, sê die kampus in Pretoria-Wes is weer vroeg vanoggend gesluit nadat betogende studente buitebande buite die kampus gebrand het. Die instelling se kampusse in eMalahleni en Ga-Rankuwa is intussen ook weer gesluit nadat protesoptrede ook hier opgevlam het.

Volgens De Ruyter is besluit om die kampusse eerder weer te sluit ter wille van personeel en studente se veiligheid. Dit is egter nie in dié stadium duidelik waaroor studente vanoggend ongelukkig is nie, aangesien vergaderings verlede week tussen die bestuur en studenteleiers byeengeroep is. Daar is ook gedurende dié vergaderings tot ’n vergelyk gekom, verduidelik de Ruyter.

“Aandag is aan al die probleme gegee wat aanleiding tot verlede week se protesoptrede gegee het en die studente was tevrede met die oplossings wat aan hulle gebied is.”

TUT stel nou ondersoek in na die jongste betogings.

Maroela Media het vroeër berig klasse is Woensdag opgeskort en kampusse gesluit weens voortslepende studentebetogings. Van dié betogings het gewelddadig geraak.

Studente was onder meer ontevrede omdat van hulle verwag word om historiese skuld te vereffen voordat hulle kan registreer vir die huidige akademiese jaar. Hulle is ook ontevrede oor die koste van studentebehuising en omdat hulle nog nie geld vanaf die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand vir Studente (NSFAS) ontvang het nie.

Die universiteit het toe ingestem om aandag aan spesifieke kwessies te gee, waaronder die opknapping van koshuise. Daar sal ook gekyk word na probleme met NSFAS en die TUT sal met die skema in verbinding tree oor kwessies wat nie binne sy beheer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rose ·

En dan seg hulle die tagtiger jare was erg met al die onluste.

SomeOne ·

jaag die optog gangers weg, hulle wil in elk geval nie studeer nie , net moeilikheid maak , hulle is met niks tevrede

Juliet ·

En nou is CPUT se klasse ook opgeskort… Dis onregverdig teenoor die studente wat WEL wil leer.

Nette ·

Dit gebeur as jy nie gewoond is om te werk vir wat jy regtig in die lewe wil hê nie, maar alles op ‘n silwer skinkbord aangebied word.

Nie Verbaas ·

Dit gebeur wanneer mense laat glo word dat dit hulle reg is. Alles word onregeerbaar.

Dries ·

Dis die EFF wat betoog. Hulle het reeds ‘n ‘verklaring’ uitgereik daaroor. Hulle is glad nie tevrede met die samesprekings van verlede week nie, want hulle was nie deel daarvan nie. So nou brand alles weer.

Werner ·

Hierdie is alles tekens dat die bevolking weet dat anargie net n hanetree ver is dus gee hulle nie om om klas te draf nie want hulle weet oor n maand of twee staan niks meer in die land nie

Michiel ·

Hulle leer mos vernietig van (groot)ouers tot kleinkinders. Byt die hand wat jou voer.
Waas is ons eie Swazilandje.. bewaakte grense dan is ons permanent verlos van die ellende.

Yolandie ·

My simpatie aan die leerders wat betaal en hard studeer wat so ontwrig moet word deur die masses wat alewig alles verniet wil he. Behoort julle te skaam julle selfsugtige misbaksels!!!!

Hannahoekom ·

TUT Pretoria Wes. My ou univetsiteit. Daardie kampus word altyd “ingeval” deur studente van omringende kampusse omdat daar n handjievol blanke studente op hierdie kampus studeer. Die kampus is blykbaar “wit” en word daarom geteiken. Ai, hoeveel kere moes ons nie voor betogende studente vlug nie… Het maar altyd my kar naby n uitgang parkeer. Hartseer. En so bleddie onnodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.