Springbokke, Natalie is SA se Laureus-hoop

Die Sprinbokke vier hul oorwinning teen Engeland tydens Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd. (Foto: Verskaf).

Suid-Afrika se seëvierende Springbok-rugbyspan en die inspirerende swem-ster, Natalie du Toit, is Suid-Afrika se twee benoemdes vir die gesogte Laureus-sporttoekennings.

Die galageleentheid word vanjaar op 17 Februarie in Berlyn aangebied en die Bokke sal teen Liverpool se sokkerspan, Mercedes Benz se F1-renspan, Spanje se basketbalspan, die VSA se vrouesokkerspan en die Toronto Raptors-basketbalspan in die span van die jaar-kategorie te staan kom.

Du Toit, wat op 17-jarige ouderdom haar been in ’n motorongeluk verloor het, is ook in ’n spesiale kategorie benoem. Haar bronsmedalje by die

Natalie du Toit. Argieffoto.

Statebondspele van 2002 in Manchester was ʼn eerste vir ’n swemmer met ’n amputasie in die eindstryd van ’n internasionale byeenkoms.

Haar prestasie kom ter sprake in die kategorie vir sportoomblikke van die afgelope twee dekades. Ander benoemdes in dié kategorie is die Indiese krieketster Sachin Tendulkar, die Duitse sokkerspeler Miroslav Klose en die Amerikaanse tennis-sussies, Venus en Serena Williams.

Die benoemdes is:

Sportman van die jaar:

Eliud Kipchoge (atletiek, Kenia), Lewis Hamilton (motorsport, Brittanje), Lionel Messi (sokker, Argentinië), Rafael Nadal (tennis, Spanje), Tiger Woods (gholf, VSA) en Marc Marquez (motorsport, Spanje).

Sportvrou van die jaar:

Allyson Felix (atletiek, VSA), Megan Rapino (sokker, VSA), Mikaela Shiffrin (ski, VSA), Naomi Osaka (tennis, Japan), Shelly-Ann Fraser-Pryce (atletiek, Jamaika), Simone Biles (gimnastiek, VSA)

Span van die jaar:

Springbokke (rugby, Suid-Afrika), Liverpool (sokker, Engeland), Mercedes Benz (Formule 1), VSA se vrouesokkerspan, Spanje se basketbalspan en die Toronto Raptors (basketbal, Kanada).

Deurbraak van die jaar:

Andy Ruiz (boks, VSA), Bianca Andreescu (tennis, Kanada), Coco Gauff (tennis, VSA), Egan Bernal (fietsry, Colombië), Japan se rugbyspan en Regan Smith (swem, VSA).

Terugvegpoging van die jaar:

Andy Murray (tennis, Brittanje), Christian Lealifano (rugby, Australië), Kawhi Leonard (basketbal, VSA), Liverpool (sokkerspan, Engeland), Nathan Adrian (swem, VSA) en Sophia Florsch (motorsport, Duitsland).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sandra ·

Jy eet amper halwe boks op ‘n slag aangesien dit net wind is. Ek maak net koekies daarmee, so geur pla my nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.