Steeds goeie nuus oor beurtkrag

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Eskom het Donderdagoggend gesê beurtkrag sal tot vandag (Donderdag) om 16:00 opgeskort bly danksy die volgehoue verbetering in opwekkingskapasiteit.

Volgens die kragvoorsiener is beurtkrag vanoggend om 02:30 opgeskort.

Fase 3-beurtkrag sal dan weer van 16:00 tot Vrydag om 05:00 geld. Eskom sal verdere aankondigings maak indien enige noemenswaardige veranderinge voorkom.

Dit was alreeds ’n groot verligting vir kragverbruikers om sedert die naweek minimale beurtkrag te hê.

Altesaam 13 501 MW se opwekkingskapasiteit is tans nie beskikbaar nie.

Fase 6- en fase 5-beurtkrag is verlede week weer ingestel ná vertragings om onklaar eenhede by kragstasies in werking te stel. Eskom het toe gesê daar is ʼn moontlikheid van hoër beurtkragfases aangesien die daaglikse kragverbruik tydens spitstye, veral saans, hoër is as sy beplanning. Hy het die skielike toename in kragverbruik aan die koue weer toegeskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eiervrug ·

Dis hoe hulle ons “mak” maak… Ons is nou veronderstel om vir ANC te stem, want hulle gee goeie nuus. Meantime is die krag steeds af 50% van elke dag.. Tipies….

TheSnake ·

Ja, so raak load shedding ‘n normale deel van ons lewens. Minimale load shedding is nou “normaal”. Eersdaags sal fase 6 ook vir ons normaal wees.

MJLS ·

Die enigste goeie nuus sal wees as daar nóóít weer beurtkrag sal wees nie.

Casper ·

Às die 4 eenhede by Kusile aanlyn gebring word is dit addisionele elektrisiteit wat daar vir maande nie was nie tesame met eenheid 1 by Koeberg dan kan beurtkrag mos opgeskort word of is ek oor optimisties.

Manie ·

Hulle gee ‘n verkeerde uiteensetting oor Kusile Casper. Die eenhede word stadig aan lyn gebring en kan op hulle beste teen 75% van die vol kapasiteit lewer, ander oorwerk hulle die eenhede. Koeberg se 1 eenheid gaan skaars in diens wees, dan word beide weer ontkoppel vir onderhoud. Volgende jaar Julie sal beide van lyn wees vir ongeveer 6 maande as dit goed verloop.

Henry ·

is die informasie reg??
al die ander wys dat fase 3 donderdag 16.00 begin

Papsak ·

Hulle neil ons deur die ore maar dink ons is dom julle maak n fout

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.