Strafbare manslag ondersoek ná Jansenville-ongeluk

[Foto: Highway Angel/Twitter]

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat vyf mense dood is tydens ’n motorongeluk wat Vrydagmiddag naby Jansenville in die Oos-Kaap plaasgevind het.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die ongeluk omstreeks 17:00 op die R75-pad – in die rigting van Jansenville – ongeveer een kilometer van die R336‑R75-kruising plaasgevind.

“Vyf mense is op slag dood en drie ernstig beseer nadat twee bakkies, ’n wit Isuzu met ’n kap en ’n Hyundai H100, kop-teen-kop gebots het,” sê Naidu.

Volgens inligting was die Isuzu-bakkie, volgelaai met voorraad, op pad na Jansenville, terwyl die Hyundai-bakkie onderweg was na Kariega.

Met nooddienste en die polisie se aankoms op die toneel, is albei bakkies langs die kant van die pad aangetref.

Vyf mense is op die toneel dood verklaar. Drie van die oorledenes, twee mans en ’n vrou, was in die Isuzu-bakkie, en die ander twee, ’n man en vrou, in die Hyundai-bakkie.

Die drie beseerdes, onder wie twee vroue en ’n man, is per ambulans na die provinsiale hospitaal in Kariega vervoer.

“In hierdie stadium is dit nog onduidelik hoe die ongeluk plaasgevind het.”

Die name van die oorledenes is eers weerhou omdat die families van die oorledenes nog opgespoor moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.