Stiefpa kry lewenslank ná verkragting

Argieffoto bloot ter illustrasie, (Foto: Unsplash)

’n Man wat volhou hy is onskuldig, is vandeesweek lewenslank tronk toe gestuur vir die verkragting en aanranding van sy stiefdogter. Die 49-jarige man is ná ʼn reeks uitstelle Maandag in die Pretoriase landdroshof ʼn lewenslange gevonnis opgelê vir een van die vier aanklagte van verkragting waaraan hy in Mei vanjaar skuldig bevind is.

’n Vonnis van tien jaar elk is vir die ander drie aanklagte van verkragting opgelê sowel as nog vier jaar vir seksuele aanranding.

Die man is ook tot ’n verdere drie jaar tronkstraf gevonnis vir aanranding met die doel om ernstig te beseer sowel as nog drie jaar vir die rig van ’n vuurwapen op sy stiefdogter.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die mishandeling en verkragting het jare lank geduur voordat sy stiefdogter eindelik as tienermeisie in 2019 na vore gekom het.

Die dogter, nou 20 jaar oud, het haar aangrypende verhaal in Mei aan Maroela Media vertel.

Sy was in die hof toe haar verkragter Maandag gevonnis is.

“Dit was rof om hom weer te sien,” erken sy nou. “Hy het baie maer geword sedert ek hom met die uitspraak gesien het. Hy is omtrent nou die helfde ligter.

“Ek is egter tevrede met die vonnis, maar daar lê steeds ’n rowwe pad voor, maar nou kan genesing regtig gebeur.

Sy sê sy kan nog nie die boek toemaak nie, want daar is nog baie seer om deur te werk. “Maar daardie hoofstuk is uiteindelik gesluit.”

Maroela Media het vroeër berig die man en die slagoffer se ma is getroud toe die slagoffer maar drie jaar oud was. Sy vertel dat sy van kleins af deur haar stiefpa mishandel en gemolesteer is. Op tienjarige ouderdom het hy haar egter seksueel begin aanrand.

In 2018 – toe sy 16 jaar oud was – het haar stiefpa haar begin verkrag. Die verkragtings sou soggens tussen 05:00 en 07:00 plaasvind nadat haar ma vroeg werk toe is in ’n poging om die oggendverkeer te vermy.

Die slagoffer se ma het nooit geweet van die verkragtings of molestering nie. “Ek is met die dood gedreig, sou dit uitkom,” het sy vroeëer vertel. Sy glo tog haar ma het wél geweet dat haar man haar dogter mishandel.

Haar ma was haar stiefpa se enigste getuie en ma en dogter het tot vandag geen kontak nie. Ook haar ma glo in haar man se onskuld.

Die man beplan om teen die vonnisse te appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

domheks ·

Sal seker zupta se voorbeeld gebruik – om tronkstraf vry te spring. Daar is GROOT fout met ons regstelsel.

Nicky ·

Ek kan nie verstaan dat alle vonnise altyd gelyklopende is nie

Hannatjie ·

Hierdie kon net sowel my kind se storie gewees het. Uitgekom het eers as tiener. Ek as ma het absoluut vermoed nie want ek was by die werk. Na absoluut ‘n helse pad oor die laaste paar maande is ons binnekort in die hof en hopelik sal geregtigheid ook geskied. Dit is tyd dat die werêld ophou fluister en stil bly oor hierdie goed. Ons moet dit uit gil en meer bewusmaaking doen met korrekte statistieke. Dit gebeur baie nader aan die huis en meer as wat die werêld dink. Mense wat molesteerders beskerm is in my oe net so skuldig soos die persoon wat die aksie toepas en verdien dieselfde straf!

Nettie ·

Goed gestel Hannatjie. En ai jong, ek is SO jammer vir jou en jou kind. Mag julle ook geregtigheid kry, en vrede en berusting en genesing. Mag God die pad saam met julle stap. Ek is so dankbaar om te lees van ‘n mamma wat haar kind geglo het, en nou help en ondersteun, dankie dat jy met ons gedeel het. Dis al wat sy nou nodig het van jou. Dat jy haar glo, help, ondersteun en luister. Sterkte vir julle.

Nettie ·

HOE kies ‘n ma TEEN haar eie bloed? Ek verstaan dit nie! Ek verstaan dit werklik nie. Ek sal soos ‘n tierwyfie vir elke kind van my veg, selfs teen hul eie ander bloedfamilie. Wat nog te se van teen ‘n man wat NIE haar bloedfamilie is nie!

En as jy gesien het hoe hy oor die jare haar “rof” hanteer. Hoe hoe hoe hoe hoe kan jy haar nie glo nie? Te veel trots? Te erg om te moet erken jy was dan eintlik deel van haar swaarkry en seerkry omdat jy haar nie betyds gehelp het nie?

Ek het nie verduidelikings nie. Ek kan dit nie verstaan nie. Ek sal my lewe vir my kinders gee, wat nog te sê van my ondersteuning. Al moet ek met ‘n bloedrooi gesig voor hulle staan en sê jammer, ek is skuldig. Ek was nie betyds daar vir jou nie.

Ai liewe meisie, sterkte met jou pad van genesing. Jy het die regte ding gedoen om te veg vir geregtigheid. Mag God jou help en ondersteun soos wat jou aardse familie nie het nie.

Marcello ·

Ek kan dit ook nie verstaan nie, maar daar is baie sulkee gevalle, Ma’s hou hulle oë en ore net toe, bv. trou met ‘n man/vrou wat nie jou kinders aanvaar nie, dink hulle regtig dit gaan verander.?

JohanR ·

Soe baie baie baie gevalle van verkragting is dit die stiefpa, of die Pa van die stiefpa. Kan jy nie iemand anders se kinders soos jou eie lief he, sonder om met hulle te vroetel asof dit jou reg is, of val jy in die geluk in waaneer jy met hulle Ma trou?

Miena ·

Hopelik gaan die kind nie ook oor n paar jaar omdraai en se dat hy onskuldig is nie; soos n ander baie bekende saak tans aan die gang ook…

TRP ·

Sterkte met jou pad van genesing, dit raak makliker. Hy het baie tyd om oor sy sondes te bid. So jammer oor jou moeder se rug.

Sarel ·

” Gelyklopend uitgedien word: ” sonek sien net een termyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.