Spieshengelaar sterf by Umkomaas

(Argieffoto: NSRI)

ʼn Spieshengelaar, vermoedelik in sy 60’s, is dood nadat hy Vrydagmiddag op ʼn strand naby Umkomaas in KwaZulu-Natal ineengestort het.

Nicki Gibson, adjunkbevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se basis by Rocky Bay, het gesê hulle het om 14:40 ʼn boodskap oor ʼn moontlike verdrinking ontvang.

Paramedici, nooddienswerkers en lede van die polisie is na die strand waar ʼn omstander reeds die man probeer bybring het.

“Paramedici het KPR voortgesit, maar kon ten spyte van alle moontlike ingrypings nie die man bybring nie en hy is dood verklaar,” het Gibson gesê.

Die man was saam met sy broer en ʼn vriend. Hulle was vermoedelik besig om te spieshengel. Met hul terugkeer na die strand het die man glo in die water sy bewussyn verloor. Dit is nie bekend hoekom nie.

Die slagoffer se broer en vriend het hom tot op die strand gebring.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Niklaas ·

Jammer om te hoor. Vreemd dat hulle hierdie sport in sulke koue aangedurf het. Daai toestande moes onplesierig gewees het. Sou dit een van die aanleidende doods faktore kon wees (hypothermia)?

Oujongvrou ·

Skoonseun en kleinkind duik elke dag. Hulle trek duikpakke aan en voel meestal nie eers dis koud nie.

Oujongvrou ·

Water in KZN is warm. Dis net erg koud aan die kaapse kus. Ons kan nie eers n toon in die water sit nie.

Juffrou ·

Dis nie die Kaapse waters. KZN se waters is warm. Én hul dra duikpakke. Voel dus nie koue nie. Nou weet jy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.