Sterk wind rig beserings, groot skade aan in Kaap

(Foto’s verskaf deur SA Weerdiens)

Minstens drie mense is beseer en groot skade is aangerig weens stormsterk winde in Hanover Park in Kaapstad.

Video’s van die voorval wat op sosiale media versprei is, het dit laat blyk dat ʼn mini-tornado die gebied getref het, maar die weerdiens het intussen bevestig dit was ʼn hoos (tregtervormige lugsuil wat deur ʼn werwelwind gevorm word). Sommige eiendomme se dakke is afgewaai en strukturele skade is aangerig.

ʼn Kouefront het Vrydagoggend oor die suidwestelike dele van die Wes-Kaap inbeweeg. Dit is die derde kouefront van ʼn reeks kouefronte wat sedert die afgelope naweek die Wes-Kaap getref het, gepaardgaande met koue, winderige en nat weerstoestande.

Volgens die weerdiens het hy ʼn ontleding van die weerstoestande in Hanover Park gedoen en daar is vasgestel dat dit ʼn hoos (landspout) was. ʼn Hoos is soortgelyk aan ʼn tornado – dit is gewoonlik snelbewegend en kan skadelik wees. ʼn Hoos is egter baie swakker en kleiner in skaal as ʼn tornado en vorm van die grond af, eerder as van ʼn wolk tot op die grond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.