Strande gesluit: Visvang met ʼn permit steeds toegelaat

Argieffoto (Foto: lumix2004/Pixabay)

Verskeie strande word vanaf Woensdag gesluit maar visvang, met ʼn permit, word steeds toegelaat.

Nkosazana Diamini-Zuma, die minister van samewerkende regering, het die volledige afsonderingsregulasies, soos aangekondig deur pres. Cyril Ramaphosa, in die Staatskoerant gepubliseer.

  • Strande in die Oos-Kaap word vir die publiek gesluit vanaf 16 Desember 2020 – 3 Januarie 2021.
  • Strande in die Tuinroete-distrik word vir die publiek gesluit vanaf 16 Desember 2020 – 3 Januarie 2021.
  • Strande in KwaZulu-Natal is vir die publiek gesluit op 16, 25, 26 en 31 Desember 2020 en 1, 2 en 3 Januarie 2021.
  • Strande in die Noord-Kaap en Wes-Kaap (uitgesluit die Tuinroete-distrik) bly oop vir die publiek.

Dlamini-Zuma het gesê feeste, musiek- en enige ander opvoerings en harde musiek word nie op strande toegelaat nie.

“Alle strande wat vir die publiek oop is, sal slegs tussen 09:00 – 18:00 oop wees vir die publiek en toegang sal gemonitor word vir nakoming aan alle gesondheidsmaatreëls, insluitend die dra van gesigmaskers en sosiale distansiëring.”

Dlamini-Zuma het gesê waar strande gesluit is en waar daar ʼn beperking geplaas word op tye wanneer die strand oop is vir die publiek, is nie van toepassing op vissermanne vir visvangdoeleindes nie, mits die persone in besit is van ʼn permit of vrystelling wat toegestaan is kragtens die Wet op Mariene Hulpbronne.

“Nienakoming aan die beperkings, voorwaardes, dae, die dra van gesigmaskers en sosiale distansiëring, kan daartoe lei dat die strande, waar die regulasies nie toegepas word nie, gesluit word vir die feesgety.”

Klik hier om die Staatskoerant te lees.

ʼn Dringende hofaansoek is intussen Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof gebring teen Dlamini-Zuma oor haar besluit om strande in die Tuinroete-distrik, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal te sluit gedurende hierdie feestyd. Daniël Eloff, prokureur by Hurter Spies, sê die aansoek is gebring namens die Grootbrakrivier-sakeforum, Louis Cook, ’n gastehuiseienaar en voorsitter van die Gastehuisgilde van Mosselbaai, en AfriForum as derde applikant. “Eerstens argumenteer die applikante dat die besluit irrasioneel is weens die feit dat strande en buitelugruimtes nie ’n groot gevaar vir Covid-19-transmissies inhou nie,” het Eloff verduidelik. “Tweedens, dat die besluit in die belangrike tyd rampspoedig is vir die toerismebedryf wat reeds op sy knieë is na die afgelope agt maande van die nasionale ramptoestand.” Volgens AfriForum kom die beperking van toegang tot strande, wat openbare eiendom is, neer op ’n beperking van ’n basiese mensereg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Michael ·

Maar hul is stil oor betooging op hul hordes dit bywoon en dit is reg want dit pas die anc

Nici ·

Wanneer gaan mens weer toegelaat word om self risiko op te weeg en verantwoordelikheid vir mens se eie gesonheid te neem? Wanneer gaan die staat ophou om god te speel oor mense se lewens? Lyk nie vir my of ons great grondwet die ink werd is waarmee hy geskryf is as pandemies dit kan opskort nie.

Dirk Mostert ·

Ek het in Maart gedink die Covid-veldtog is ‘n proeflopie vir wereld-diktatuur (NWO), maar dit blyk nou die Ware Jakob te wees.

Anel ·

En so word die masker ‘n afgod. Jammer, sal hom nie in die buitelug dra nie en besoek plekke wat dit verplig, minimaal. Vertrou slegs op Een God om my veilig te hou.

Pieter ·

Staak ook onmiddelik alle Sassa en Covid-19 uitbetalings by die poskantoor. Hordes daag daagliks op, die meeste sonder mondbedekking asook geen sosiale distansiëring nie. Verder laat taxi’s net teen 50% kapasiteit bedryf word. Duidelik is die inperkingsmaatreëls net op sekeres wat geen weerstand bied nie gemik. Dit dui op die onteiening van jou privaatheid en menswaardigheid.

Hennie J ·

Wat is die straf vir n vis wat dit durf waag om sonder n masker gevang te word?

Herms ·

So jy mag strand toe gaan, jy moet net ‘n visvang permit he…….!!!!?????

Cecilia ·

Waar gaan ou Simpel Cyril genoeg SAPS lede vandaan kry om 1000de vakansie gangers te stop om op Strande te wees. D SAPS kan nie eers 5 Plaas aanvallers vastrek nie!

Dirk Mostert ·

Netsoos met hardlopers vroeer vanjaar, wat net tussen sekere ure mag draf, is strande buite die toegelate ure taboe. Asof die virusse skofte werk. Dis die tipe mense wat die land regeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.