‘Stop rasseplan met entstowwe’ – Solidariteit

(Argieffoto ter illustrasie: Ted S. Warren/AP)

Solidariteit het Woensdag ’n brief aan die nasionale bevelsraad gestuur oor pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die entstof-uitrolplan op grond van ras sal geskied. In die brief spreek die organisasie hom daarteen uit dat die bevelsraad die pandemie uitbuit om die regering se ras-ideologie te bevorder in plaas daarvan om lewens te red.

Die brief lig onder meer die regering se planne uit om Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) te gebruik om die entstofplan te implementeer. Dit volg nadat Ramaphosa verlede week tydens ʼn virtuele vergadering tussen die ANC se top-ses en die Progressive Business Forum gesê het dat die verspreiding van entstowwe geleentheid vir swart bemagtiging gaan bied.

“In werklikheid beklemtoon hierdie aankondiging dat die regering van mening is dat sommige groepe in die samelewing die pandemie as ʼn geldmaakgeleentheid moet sien,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Die president het hom vroeër uitgespreek teen individue wat ten tye van die pandemie na vore getree het – en veral uit die verskaffing van persoonlike beskermingsdrag (PPE) en skandalige voedseltenders – onregverdige voordeel getrek het. Nou moedig hy juis onregverdige bevoordeling aan met die entstofplan en SEB.”

Maroela Media het vroeër berig dat Solidariteit Dinsdag reeds ʼn skrywe aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gerig het om dié liggaam in kennis te stel dat die regering se entstofplan op ras gebaseer is. Hy het ook die WGO gevra om in hierdie aangeleentheid in te gryp om sulke diskriminasie te stuit.

Solidariteit is van mening dat geen diskriminasie van enige aard moet plaasvind nie, veral nie tydens die ramptoestand nie.

“Die ANC stel ras bo alles, selfs in ʼn tyd waarin mense se lewens in gevaar is. Sy optrede is onverskoonbaar. Hy fokus nie daarop om alle burgers ’n gelyke kans te gee en lewens te red nie, maar besluit eerder om die geleentheid te misbruik om sy ras-ideologie af te dwing en sommiges in staat te stel om hulself te verryk,” sê Hermann.

“Volgens die regering kan bykans alle regte tydens ʼn ramptoestand ingeperk word, maar klaarblyklik nie hul obsessie met ras nie. Hierdie rasmalligheid mag nie bo gesondheid geplaas word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hennie J ·

Openlike diskrimnasie en rassisme ook as ons kyk na die toerisme hulppakket wat nou gegee word net aan our people! Weens die openlike rassisme teenoor nie swart bevolking poog ek al baie lank om geen besigheid met swart sakelui te doen nie en ek voel nogal sterk daaroor. Ek koop by geen straatsmous nie , ek koop nie by winkels of kettingroepe onder swart eienaarskap nie, ek raadpleeg nie swart professionele nie, ek gee nie aan swart bedelaars nie . Ek is nie n rassis nie, net eenvougig n pragmatiese realis wat my eie eerste stel.

Jedi Knight ·

Karwagte het ook n hoop en n half as hulle dink ek gaan hulle betaal.

Margaret ·

En Solidariteit, staan ook asb die rassistiese regeringsplanne teë om net swart besighede bv in die toerisme bedryf te help. Onaanvaarbaar.

Prontuit ·

Los hulle iemand moet toets of dit werk, ten minste toets ons dan nie vacine op onskuldige diere nie

Drico ·

n Vorige leser wou weet hoekom almal nou op hul agterpote spring omdat die entstof openlik rasgedrewe is, aangesien die meerderheid die entstof afskiet en weier om dit te gebruik.
Dit gaan oor die feit dat die regering die entstof beskikbaar moet stel vir al sy mense ongeag ras of geslag en dat dit elkeen in sy privaat hoedanigheid se reg is om te besluit of hy/sy die entstof sal neem. Dis nie die regering se besluit of keuse wie die entstof mag gebruik en wie nie. Selfde senario: dis die regering se plig om behoorlike mediese sorg vir sy burgers te voorsien in sy land ongeag of die burgers die mediese sorg wil gebruik.

Connie ·

Solidariteit, DA en Agriforum is dit wat ramaposha gese he nie aansporing tot verdere rassisme en verdeeldheid nie. Kan julle asb iets omtrent die storie doen, as dit n blanke was wat dit gese het was ons al lankal in die hof en toe gesluit vir rassisme

Cd ·

Dankie Hennie J.
Hoe weet ons watter kettinggroepe aan blankes behoort?

Werner ·

Hulle kan maar met liefde myne ook vir hulle maaitjies gee ek stel nie daarin belang nie.

annie ·

Nou sien ons die siel van die ANC: Alles draai net om ‘ons’ en ons swart kaders. Miskien gaan die Afrikaners nou besef dat ons in alle opsigte alleen staan en van ons eie mense, soos Oom Max, dit wit uitbuit, veral die fondse wat die opheffing van arm Afrikaners betref, om dit vir welsynsdoeleindes van ander rasse te gebruik onder die dekmantel van medemenslikheid. Waar is die regerings se hulp aan Afrikaners?

Dirk Mostert ·

Ons is tweedeklas burgers. Ons enigste reg is om belasting te betaal.

Hendrik ·

Gisteraand bespreek ons die inenting en die vraag word toe gevra , inagneming oor hoe die regering voel en optree teenoor die witmense, kan die witmense die entstof vertrou waarmee hulle ons wil inspuit. Netnou vergifting hulle die witmense. Wie weet?

Dirk Mostert ·

Hoop alle entstowwe word vir die people gereserveer!

Heindrich ·

Ek is in elk geval nie van plan om my te laat inent nie. Die weiering van medikasie vir sekere mense op grond van ras grens vir my aan moord. Ek dink die regering kan by die VN aangekla word.

Jaco ·

In die meeste wit Afrikaanse kringe waarin ek beweeg, ook hier op maroelamedia.co.za, is entstof verkeerd, sleg, dodelik, die merk van die dier en sommer ook gemaak deur die Antichris en deel van die nuwe wêreldorde. Maar nou kla wit mense dat hulle nie ook die entstof mag bemark nie. Vreemd. Verdwyn al dié lelike beskrywings nou dat daar geld te make is uit die entstof? As die entstof dan die merk van die dier is, dan moet diegene wat dit so noem, mos die Here aanbid. Dit lyk egter of die geldgod hier ‘n rol speel…

Ian ·

Hierdie moet daar gestem word so die ANC sal nou al hulle kaarte speel wat hulle kan om hulle onvermoens en korrupsie toe te smeer.

Ek sal invermectin vat dankie dit werk en my familie ook saam met sink en vita c.

lodewyk ·

En die wat hulle(regering) ons privaat mediese fondse wil gebruik om vir elkke betalende lid dan ook een dosisGratis ??) te skenk vir n nie betalende persoon,nou my vraag is, as ek moet daarvoor betaal op die ou einde ,want die mediese fondse gaan die geld iewerste moet verhaal,dus as hulle net SEB gaan gebruik,gaan ons dan daai kostes op die ou einde uit ons sake betaal? -Nee wat hier is n bose kringloop! Op die ou einde gaan die regering hulle geld van ons kry,vir die geld wat hulle gaan betaal aan die SEB ,net op n skelm manier

LANA is ELANè ·

MAW dit gaan weereens om ‘n handjievol mense wat bande met die ANC het, te verryk sodat die regerende party weereens sy hand in nog ‘n spreekwoordelike koekiehouer kan kry sonder dat vingers direk na die regering gewys kan word?? So faal die regering die gewone man op straat keer op keer van onderrig af, regdeur tot by mense se gesondheid.

John ·

“Ivermectin” onder die tafel deur vir almal wat uitgesluit is van die entstowwe….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.