Statebondspele: Nog ’n goud, brons vir SA

Ndodomzi Ntutu (Foto: Ben Stansall/AFP)

Ndodomzi Ntutu en Jovan van Vuuren het Donderdagaand Suid-Afrika se medalje-oes by die Statebondspele in Birmingham tot 22 opgestoot.

Ntutu het goud in die 100 m (T11/12) vir atlete met siggestremdheid gewen nadat hy die wenstreep in 10,83 sekondes oorgesteek het.

Van Vuuren het brons in die verspringitem gewen met sy afstand van 8,06 m.

Suid-Afrika is nou sesde op die medaljelys met sewe goue medaljes, sewe silwer- en agt bronsmedaljes.

Jovan van Vuuren (Foto: Glyn KIRK/AFP)

Akani Simbine, die verdedigende naelloopkampioen, het gister silwer gewen in die 100 m nadat hy die afstand in 10,13 sekondes kafgedraf het, terwyl Kenia se Ferdinand Omanyala ’n gouemedaljevertoning met sy goeie tyd van 10,02 sekondes gelewer het.

Charl du Toit het sy uitstekende atletiekloopbaan met ’n silwer medalje in die 100 m vir T37/38-atlete afgesluit.

Die 29-jarige atleet het veral sy stempel op die Paralimpiese Spele van 2016 afgedruk toe hy goud in die 100 m en 400 m in Rio de Janeiro gesmaak het.

Hy het gister se wedloop in ’n tyd van 11,54 sekondes voltooi –  ’n nuwe Statebondrekord vir T37-atlete.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Moedeloos ·

Baie geluk aan al die atlete en veral aan die medalje houers. Jul maak ons trots

JohanR ·

R55000 vir goud, R25000 vir silver en 15000 vir bronze sal SASCOC betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.