Sorgsentrumpersoneel dink flink toe rowers toeslaan

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die personeel van die Vredelus-kinder-en-jeugsorgsentrum in Elsiesrivier, Wes-Kaap, het inwoners betyds uit dié sentrum verwyder toe rowers Maandagaand daar toegeslaan het. Al die meisies wat in die sentrum woon is as gevolg van dié flink optrede ongedeerd.

Volgens die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap het ʼn groep gewapende mans omstreeks 22:00 die sekuriteitspersoneel by die ingang oorval om toegang tot die sentrum te kry.

Noodprotokolle is onmiddellik geaktiveer, en alle personeel en die inwoners is na ʼn sekondêre, veilige plek geneem.

“Die inwoners se ouers is oor die voorval ingelig. Die personeel en inwoners ontvang tans berading,” het die departement in ʼn verklaring bevestig.

Die departement het die personeel geloof vir hul vinnige optrede wat die veiligheid van die inwoners verseker het. Die personeel sowel as die inwoners het niks oorgekom nie.

Hierdie jongste voorval volg ná verskeie vorige rooftogpogings in Augustus. Rowers het probeer om toegang tot die fasiliteit te verkry deur onder meer heinings te knip.

Na afloop van hierdie voorval beraam die departement nou kort- en langtermynplanne om die sentrum se veiligheid op te skerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Dankie Vader niemand het seer gekry nie!!!

Klomp lafaards om weerlose ou mense te wil seer maak of dood maak! Verdomde goed kom áltyd in ‘n groep weet jy!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.