Stadig met die water, Johannesburgers

(Argieffoto: Morné van Rooyen)

Rand Water en Johannesburg Water het verhoogde waterverbruik in die Johannesburgse metro opgemerk en doen nou ʼn beroep op inwoners om minder water te gebruik.

Rand Water sê hy is nie in dié stadium in staat om hoë watervlakke in sy reservoirs te handhaaf nie ten spyte daarvan dat sy primêre én sekondêre stasies tans teen maksimum kapasiteit werk.

Die waterverskaffer sê sy reservoirvlakke is weens die hoë waterverbruik in die metro op hul laagste.

Hy waarsku dat hoë waterverbruik tot die ineenstorting van die stelsel kan lei wat onderbroke watertoevoer tot gevolg sal hê. En aangesien die stelsel geïntegreer is, sal selfs diegene wat water spaarsamig gebruik geraak word.

“Suid-Afrika is ʼn waterskaars land; daarom is verbruikersgedrag belangrik om volhoubare en billike watervoorsiening te verseker. Rand Water en Johannesburg Water versoek kliënte, verbruikers en alle burgers om water te bespaar,” sê die watervoorsieners in ʼn gesamentlike verklaring.

Só kan jy water bespaar

  • Moenie tuine natmaak nie.
  • Moenie motors was nie.
  • Moenie opritte of sypaadjies met tuinslange skoonmaak nie.
  • Moenie swembaddens volmaak nie.
  • Spoel toilette slegs wanneer nodig.
  • Maak ʼn lopende kraan toe terwyl jy tande borsel.
  • Verminder daaglikse waterverbruik so veel as moontlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ES ·

Hier in die Oos Rand is die ou asbes pype so oud dat hulle twee keer ‘n week bars net in die straat waar ons woon en voordat die pype vervang word het duisende liters water al straat af geloop.

Miskien moet die infrastruktuur bietjie vervang word, want ek gebruik net ‘n paar honderd liter ‘n maand maar elke week loop hier ‘n paar honderd duisend liter water in die straat af.

Hennie ·

In Heidelberg is ons al meer as 20 dae sonder water en Randwater het die een verskoning na die ander. Randwater is besig om die 2de Eskom te word.

Amelia ·

Pretoria moet ook spaarsaam werk met water kan nie dink dat daar nu so bai water gebruik word nie ek nog altyd gedink gebruik nastenby elke dag ewe veel water miskien moet staats departemente ook probeer spaar sien gereeld krane wat oop gelos word en bv by unie gebou wat tuine besproei word

Nonnie ·

SNY DIE WATER AF NA DAÁRDIE ‘FREELANCERS’ WAT NIE BETAAL NIE!!!!!

Papsak ·

Dit is darem so pateties ne dit is net SA se mense wat so behandel word hulle waarsku ons werk tog net mooi met krag en water nie een ander land weet ek van laat hulle hulle mense so behandel nie alles deur hier slapg regering

Jacobus ·

Tragies. Al die besparingsmaatreëls is weer gemik op wetsgehoorsame burgers – soos met krag kan die “oopsluis” brigade nie ‘n flenter omgee nie – mr Lesufie begin en maak “huis skoon”. O ja daar vergeet ek hulle moet eers vir julle stem! Die oop sluise – om riool stroom-af te spoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.