Stellenbosch-aanval: Tiener kritiek, maar stabiel

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

ʼn 16-jarige meisie wat ʼn aanval op haar gesin in Stellenbosch oorleef het, maar waartydens haar broer en ouers dood is, is kritiek, maar stabiel, het ʼn woordvoerder vir die hospitaal Donderdag gesê.

“Mediclinic Suid-Afrika kan bevestig dat mej. van Breda se toestand onveranderd bly,” het Carla Hanekom, woordvoerder, in ʼn verklaring gesê. “Sy is kritiek, maar stabiel.”

Hanekom het gesê sy word deurgaans dopgehou en geen besoekers word in hierdie stadium toegelaat nie.

Marli van Breda is aanvanklik by die Stellenbosch Medi-Clinic in die Wes-Kaap behandel maar is intussen na ʼn nabygeleë Medi-clinic oorgeplaas.

Robert Daniels, woordvoerder vir die nooddienste in die Wes-Kaap, het gesê hy kan slegs verslag lewer oor die beserings van die pasiënt wat hulle behandel het, maar nie diegene wat gesterf het nie. “Marli het ʼn bylwond aan haar kop opgedoen,” het hy gesê. “Die nekslagaar is gesny.”

Maroela Media het vroeër berig die gesin is Dinsdagoggend vroeg by die spoggerige landgoed, De Zalze, aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou Teresa (54) en Marli se ouer broer Rudi (22), is dood. Haar broer Henri (20) het die aanval oorleef.

Lt.kol. André Traut het in daardie stadium gesê ʼn 16-jarige dogter en 20-jarige seun is beseer en hulle is na ʼn plaaslike hospitaal geneem.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en kol Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het Woensdag ontken dat die polisie enigiemand ondervra.

Lees alle vorige berigte oor De Zalze op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ladybug ·

Die ergste kom nie, want wie gaan vir hierdie jonge kind vertel haar ouers en boetie is nie meer met haar nie?

En ek hoop werklik nie dat hierdie ‘n gesinsmoord is soos Griekwastad nie …

Swanna ·

Jy praat so Ladybug. Die storie klink amper dieselfde. Net hier en daar ‘n ander kinkel, en nou het daar ‘n vriendin van die familie nog selfmoord gepleeg. Baie interessant nê.

Lynni ·

Hy is nie ‘n 20 jarige seun nie. Volgens wet is hy ‘n man. Vanaf ouderdom 18 volwasse. Daarom kan hy stem, motor bestuur, skuld maak, drink ens.

SNEL ·

Dis vreeslik wat hier gebeur het, maar hoekom is díe saak so geheimsinnig, hoekom mag die publiek nie weet wat daar gebeur het nie, gaan ons dit ooit hoor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.