Sowat 100 000 tieners ingeënt

Foto bloot ter illustrasie. (Sergei Supinsky / AFP)

Net minder as 100 000 kinders tussen 12 en 17 jaar oud was teen Donderdag teen die koronavirus ingeënt, terwyl sowat 38% van die volwasse Suid-Afrikaanse bevolking nou minstens een dosis van die entstof ontvang het.

Kiesers wat eerskomende Maandag aan die plaaslikeregeringsverkiesing deelneem, sal hulle ook by tydelike inentingspersele in hul onderskeie wyke kan laat inent.

Só het dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, Vrydag tydens ʼn nuuskonferensie gesê waar hy opnuut ʼn beroep op landsburgers gedoen het om die inenting teen Covid-19 te ontvang.

Volgens die minister sal voorkeur aan die Johnson & Johnson-entstof Maandag by tydelike persele gegee word sodat mense net een dosis hoef te ontvang. Die Pfizer-entstof sal egter ook beskikbaar wees, hetsy of iemand dié entstof verkies of hul tweede dosis daarvan moet ontvang.

“Die grootste wapen teen Covid-19 is die inentingsprogram. Alle samekomsgeleenthede moet gebruik word om dié program te bevorder en aan mense die geleentheid bied om die entstof te ontvang.”

Phaahla sê hoewel die regering steeds mik om 70% van die volwasse bevolking teen Desember te laat inent, glo hy dat inentingsgetalle onder kinders (12 tot 17) ook sal toeneem sodra die eksamentydperk afgehandel is.

Hy het ouers aangeraai om hul kinders in dié ouderdomsgroep te laat inent sodat die meeste hoërskoolleerders al minstens een dosis van die Pfizer-entstof ontvang het wanneer die 2022-skooljaar afskop.

Volgens Phaahla is sowat 2,8 miljoen Covid-19-sertifikate tot dusver deur ingeëntes afgelaai.

“Die sekuriteit van hierdie sertifikaat sal oor die volgende maand verbeter word.”

Aansporings vir inentings

Die minister het verskeie aansporings aangekondig wat inentings op stemdag betref.

As deel van ʼn kompetisie het die kitskosrestaurant Nando’s 1 000 koepons van R500 elk vir gesondheidswerkers in elke provinsie beskikbaar gestel as motivering om die beste by tydelike inentingspersele te presteer.

Die taxidiens Uber sal ook op stemdag spesiale aanbiedings hê vir gesondheidswerkers in gebiede waar Uber ʼn diens lewer.

Verder sal daar verskeie kruideniersware-koepons van R100 beskikbaar gestel word vir mense ouer as 60 jaar wat in November vir die eerste keer ingeënt word.

Phaahla sê hy hoop nog maatskappye sal na vore tree om mense aan te moedig om die inenting te ontvang.

Infeksiesyfers stabiel

Phaahla het ook benadruk dat hoewel infeksiesyfers in die land tans “stabiel” is, moet Suid-Afrikaners steeds teen onverantwoordelike gedrag waak wat weer tot hoër infeksiekoerse – en gevolglik ook hoër inperkingsvlakke – sal lei.

Hy het gewaarsku dat groot politieke saamtrekke voor die verkiesing veral ʼn groot risiko kan inhou.

Phaahla sê sodanige saamtrekke is tot 2 000 beperk en dat politieke partye die verantwoordelikheid het om te verseker dat hul ondersteuners aan Covid-19-regulasies, soos die dra van maskers, voldoen.

Hy sê daar is nog nie skielike stygings in Covid-19-gevalle weens politieke veldtogte en saamtrekke opgemerk nie, hoewel Suid-Afrika eers ná 15 November sal uitvind of die land veilig deur die verkiesingstydperk is.

Maatreëls tydens verkiesing

Janet Love, adjunkvoorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), het ook tydens die konferensie oor die Covid-19‑voorsorgmaatreëls op stemdag gesels.

Volgens Love het alle stemstasies persoonlike beskermingstoerusting gekry en sal daar te alle tye streng protokolle van toepassing wees.

Daar sal ook weggooibare vullisdromme wees en ontsmettingsmiddels om oppervlakke by stemstasies te ontsmet.

As deel van die OVK se veiligheidsmaatreëls het Love kiesers aangeraai om hulle eie penne (swart) saam te bring – hoewel daar ook penne op die dag beskikbaar sal wees.

Mense sal oudergewoonte verplig wees om maskers te dra en word ook versoek om hul hande te ontsmet. Hierdie maatreëls geld ook vir die spesiale stemmery wat Saterdag en Sondag plaasvind.

Amptenare wat die spesiale stemmery behartig, sal ook aan streng maatreëls onderwerp word.

Hulle moet te alle tye maskers dra en sover moontlik ʼn veilige sosiale afstand hou, al is spasie in sommige wonings beperk.

Love sê dié amptenare sal ook alles in hul vermoë doen om aanraking te vermy deur byvoorbeeld nie aan kiesers se identiteitsdokumente te raak nie. Indien dit wel gebeur, sal hulle dadelik hul hande ontsmet.

Na afloop van die stemmery sal ink met ʼn weggooibare watte-oorstokkie op elke kieser se duimnael geplaas word, in plaas van met ʼn pen.

Dieselfde maatreëls sal Maandag ook by stemstasies toegepas word, asook wanneer stemme getel en uitslae gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Zacahara ·

Interessant: daar word in die berig gemeld dat reeds sowat 38% van volwassenes ingeënt is, wat eintlik 25,1% van die totale bevolking is. Volgens my info het die inentings ongeveer 18 Feb begin. Dus in 8 maande is 38% ingeënt. Ek wens die geagte Minister baie sterkte toe as hy dink dat daar binne net 2 maande (dus ‘n kwart van die tyd) ‘n addisionele 32% volwassenes gaan inent. As hy gesê het 6 maande of meer, sou ek hom eerder geglo het. Ek sou selfs so ver gaan om te beweer dat van die ongeëntes tans, ‘n groot % (dalk die meerderheid?) nog nie oortuig is om die entstof te neem nie. Dit maak natuurlik sulke doelwitte baie moeiliker haalbaar!!

Sluier ·

Ek worry meer oor die langtermyn gevolge. Ek sien dit is n meisiekind. Sy is nog klein, maar sy gaan nie klein bly nie. Hoe gaan dit eendag haar puberteit, hormonale vlakke, metabolisme, menstruele siklusse, vrugbaarheid en gesinsbeplanning beinvloed? Sal sy swanger kan word sonder om gebrekke, genetiese defekte of miskrame te baar? Hoe oud gaan sy word voordat kanker of orgaanversaking haar lewe neem? Ek worry langtermyn.

Leeuwyfie ·

Absoluut. Ek kan nie nou die naam onthou nie, maar ek onthou dat ‘n inenting onttrek is na 6 jaar agv ernstige langtermyn gevolge. Voor dit was dit getoets vir 7 jaar voor dit goedgekeur is vir menslike gebruik. Om hierdie op kinders te toets is uiters gevaarlik. Veral in die lig dat kinders se kanse op sterftes agv c19 so skraal is. Die redes wat aangevoer is, soos dat dit ander mense beskerm, is onlogies en net belaglik. As dit jou nie kan beskerm nie, dan sal ‘n kind (of volwassene) wat nie ingeënt is nie, niks daaraan kan verander nie.

Chef ·

Jong mense, doen behoorlike navorsing voor julle besluit neem.

Janee ·

Watter wonderlike geleentheid vir ‘n kind om “hul eie besluite te neem” en sonder ouertoestemming voort te gaan!!! Dis mos wat elke kind dink hy is geregtig op.! En dan word hulle heuning om die mond gesmeer met “dink aan die byeenkomste en partytjies wat julle weer sal kan bywoon” Daar word nie gepraat van maskers dra till doomsday en die feit dat hulle oor en oor moontlik die pes kan kry? 2de en 3de inspuitings sowel as “boosters” elke 6 maande vir wie weet hoelank? Maar drankgebruik en motorlisensies moet wag tot 18jr ……… Dankie tog dat ek nie meer sal moet pa staan vir dom ondeurdagte besluite…..

Karen ·

Ja wanneer jy gaan stem is daar vir jou gerief ñ inentings perseel lol

Andre ·

Thalidomide was ook ‘n veilige eksperimentele enting het die kundiges verklaar.

Anoniem ·

Lees meer oor Thalidomide voor jy sulke kommentaar lewer, dit is nie ‘n ent nie en was off label gebruik vir naarheid

Anoniem ·

Thalidomide word vandag nog gebruik vir die behandeling van kanker en is nie ‘n inenting nie!

MakersMark ·

Jy mis weer die pot. Massiewe verskil tussen ‘n kanker behandeling en ‘n inenting se fisiologiese werking. Jou aanmerking is totaal irrelevant en wys die tekort aan mediese en wetenskaplike kennis.

Anoniem ·

Interessant dat julle my nie toegelaat om die waarheid te plaas nie

Renier johannes ·

Ek stel nie belang in hulle inentings nie dankie hulle kan mynne vir iemand gee wat dit wil he

Papsak ·

My keuse kinders moet mooi dink voor hulle inenting vat asb

Karen ·

Ai my goeie genade?… jy kan gaan stem en dan sommer geforseer word om ñ inenting te kry.

Rooikopheks ·

Nee, niemand dwing jou nie, dit bly nogsteeds jou eie keuse, soos ook die stemmery, gaan as jy wil of bly by jou huis.

Dirk Mostert ·

Gaan die minister en artse aanspreeklik wees wanneer die papaja die waaier tref?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.