
Joernaliste het met die aanvang van die 2015-staatsrede beswaar gemaak oor selfoonsein wat geblok is. Foto: Twitter
EWN berig Primedia Broadcasting het in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) ʼn saak teen onder meer die speaker van die Nasionale Vergadering gebring in ʼn poging om die parlement se uitsaaibeleid ongrondwetlik te laat verklaar.
Maroela Media het vroeër berig ʼn seinblokkeringstoestel is verlede jaar tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede gebruik om selfoonseine in die parlement te blokkeer, wat veroorsaak het dat joernaliste nie die gebeure op sosiale media of andersins kon deel nie. Die direkte beeldsending van die verrigtinge is ook gesny.
Die joernaliste het beswaar aangeteken en LP’s van die DA en EFF het saam met joernaliste gedreunsing “bring back the signal” totdat die selfoonsein herstel was.
Verskeie media-agentskappe en organisasies het later versoek dat die voorval ondersoek word om te bepaal of die blokkering ʼn menslike fout of sabotasie was.
David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het destyds ontken dat selfoonseine doelbewus blokkeer was en gesê “haakplekke” met “teen-waarneming taktiese maatreëls” het daartoe gelei dat selfoonseine versteur is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Hulle eie huis is nie eers in orde nie, maar hulle wil ‘n land regeer.
Gmf!!
Hahaha!!” Hulle wou skelm wees toe werk dit ook nie wanneer sal die ouens leer. Om skelm te wees werk nooit nie leer dit nou asb
Dis skokkend om te dink dat die ANC toe en steeds; dink die land val vir hulle absurdhede en blatante leuns. Nog meer ontstellend dat daar telkemale howe toe moet gaan om BEGINSELS soos vervat in die GRONDWET; te bevestig en te laat geld. Skaamtelose verkragters van n land se demokrasie en toepassing van n grondwet…dis wat die ANC met n passie pleeg!
OM SKELM TE WEES EN KLIPPE TE GOOI ,WERK IN RSA, 25 JAAR EN KYK AL DIE MILJOENERS.
Ag asseblief, dit maak nie saak wat die howe beslis nie, daar word van ons regstelsel ‘n volslae bespotting gemaak, geen bevel word gehoorsaam nie. Daar gaan weereens niks hiervan kom nie.